Covid-19: Droomvaart word ʼn nagmerrie 

Die posisie van die Costa Pacifica Maandag.

ʼn Groep Suid-Afrikaners op ʼn transatlantiese vaart is reeds langer as ʼn week op see nadat verskeie hawens in Europa gesluit het weens die uitbreek van die koronavirus.

Die Suid-Afrikaners is deel van nagenoeg 3 000 passasiers op die luukse passasierskip Costa Pacifica. Sowat twintig van hulle is uit die Mosselbaai-omgewing afkomstig.

Die toer het op 3 Maart in Buenos Aires in Argentinië afgeskop en op 9 Maart uit Maceió in Brasilië vertrek. Die skip sou eers by die Kanariese Eilande aandoen, voor hulle op 19 Maart by Barcelona in Spanje aan wal sou gaan. Hulle kon egter nie by die Kanariese Eilande afklim nie en Spanje het ook nou dié land se grense en hawens weens die uitbreek van die koronavirus gesluit.

Passasiers hoop nou om teen Donderdag in Marseille, Frankryk, aan wal te stap, voor dié land ook sy hawe sluit. 

Volgens die webwerf Vessel Finder het die Costa Pacifica vroeg Maandag steeds in die Atlantiese Oseaan aan die kus van Marokko gevaar. Dit sal waarskynlik teen Dinsdag die Middellandse See deur die Straat van Gibraltar bereik.

Die toergroep sou drie of vier dae in Barcelona deurbring en dan later die maand van Barcelona via Dubai na Suid-Afrika teruggevlieg het. Hulle hoop nou om in Marseille ʼn vlug huiswaarts te haal.

Nie een van die skip se passasiers het tot dusver positief vir die koronavirus getoets nie.

Een van die passasiers, Adri Mans van Danabaai, het per WhatsApp aan Maroela Media gesê dat die Costa Pacifica nou “vir die vale jaag” om by Marseille uit te kom, want die grootste vrees is dat dié hawe ook gesluit gaan word.

Die groep vriendinne vroeër in Suid-Amerika waar hul droomreis begin het. (Foto: Verskaf)

“Ons het geen idee of hulle ons daar gaan isoleer nie. Ons tjoeppies is so ietwat afgeblaas op hierdie stadium,” sê Mans, wat saam met ʼn groep vriendinne aan die begin van Maart uit Suid-Afrika na Argentinië vertrek het.

“Vir my persoonlik voel dit bietjie of my bubble gebars het; ʼn groot droom om plekke te sien waar ek nog nooit was nie en nou sekerlik ook nie weer sal sien nie. Dis bietjie soos all dressed up and nowhere to go.”

ʼn Egpaar van die Vrystaat sê wat gebeur is vir hulle nogal traumaties. “Hoe hanteer jy dit wanneer jy nou na jou mense teruggaan?”

Die meeste Suid-Afrikaners is egter teleurgesteld omdat die Europese deel van die reis nou van die baan is.

“Dit was ʼn geleentheid wat mens net eenmaal in ʼn leeftyd kry,” sê Alta Landman van Mosselbaai. “Maar ons maak nou die meeste van die laaste vier dae van hierdie reis.”

Die passasiers sê hulle het min kontak met die buitewêreld, die Wi-Fi is swak en die nuuskanale op televisie is reeds vyf dae gelede afgeskakel, waarskynlik om paniek onder die passasiers te voorkom. Dit het glo nie juis gehelp om die Italianers op die boot kalm te hou nie. Van hulle het skynbaar handgemeen met die offisiere geraak tydens ʼn noodvergadering waar die situasie bespreek is.

Italië het gister (Sondag) bekendgemaak dat 1 809 van sy burgers reeds weens die koronavirus gesterf het, 368 van hulle in die 24 uur tussen Saterdag en Sondag.

Imagine Cruising in Kaapstad wat die toer gereël het, het Maroela Media na Costa Cruises in Italië verwys. Die Kaapstadse reisagentskap sê hulle word op die oomblik deur navrae oorval van mense wat binnekort op bootvaarte sou vertrek het. Costa Cruises het egter nie op Maroela Media se navrae gereageer nie.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Dries ·

Ja dinge is maar baie onseker oral op die oomblik. Ek weet van mense wat nog die afgelope naweek Engeland toe gevlieg het vir ‘n troue. Absoluut gek.

Rose ·

Wereldwye ontwrigting, en alles het begin by n walglike opemark waar hulle diere mishandel. Waar is al die mense wat so betoog en opstaan vir diereregte? Hierdie pandemie kon verhoed gewees het.

Anoniem ·

Ek het net vanoggend aan dieselfde ding gesit en dink. Deur een land word die hele wereld nou tot stilstand geruk, en dit het my so ‘n bietjie woedend.

sopbeen ·

Dit verstom my dat mense nogsteeds voortgaan met hul reisplanne asof hul dink daar sal niks met hulle gebeur nie. Is dit werklik die geld werd?

E ·

Luister dis nie net reisplanne nie. Ek weet van mense wat nog steeds elke dag verskeie winkels besoek en voortgaan asof niks fout is nie. Mense besef nie beperk jou aankope tot 1 keer per week.

Antjiepat ·

Geen simpatie.. hul geweet wat die situasie is in die lande wat op hul reisplan is//

E ·

Ek voel half jammer vir hulle. As jy net jou reisplanne kanselleer kan jou versekering moontlik weier om te betaal vir die verlies. Ek weet van skole waar ouers al hulle geld verloor het oor die toer net nie kon voortgaan nie.

Suzette ·

Laaste vier dae van die reis? Nou goed, waarnatoe gaan julle na die vier dae?

Sarel ·

Die mense sal ook in kwarantein geplaas moet word indien hulle na SA kan terugkeer

Scalla ·

Keep your whole body topped up with alcohol to stay safe, dont take any risks and stay drunk until further notice.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.