Covid-19: Duidelikheid gevra oor 10 000 veldwerkers

Argieffoto (Foto: Parentingupstream, Pixabay)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n skrywe aan dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gerig om meer besonderhede te bekom oor die ontplooiing van 10 000 veldwerkers. Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand aangekondig dat dié werkers mense vir die nuwe koronavirus (Covid-19) sal toets.

Dr. Eugene Brink, gesondheidswoordvoerder by AfriForum, sê die organisasie steun die huidige afsonderingsmaatreëls en moedig die publiek aan om dit na te kom. Die organisasie is egter bekommerd dat misdadigers hulle as Covid-19-veldwerkers kan voordoen en mense beroof. “Duidelikheid is dus nodig oor onder meer hoe veldwerkers hulself gaan identifiseer, hoe lank dit gaan neem om die werk af te handel, wat sowel burgers as die werkers se presiese regte is en ook in watter geografiese gebiede die werkers ontplooi sal word. Die werkers moet byvoorbeeld ’n duidelike vorm van identifikasie by hulle hê.”

Volgens Brink was daar reeds onlangs slenters waar booswigte hulself as Netcare-personeel voorgedoen het. “Hulle wil dan toegang tot jou eiendom bekom en jou beroof of ander leed aandoen. Hoewel die president nou hierdie aankondiging gemaak en die reëls verander het, kan ’n gebrek aan besonderhede steeds uitgebuit word.

“Ons vra dus dat hulle so gou moontlik antwoorde op ons vrae verskaf aangesien voldoende inligting sal help dat die publiek weet wat hulle te doen staan, die toetsing vir die regering makliker maak en enige pogings om dit uit te buit, sal hokslaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Michael 1 ·

Ek glo nie ons sal die probleem he nie want soos ek die regering ken sal hulle die huidige benaadeelde minderhede vermy en meer konsentreer op voorheen benaadeelde meerderheid maar sou hulle my verbaas sal ek vir “obvious reasons”my samewerking kan gee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.