Covid-19: Duisende oortollige sterftes in SA – verslag

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die aantal sterftes weens natuurlike oorsake (siektes en ander mediese toestande) in Suid-Afrika het gedurende Desember en Januarie die hoogte ingeskiet namate die tweede koronavirusgolf provinsies getref het.

Dié sterftesyfer het egter die afgelope week ’n beduiende afname getoon.

Só blyk dit uit ʼn weeklikse verslag oor sterftes wat die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (MNR) Donderdag bekend gestel het.

Luidens die verslag het die kumulatiewe getal oortollige sterftes weens natuurlike oorsake sedert 3 Mei verlede jaar teen 23 Januarie op meer as 125 000 te staan gekom.

WeekDatumWeeklikse oortollige sterftes weens natuurlike oorsakeKumulatiewe oortollige sterftes weens natuurlike oorsake

3 Mei 2020 tot 23 Januarie 2021

5327 Desember 2020 tot 2 Januarie 202110 77182 649
13 Januarie 2021 tot 9 Januarie 202114 13596 784
210 Januarie 2021 tot 16 Januarie 202115 486112 270
317 Januarie 2021 tot 23 Januarie 202113 474125 744

Prof. Debbie Bradshaw, hoofspesialiswetenskaplike by die MNR en medeskrywer van die verslag, sê die tydsberekening en geografiese patroon laat geen ruimte vir twyfel nie dat die aantal oortollige sterftes weens natuurlike oorsake verband hou met die Covid-19-pandemie.

“Ongelukkig sal dit waarskynlik ’n paar jaar duur voordat ons die inligting oor die mediese oorsake van sterftes het. Ons kan dus nie onderskei tussen sterftes wat direk verband hou met Covid-19 en die wat die gevolg kan wees van ’n oorlaaide gesondheidstelsel nie.”

Bradshaw sê hoewel sy versigtig optimisties is dat die afname in week drie vanjaar ’n wesenlike verandering verteenwoordig en daarop dui dat dinge begin draai wat die buitensporige hoë sterftesyfer tydens die tweede virusgolf betref, sal die tendens eers duideliker word ná volgende week se verslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dirk Mostert

Kom nou Professor! Jyy impliseer die oortollige sterftes in 4 weke (53,866) is weens Covid19, terwyl elders in Maroela Media berig word kumulatiewe Covid-sterftes is 43,105 sedert Maart’20. Vir ‘n bevolking van 58 miljoen (onwettige immigrante buite rekening gelaat) kan 580,000 sterftes per jaar verwag word as die gemiddelde lewensverwagting 100 jaar is (dis egter 60-65 jaar). Vertel liewers vir ons hoe vergelyk griep-sterftes teenoor laasjaar.

Die Wolf

Interessant. Kan dit asb die tipe sterftes insluit en hoeveelhede.

Alleen Wolf

Hulle sal aanhou om te lieg en verdraaide syfers aan te bied want dit pas die regering om sy agenda te bevorder, nie net hier nie maar ook elders in die wereld. Stel jou voor die regerings reg oor die wereld erken nou hulle het ‘n flater begaan om vir die WGO te luister en grendel aksies ens. in te stel, wie sal dan ooit weer vir hulle stem. Hulle kan dit eenvoudig nie bekostig nie. Verder sorg die farmaseutiese maatskappye en wetenskaplikes dat daar altyd onsekerheid geskep word t.o.v. immuniteit en so meer, as hulle dit nie doen nie… Lees meer »

christo

Dr. Sooliman van Gift of the givers, het reeds gesê dat die getal Covid-19 sterftes , soos aangedui in die amptelike syfers van die Oos-Kaap nie ‘n ware weerspieëling is nie. Hy het ook bygevoeg dat begrafnisondernemers se getalle ‘n duideliker prentjie sal skep. Hy het spesifiek verwys na mense wat sterf terwyl hulle wag vir behandeling en dat daar ook mense tuis sterf wat moontlik dood is aan Covid-19 verwante oorsake. Die ANC regering is leuenaars, deur die bank insluitend die sgde. Kabinet Ministers wat bo verdenking is. Ek het al voorheen gesê dat die NC van ANC eintlik… Lees meer »

Andries

“Ongelukkig sal dit waarskynlik ’n paar jaar duur voordat ons die inligting oor die mediese oorsake van sterftes het. Maar hul kan die presiese hoeveelheid wat weens covid strf uit hul duime suig. Regtig, hul dink ons almal is so dom soos hul volgelinge.