Covid-19: Eerste pasiënt in SA binnekort ontslaan

Argieffoto ter illustasie (Foto: Gao Xiang/Xinhua via AP)

Die 38-jarige man van Hilton in KwaZulu-Natal wat sowat twee weke gelede positief vir die nuwe koronavirus bekend as Covid-19 getoets het, sal binnekort uit ’n hospitaal ontslaan word. Dié man is as die eerste bevestigde geval in Suid-Afrika aangemeld.

Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, het Woensdag in ’n onderhoud met eNCA gesê die man en sy vrou sterk goed aan en is in dié stadium bloot in ’n wagperiode voordat hulle uit ’n hospitaal ontslaan sal word. Die man se vrou het kort ná hom positief vir die virus getoets, nadat hulle saam met ’n groep mense in Italië vakansie gehou het. Die egpaar het die land op 1 Maart binnegekom.

Volgens Zikalala is dit ’n aanduiding dat Covid-19 nié ’n doodsvonnis is nie. “Dit wys net dat jy vinnig sal herstel mits jy na jouself omsien.”

Altesaam 116 bevestigde gevalle is teen Woensdagoggend in Suid-Afrika aangemeld. Baie van dié pasiënte het onlangs uit die buiteland na Suid-Afrika teruggekeer, terwyl die oordrag by ander gevalle plaaslik gebeur het.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag ’n nasionale ramptoestand verklaar.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mia ·

Daar is hoop!!! Hopelik word die ander 116 ook gou gesond, sodat ons die darem in SA onderbeheer kan hou.

Belinda ·

Wow baie goeie positiewe nuus! Hoop dit gaan so met die ander 115 ook. Mens moet net hande was en vitamine doen, dan is jy gesort en as jy siek is, nie skaam wees, laat toets en laat jou behandel, veral met isolasie sodat jy dit nie verder aansteke nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.