Covid-19 eis bekende oudrugbyspeler

Dougie Heymans. (Foto: Facebook)

Die oud-Vrystaat-rugbyspeler Dougie Heymans is Maandag aan Covid-19 dood.

Heymans (58) is in die Mediclinic in Bloemfontein dood waar hy die afgelope paar dae in die waakeenheid vir Covid-19 behandel is.

Die Cheetahs het hulde aan Heymans gebring. “Hy was ʼn buitengewone goeie rugbyspeler en veral in die moeilike posisie van vaskop[stut] het hy menigte opponent les laat opsê. Hy was ongelukkig om nie vir die Springbokke op te draf nie want hy was in alle opsigte ʼn anker vir Vrystaat in baie wedstryde gewees.”

Die skrumlegende was tot en met sy dood assistentdirekteur van KovsieSport en hoof van rugby. Hy het in 154 wedstryde vir die Cheetahs uitgedraf en voor dit vir die Shimlas gespeel voor hy later as hulpafrigter gedien en deel van die bestuurspan geword het.

Heymans was in ’n stadium ook die Cheetahs se skrumdokter en het ook al die Bulls en Springbokke met hul skrums gehelp. Os du Randt het Heymans as sy moeilikste teenstander ooit beskryf.

Heymans word oorleef deur sy vrou, Ilse, sy dogter, Liane, en sy twee seuns, GJ en Hendré. Liane het in Desember 2019 haar nekwerwel gebreek tydens ’n fratsongeluk in ’n swembad en is sedertdien verlam in haar onderlyf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Samuel ·

Innige simpatie met sy vrou en kinders. Mag hy in vrede rus. Covid is nie ‘n grap nie.

MakersMark ·

Groot verlies. Ongelukkig om nooit as ‘n bok gekies te gewees nie.

Di ·

Sjoe dis baie hartseer! Baie sterkte aan die familie. Daar is egter nog baie mense wat nie glo dat COVID wel bestaan nie, mense moet versigtig wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.