Covid-19 eis juffrou, ouers

Van links: Mariska, Deidré, Danie, Marietjie en Carike (Foto: Verskaf)

’n Gautengse gesin is in rou gedompel ná drie van hul gesinslede binne ’n maand se tyd die stryd teen Covid-19 verloor het.

Mariska du Preez (31), ʼn onderwysers van die Hoërskool Eldoraigne in Centurion, is Woensdag weens Covid-19 dood, slegs ʼn paar weke ná die dood van albei haar ouers.

Deidré Ras en Carike Holtzhausen, Du Preez se susters, het onverpoos gebid vir genesing nadat Mariska saam met hul ouers, Marietjie (55) en Danie (58) du Preez, einde Junie in die hospitaal met Covid-19 opgeneem is.

Marietjie, Danie en Mariska – wat saam in ’n huis in Rooihuiskraal in Centurion gewoon het – het in middel Junie positief vir Covid-19 getoets. Marietjie en Danie is op 25 Junie in die Netcare Unitas-hospitaal in Centurion opgeneem nadat hul suurstofvlakke drasties gedaal het. Mariska is twee dae later in dieselfde hospitaal opgeneem.

Danie is op 12 Julie oorlede, dieselfde dag wat hy vir ʼn vierde keer oupa geword het. Marietjie is op 24 Julie dood. Dit was ’n groot skok vir die familie toe hulle Mariska ’n week en ’n half later (4 Augustus) ook moes groet.

“My pa is ’n dag nadat hy opgeneem is (26 Junie) na die hoësorgeenheid van die hospitaal geskuif en op ’n ventilator geplaas. Sy longe het swaar gekry omdat hy longontsteking ook onder lede gehad het. Hy het ook probleme met sy niere ontwikkel en die dokters moes hom op dialise sit. Hy was baie siek gewees,” vertel Ras.

“My ma is op 27 Junie na die hoësorgeenheid geskuif en ’n dag later op ’n ventilator geplaas. Mariska is op haar verjaarsdag (29 Junie) ook na die hoësorgeenheid geskuif en drie dae later op ’n ventilator geplaas. Hulle het albei aanvanklik goed gelyk en die dokters was tevrede met hul vordering. Die dokters het dit selfs oorweeg om hulle van die ventilators af te haal.”

Ras vertel die dag toe haar pa oorlede is, het Marietjie en Mariska albei ’n groot terugslag ervaar.

“My ma se lyf het nooit weer heeltemal herstel nie. Sy moes vir twee dae op dialise gaan en sy het inwendig begin bloei. Sy het aanvanklik ʼn verbetering getoon, maar 12 dae ná my pa se dood ook die stryd verloor.”

Volgens Ras het Mariska se toestand aanvanklik ook aansienlik verbeter, maar met haar ma se dood het sy wéér ’n terugslag beleef.

“Al drie van hulle was deurentyd onder sedasie en het nooit fisiek regtig van die ander een se dood geweet nie, maar dit beslis geestelik ervaar.”

Mariska se suurstofvlak het die naweek voor haar dood goed opgetel en haar inflammasiemerkers het gedaal.

“Ons het gedink dit was haar draaipunt en dat sy gesond gaan word. Haar bloeddruk het Woensdagoggend skielik geval en toe is sy oorlede. Die dokters vermoed dit was ’n bloedklont deur die long.”

‘’n Ware vrou van God’

Mariska is ‘n week en ‘n half na haar ma oorlede (Foto: Verskaf)

Mariska het Fisiese Wetenskap vir gr. 9‑ tot gr. 11-leerders aan die Hoërskool Eldoraigne gegee. Sy was ook die vakhoof vir dié vak.

Hoërskool Eldoraigne het op hul Facebookblad geskryf dat Mariska in ’n kort tydperk diep spore in hul harte getrap het.

“Sy het soos ’n vars bries deur ons skool beweeg… met haar borrelende entoesiasme, sprankelende persoonlikheid en toewyding,” skryf Hoërskool Eldoraigne op hul Facebookblad.

Die skool het Donderdag ’n kloklui-seremonie gehad waar leerders en personeel die geleentheid gekry het om die Eldo Klok te lui, ter herdenking aan Mariska. Leerders het ook blomme voor haar klaskamerdeur geplaas.

Ras sal Mariska as ’n regte go-getter onthou, wat altyd gereed gestaan het om te help waar sy kan.

“Sy het geweet wat sy in die lewe wil hê en daarvoor gegaan. Maar sy sou nooit op iemand trap om bo uit te kom nie.

“Sy was ʼn liefdevolle en saggeaarde mens. Sy het altyd die beste in mense raakgesien en was so passievol oor haar werk en om ʼn impak op elke kind te maak. Sy was ʼn ware vrou van God.”

‘Wonderlike ouers’

Danie en Marietjie was 38 jaar lank getroud (Foto: Verskaf)

Ras beskryf Marietjie en Danie as liefdevolle en saggeaarde ouers. Hulle was 38 jaar lank getroud en was mekaar se eerste liefdes.

“Hulle het die mooiste verhouding gehad en hul huwelik was so ʼn mooi voorbeeld vir ons. Hulle het ons altyd ondersteun. Ek kan nie onthou dat ek ooit my ouers sien baklei het nie en daar was nooit ʼn tekort aan soentjies, drukkies en kos nie. Hul familie was hul alles.”

Danie was ʼn siviele ingenieur by Tshwane-metro en Marietjie was ’n tuisteskepper. “Sy was ook ’n bobaas bakster en die nie-amptelike spysenier en organiseerder van hul kerk.”

Marietjie, Danie en Mariska word oorleef deur Carike en Deidré (susters), Luhann en Stefan (skoonseuns), Lurike, LJ, Emily en Sumari (kleinkinders). Sumari is op die dag van Danie se dood gebore.

Die familie beplan om ʼn gesamentlike roudiens vir Danie, Marietjie en Mariska te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Gert ·

Hartseer. Dit maak my bang. Het 3 weke gelede gerigistreer vir die inenting. Nog nie ‘n woord gehoor nie.

Vanessa ·

Gert, jy kan net na Weskoppies hospitaal gaan, hulle ent daar ook in. Ek het geregistreer en toe net gegaan. Ek het nie gewag vir die sms nie.

Jeffrey ·

Gert gaan op Dischem se webtuiste, registreer en kies jou tydsgleuf en betrokke winkel waar jy wil inent, dit was so vinning vir my, ek ht nog die volgende dag nadat ek op hul webtuiste was gaan inent, my vrou ook. Nie ek, my vrou, my ouers, vrou se ouers en vriende wat ek ken het nie een siek geraak van die inspuitings nie. Ons was letterlik net twee mense in daai hele inentingslokaal, die susters aan diens was ook baie behulpsaam en vriendelik. Was 20 minute toe is ons weer uit.

Ilze ·

Gert. Gaan net na jou naast inentings sentrum. Moenie wag vir ‘n sms. Jy gaan dit nie kry nie. Hulle sal jou nie wegwys nie.

Hendrik Marthinus ·

So hartseer
Maar wat my bekommerd maak is dat jy elke dag hier op maroela lees van mense wat Steeds Dink en glo dus net nog n griep geval, en dus nie nodig vir inenting nie.
Kyk hoeveel sterf daagliks, om en by 450 mense die laaste Paar dae, dus mos nie normaal nie.

Sêmaarnet ·

Ek kan getuig – dit is definitief nie ‘n griep aanval nie.

Ilze ·

Hendrik. Ek stem saam. Ek kry die 16de Aug my tweede Pfizer. Sien die mense nie die ellende waarin gesinne gedompel word nie

VaalDonkie ·

Gaan kyk na 2018 se griep en TB sterftesyfers. COVID is wel erger as gewone griep, maar dis ook maar net gevaarlik as jy alreeds ‘n swak gestel het. Dis nie Ebola nie. Eet jou groente en vrugte en vat so paar Vitamien en Sink aanvullings en jy sal dit maak. Dit sal ‘n rowwe twee weke wees, maar jy sal dit maak as jy nie reeds swak is nie.

#Maarnetmyopinie ·

Baie hartseer! Mag on Hemelse Vader die familie dra en troos met die wete dat hulle nou feesvier in die hemel en sodra ons Saligmaker ons kom haal sal ons almal weer bymekaar wees.

Cherokee ·

Dit is nie ‘Maarnetjouopinie’ nie, dit is ook ‘n absolute Waarheid.

Althes ·

Ai ek wens mense wil hul laat inent. Die wat vrees vir hul lewe, gaan spreek jou geneesheer/spesialis deur ñ ingeligte besluit te neem.

VaalDonkie ·

Vals nuus kan van beide kante afkom. Diegene wat reken COVID he t ‘n 100% mortaliteit is net so oningelig soos die wat reken dis net ‘n verkouetjie.

Cherokee ·

Waarvolgens weeg jy Ilze, nuus op teenoor nuus om te bepaal watter daarvan is valse nuus? Rol terug deur kommentare en lees waarom ek nee sê daarvoor.

Misky ·

Dis bitter hartseer en maak mens so bang vir diè onbekende virus

VaalDonkie ·

Dis hoe jy weet die propaganda werk. Want dis net oumense en siek mense wat hoef te vrees. Die res van die mensdom gaan net ‘n rowwe paar dae he, en dan kan spog dat hulle dit oorleef het.

Anoniem ·

Vaaldonkie al die propaganda wat ek hier sien kom van jou af

Wakkerslaper ·

Baie hartseer! Ek dink mense wat vals nuus en allerhande twak oor die entstowwe versprei behoort vervolg te word….

S ·

Dis ‘n dood normale vraag. Hoekom se die artikel nie of hulle inenting ontvang het of nie? Geen van die artikels waar mense aan Covid sterf se dit nie, meestal onderwysers en polisiemanne wat eintlik almal al hulle inentings moes ontvang, so dan is hulle nie oorlede aan Covid nie, maar aan die inenting.

Danie ·

En wat daarvan as hulle wel die ent ontvang het? Wat het dit met enige iets te doen? Ent waarborg nie dat jy nie kan omkom van C19 nie, dit verminder net jou kanse.

S ·

Danie, aan die begin was die rede vir inenting dat jy nie Covid kry of aan ander versprei nie, nou is dit dat jy minder siek word of minder sterf daaraan, dis dood eenvoudig nie waar nie want op hierdie stadium maak dit nie saak of jy gejab is of nie, mens kry dit nog steeds, mens kan dit nog steeds aan ander versprei en mens kan nog steeds in die hospitaal beland en mens kan nog steeds daaraan sterf, die inenting is gif en in baie gevalle sterf mense nie aan Covid nie, maar aan die nagevolge van die inenting. Dit is die punt wat ek wil maak.

piet ·

Nee, hulle is oorlede aan Covid want hulle het positief getoets vir Covid (inenting of nie). Dis belangrik om te onthou dat jy eers maksimum beskerming geniet indien jy ten volle ingeent is. Een shot gee maar net omtrent 40% beskerming.

piet ·

Ek kan jou verseker dat as jy in die hospitaal opgeneem word die toets (en verdere toetse) definitief akkuraat sal wees.

Nicolene ·

Ek wonder nou elke keer of die persone ingeënt is. Onderwysers is mos so ‘n ruk terug ingeënt?

Martie Smartie ·

Probleem is hulle kry die J & J entstof wat net 67% doeltreffend is teen sterftes. Die ANC regering het in hul haas die swakkere entstof aan onderwysers opgedring

Elaine Krige ·

Hallo Africangrey

Mariska se familie het aan Maroela Media bevestig dat Mariska en haar ouers ʼn afspraak gehad het om die inenting op 2 Julie te kry. Hulle kon dit egter nie nakom nie, omdat hulle reeds in Junie siek geword het.

Groete

piet ·

Nou kry ons afduimpies omdat die waarheid uitgekom het maar nou nie so lekker sit nie. Anti-vaxers – dit is mos nou bewys die mense WAS NIE INGEENT NIE. Ai, ai, red nou ‘n nasie met so ‘n volk. Ongelooflik.

piet ·

Volgens die artikel is al drie einde Junie weens Covid in die hospitaal opgeneem. Siende dat die ouers jonger as 60 is kon hulle eers vanaf 1 Julie inent, dus was hulle nie ingeent nie. Onderwysers is vanaf 23 Junie ingeent so die dogter kon moontlik ingeent gewees het. Al was sy ingeent, sou die vaksien nog nie effektief gewees het in die kort tydjie voor sy covid gekry het nie.

Lorna ·

genade toggie dit is hartseer
Ja ek stem gaan vir vaccine
Asb mense dis nie net n griep nie
Ek word soort van veroordeel omdat ek dit geneem het
Maar doen dit vir jouself en jou family
RIV mense

piet ·

Jy word nie veroordeel nie, jy word geprys want jy het die regte ding gedoen.

Jana ·

Ai, dis baie hartseer. Sit en huil en ek ken nie eers die mense nie. Hoe lank gaan dit nou nog aanhou? Baie sterkte vir die familie en vriende.

Anoniem ·

Sò sò hartseer. Innige simpatie en meegevoel met die familie, dit is ‘n groot verlies om 3 geliefdes te verloor.

S ·

Dis tragies. Hoekom se al hierdie artikels niks daarvan of hulle jab ontvang het of nie. Dit is baie relevant en is meestal onderwysers of polisielede wat eintlik hulle jabs al moes gekry het. Met ander woorde as hulle gejab was, hoekom het hulle nog steeds gesterf??

Danie ·

En wat daarvan as hulle wel die ent ontvang het? Wat het dit met enige iets te doen? Ent waarborg nie dat jy nie kan omkom van C19 nie, dit verminder net jou kanse.

S ·

Danie as hierdie 31 jarige, gesonde vrou inge-ent was en sy is nog steeds oorlede aan Covid, hoe verminder dit mens se kanse?? Maak nie sin nie.

Elaine Krige ·

Hallo S

Mariska se familie het aan Maroela Media bevestig dat Mariska en haar ouers ʼn afspraak gehad het om die inenting op 2 Julie te kry. Hulle kon dit egter nie nakom nie, omdat hulle reeds in Junie siek geword het.

Groete

Thom ·

Dankie Elaine maar jou opvolgwerk is gladnie wat die balhoriges wil hoor nie . Soos Dr Mark Mendelsohn by Groote Schuur is my eie seun die hoof van ‘n departement aan een van die grootste hospitale in die Wes Kaap __ in die laaste 2 maande het geen geënte persone daar in intensiewe sorg beland agv Covid 19 nie terwyl ongeënte persone op strepe sterf ; hulle werk hulself ten gronde en veral die verpleegpersoneel hanteer die aanhoudende sterftes baie sleg __ baie min suksesse is demoraliserend .

Hano ·

Person onder 60 kon teen einde Junie nog nie intent nie en onderwysers ook hier a ingeent. Hul was ongelukkig tien teen een nie ingeent nie. Asseblief mense laat jul inent.

S ·

Hoe weet jy hulle was nie inge-ent nie Hano? Onderwysers kon al meer as ‘n maand terug gaan vir inentings.

Thom ·

En dit neem minstens 6 weke op immuniteit op te bou __ jy sink jou eie argument .

Thom ·

Seker ook die twak wat jy praat en mense soos Dr Mark Mendelsohn lieg seker almal .

Gideon ·

Is enige van die familie ingespuit? Hoekom word dit nie genoem nie!

piet ·

Dis reeds 6 ure voor jy kommentaar gelewer het, bevestig dat hulle nie ingeent was nie. Het jy die ander kommentare gelees?

Helizna ·

Neurenberg 2 kom. Al die dokters wat betrokke is gaan verantwoording moet doen vir hulle stilte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.