Covid-19 eis gedugte speurder

Brig. Dick de Waal is Vrydag aan Covid-19 oorlede. (Foto: Dick de Waal/ Facebook)

Die gedugte speurder wat die berugte Griekwastad-moorde en nou ook die moord op die hoteleienaar in Pofadder ondersoek het, is Vrydag aan Covid-19 dood.

Brig. Dick de Waal was hoof van die Valke in Kimberley en is twee weke gelede in die hospitaal opgeneem nadat hy met Covid-19 gediagnoseer is. Hy het Vrydag die stryd teen dié siekte verloor.

De Waal het die afgelope 35 jaar in die Suid-Afrikaanse polisie gedien. Hy is vir die eerste keer werklik in die kollig geplaas met die ondersoek na die Griekwastad-moorde in 2012, toe die 15-jarige Don Steenkamp sy gesin wreed vermoor het op hul plaas buite dié Noord-Kaapse dorp. Die Suid-Afrikaanse Hollywood-akteur Arnold Vosloo het De Waal later in die film Griekwastad vertolk.

Sy vrou, genl.maj Henriette de Waal, dien tans as waarnemende polisiekommissaris van die Noord-Kaap.

Huldeblyke het die afgelope dae op De Waal se Facebook-blad ingestroom. “Ek is stomgeslaan deur die dood van Dick de Waal weens Covid-19.  … Hy was ʼn wonderlike mens wat ʼn groot verskil as polisieman gemaak het en sal ʼn groot leemte in sy gemeenskap laat. Ons het ʼn lang pad saamgeloop met die Griekwastad-saak en ek sal vir ewig dankbaar wees vir sy vriendskap,” het die voormalige joernalis en skrywer van die boek Die Griekwastad-moorde, Jacques Steenkamp, geskryf.

“Wat ʼn skok om te verneem van Dick de Waal se afsterwe. Ons innige simpatie aan sy vrou, kinders en familie. Dit was ʼn eer vir Jan Smit om saam met hom te kon werk,” skryf Tersia Smit.

Kol. Mashay Gamieldien, provinsiale woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, het namens die polisie sy hartseer oor De Waal se afsterwe uitgespreek en medelye aan De Waal se gesin, in besonder aan sy vrou, betoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
SomeOne

sterkte aan vrou, kinders, familie en vriende sowel as kennisse, ek voel die seer ook

James

Simpatie. Maar is die opskrif reg bewoord…..mens word eers “ontslape” as jy dood is….

Rooikoos

Klink net nie reg dat ‘n ontslape speurder deur Covid gedood is nie. Hy was mos lewend voor dit?

Thom

Volgens die manne op MM met die oordadige borshare is dit mos maar net ‘n verkoue ,,, Jammer Henriette ! Polisie het ‘n puik man verloor .

twaalfboor

MM. Dis nie maj. genl. De Waal nie maar Genl. Maj. De Waal.