Covid-19 eis voormalige KZN-premier

Ben Ngubane. (Foto: Chantall Presence/ANA)

Die voormalige premier van KwaZulu-Natal, Ben Ngubane, is Maandag weens Covid-19-verwante oorsake dood.

Naledi Pandor, minister van internasionale verhoudinge, het haar innige meegevoel aan Ngubane se familie, vriende en kollegas betuig nadat die nuus oor sy dood vroeg vanoggend bekend gemaak is.

“Ek het jare gelede die voorreg gehad om Ngubane se opvolger as minister van wetenskap en tegnologie te wees en te werk op die grondslag wat hy gelê het. Suid-Afrika het ʼn baanbreker in die veld van wetenskap en tegnologie verloor,” het sy gesê.

Ngubane is in 1994 aangestel as die minister van kuns, kultuur, wetenskap en tegnologie en is later as KwaZulu-Natalse premier aangewys. Hy het met verloop van tyd verskeie poste beklee, waaronder dié van ambassadeur in Japan, as voorsitter van Land Bank en raadslid van die SAUK.

In 2014 het Ngubane by Eskom aangesluit as nie-uitvoerende hoof. In 2015 word hy aangestel as die voorsitter van Eskom se raad.

“Ngubane sal onthou word as ʼn geleerde wie se wetenskaplike bydraes ʼn standvastige verhouding tussen Japan en Suid-Afrika gekweek het. Danksy sy baanbrekerswerk en merkwaardige bydraes tot Japan het hy in 2010 ʼn internasionale toekenning van dié regering ontvang,” het Malegapuru Makgoba, voorsitter van Eskom se raad, gesê.

“Mag sy geliefdes getroos word deur hul herinneringe van hom en dat hulle krag sal vind gedurende hierdie moeilike tyd.”

Ngubane het laat verlede jaar ook voor die Zondo-kommissie getuig oor kwessies wat met bewerings van grootskaalse staatskaping verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris dupreez

Was hy nie een van die eskom plunderaars nie

Onnie

Ek weet nie of ek vreeslik hartseer kan wees nie… as ek reg onthou was hy die een wat vir Brain Molefe so beskerm het terwyl hulle Eskom opneuk.

Baardman

Landbank, Eskom, SAUK, alles tot niet bestuur

Kokerboom

En absoluut NIKS bereik!!!!

SomeOne

en so sal ons Vader sien dat elkeen van hulle dieselfde paadjie gaan