Covid-19 eis vyf van Kaapstad se voorsteliniewerkers

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Ian Landsberg/ANA)

Die Stad Kaapstad se direktoraat vir veiligheid en sekuriteit het die afgelope week vyf personeellede aan die dood afgestaan weens Covid-19.

Altesaam nege van die direktoraat se personeellede het reeds weens Covid-19 gesterf sedert die uitbreking van die virus in Suid-Afrika ʼn jaar gelede.

JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sê die direktoraat word swaar deur die Covid-19-pandemie getref as gevolg van die aard van die noodsaaklike werk wat sy personeellede in die voorste linie moet verrig.

Altesaam 797 personeellede het sedert Maart verlede jaar positief getoets vir Covid-19 van wie 643 reeds herstel het. Altesaam 136 van die direktoraat se personeel het tans Covid-19 van wie sewe in ’n hospitaal behandel word.

Volgens Smith prioritiseer die Stad Kaapstad die verkryging van persoonlike beskermingstoerusting (PPE) asook veiligheidsmaatreëls by die werkplek om die risiko vir personeel te verminder.

“Ons gedagtes en gebede is met die personeellede wat teen die virus veg asook diegene wat dag na dag vir werk opdaag ten spyte van die immerteenwoordige en verhoogde risiko vir Covid-19-blootstelling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.