Covid-19 eis Welkom-leerder

(Argieffoto: Verskaf)

Te midde van toenemende kommer oor die vinnige verspreiding van Covid-19 in Vrystaatse skole, het die virus die lewe van ’n gr. 12-leerder aan die Lephola Secondary School in Welkom geëis. Dit volg nadat daar die afgelope week reeds 12 leerders by dié skool positief vir die virus getoets het.

Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse departement van onderwys, het aan Maroela Media bevestig die leerder het Maandag positief getoets en is ’n dag later oorlede weens Covid-19-verwante komplikasies .

“Die skool sal van vandag (Woensdag) tot Maandag gesluit wees nadat 12 leerders en een onderwyser positief vir die virus getoets het,” sê Ndaba.

Ndaba doen ’n beroep op die gemeenskap om die Covid-19-maatreëls strenger na te kom om sodoende die verspreiding van die virus te verhoed.

“Die toename in Covid-19-gevalle is ’n weerspieëling van wat in ons samelewing, en so dan ook skole, gebeur. Mense gee nie meer gehoor aan die regulasies soos hulle moet nie,” sê Ndaba.

Maroela Media het vroeër berig talle skole in die Vrystaat het hul deure gesluit weens etlike Covid-19-gevalle wat by hierdie skole aangemeld is. Een van dié skole is die gesogte Eunice High School in Bloemfontein wat Vrydag gesluit is nadat twee kombuispersoneellede, vyf koshuisbewoners en een onderwyser die afgelope week positief vir die virus getoets het.

Die Bloemfonteinse spogskool Grey Kollege het twee weke gelede positiewe Covid-19-gevalle by sy laerskool én hoërskool aangeteken. By die laerskool is 12 gevalle van Covid-19 aangeteken en by die hoërskool het twee onderwysers positief vir Covid-19 getoets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Adri ·

Seldsaam om te hoor dat kinders aan covid sterf! Onstellend!

SomeOne ·

en dit nog ‘n dag nadat sy positief getoets het, joe, dis verskriklik vinnig

Linx ·

In die weskaap glo ek dink meeste mense covid-19 is verby,jlle moet kom sien hoe lyk dit naweke,(en ds Al d rasse)die restaurante is propvol,die v&a waterfront lyk dt kan uit sy nate bars,ek verstani hoekom daar nie ghoor gegee word aan n moontlike 3rd wave nie,rus in vrede meisiekind/seun,wens net mense se oe wou oopgaan

Blomme ·

Linx daar is steeds te veel wat dink die virus is ń bangmaak storie en dat dit net so goed as ń verkoue is. Hulle besef nie die erns van dit nie

Moedeloos ·

Dit is nie net in die Weskaap wat mense dink die virus bestaan nie. Ek dink die hele land se mense dink dit is n grap want maskers dra en afstrande hou is nie vir hul belangrik nie. Spreek jul hul aan kry jy n kyk wat jou skoon die harnas injaag en jou mond moet zip.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.