Covid-19-entstof: Dié apteke mag gou ook inent

Suid-Afrikaners sal eersdaags by verskeie Clicks- en Dischem-apteke teen Covid-19 ingeënt kan word. (Foto: Justin Tallis/AFP)(Foto: Lindsey Parnaby/AFP)

Suid-Afrikaners sal eersdaags by verskeie Clicks- en Dischem-apteke teen Covid-19 ingeënt kan word.

Dié apteekgroepe het Vrydag aangekondig dat die Pfizer-entstof voorlopig by 58 entstofsentrums, insluitend apteke landwyd, toegedien sal word. Daar word egter beplan om die aanbod uit te brei sodra die nodige goedkeuring ontvang is.

Die aankondigings volg nadat fase 2 van die regering se inentingsprogram Maandag afgeskop het.

Burgers van 60 jaar en ouer geniet in dié fase voorrang. Dit sluit inentings by apteke in.

“Clicks het goedkeuring van die departement van gesondheid ontvang om entstowwe by 47 sentrums landwyd toe te dien. Daar word op goedkeuring gewag vir die registrasie van nóg 520 sentrums,” sê Rachel Wrigglesworth, woordvoerder van Clicks.

“Ons gesondheidskundiges het spesialisopleiding ontvang om die entstof te hanteer en dit veilig, in oorleg met die departement se riglyne, toe te dien.”

Wrigglesworth het verder gesê dat Clicks in ’n gunstige posisie is om die regering in die inwerkingstelling van die entstofprogram te ondersteun solank as wat daar voorraad is.

“Ons het die infrastruktuur, kundigheid en ervaring om massa-inentings te kan doen.”

Dischem het voorlopig 32 toegewyde entstofsentrums landwyd bekom, waar mense eersdaags ingeënt sal word. Die eerste 11 sal op 24 Mei open.

“Indien die regering se voorraad deurlopend beskikbaar is, sal die apteekgroep sowat 800 000 mense per maand kan inent,” sê Ivan Saltzman, uitvoerende hoof van Dischem.

Saltzman sê dat die groep met die Pfizer-entstof sal wegspring, maar dat personeel ook opgelei is om die Johnson & Johnson-entstof toe te dien.

Die apteke ontvang die entstowwe van die gesondheidsdepartement en werk ook volgens dieselfde registrasiestelsel. Mense wat aanlyn registreer sal ’n SMS-boodskap ontvang wat hulle na die regte entstofsentrum verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Vrijburger ·

Uiteindelik kry die ANC-regering ‘n bietjie verstand in hulle se koppe!
In die VSA is die suksesvolle inentingsprogram juis agv die direkte betrokkenheid van die privaat sektor.

MAGRIETHA ·

Hoekom kan n vrou nie saam ha man gaan vir in enting nie die man bv is 61 en sy vrou 59 j en 7 maande dan is dit al klaar 2 in entings uit 1 bottel wat maak 5 maande verskil

KB ·

As ek ingeënt sou word, sal ék kies watter entstof in my liggaam ingespuit word. Geen regering het dáárdie mag oor my lewe nie.
So, tot dan, geen entstof vir my nie. Hierdie rondte sit ek uit, Mkize.

Strandloper ·

Goed so, die liewe staat sorg vir almal behalwe blank. Die eerste persoon wat in die Wes Kaap haar dosis gekry het was n rype 61 jaar oud ….my gesonde verstand sê vir my begin by die oudste…

Jaco ·

Korreksie: 800 000 inëntings per maand word vinnig 800 000 per jaar

marius ·

Hoeveel mense sterf in die hospitaal teenoor die by die huis ? Antwoord dit doktor dood !

Dirk Mostert ·

Hoeveel mense het in die hospital gesterf na suurstofbehandeling. Ten spyte daarvan of as gevolg van suurstofvergiftiging?

Barney ·

Ek is so siek en sat vir almal se negatiewe kommentaar. As jy nie die inenting wil hê nie, moet dan nie – meer vir die wat wil. Besef julle nie hoe trek al hierdie onnodige negatiwiteit oor elke liewe dingetjie wat gebeur die gemoed van almal om julle af nie? Soek eerder die positiewe en as jy niks kry nie, hou dit vir jouself.

Pieter ·

Die van julle wat so teen die Covid inentings is…Ek was ook een van hulle. Gedink die hele Covid storie is snert. Dit was toe nie. Ek en my hele gesin het gehad. My pa wat nooit n dag siek in sy lewe was nie, was vir amper 2 weke in die bed. Het ook iemand na aan ons verloor agv Covid. Ek het ook nog nooit so sleg gevoel in my lewe nie. Jou mening sal baie vinnig verander as jy dit kry. My pa was ook van die eerstes wat sy inenting gekry het. Behalwe vir n seer arm, is hy 100%. Luister na wat wetenskaplikes se. Nie elke jan rap en sy maat op die internet nie.

Johan ·

Nou sê my net gou, hoe het die verbod op verkoop van klere gekeer dat mense covid kry…of nog beter, hoe keer die huidige verbod op atletiek klubs dat hul nie klub kleredrag mag dra nie covid. Hoe is daar so baie regulasies wat absoluut snert is wat jy ondersteun? Hoe moet ek magsvergrype soos waarvan ons net lees in kommunistiese lande ondersteun. Hoekom The Great Barrington Declaration net afmaak as snert…so baie vrae. Natuurlik is dit n wilde virus maar hoekom regulasies ondersteun wat net skade aanrig en skurke ondersteun wat ons wil beroof en verslaaf? Die skurke wat die situasie uitbyt is net so werklik soos die virus.

4ntj13 ·

Ek wag nog steeds vir my SMS. Fase 1B. Ek wonder of ons ook na Dischem mag gaan nou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.