Covid-19-entstof ‘doeltreffend, veilig’ – Solidariteit

Flip Buys, hoof van die Solidariteit Beweging, kry die Covid-19-inenting. (Foto: Verskaf)

Die Solidariteit Beweging het ná deeglike navorsing standpunt ingeneem dat die entstof teen Covid-19 doeltreffend én veilig is.

Die organisasie voel wel sterk daaroor dat niemand hoegenaamd verplig mag word om die entstof teen Covid-19 te ontvang nie en dat die private sektor op groot skaal betrokke moet raak by die aanskaf van entstofdosisse sodat inenting vinniger kan plaasvind.

Uitvoerende hoofde van Solidariteit, insluitend Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het self Vrydag die Covid-19-inenting ontvang.

Doeltreffendheid

Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het in ʼn wetenskaplike verslag bevind het dat Pfizer, Moderna, AstraZeneca en Johnson & Johnson se entstowwe “doeltreffend” is om hospitalisasie en sterftes weens Covid-19 te voorkom. Mense wat die entstof kry kan wel steeds later Covid-19 opdoen en simptome toon.

Kliniese toetse wat deur entstofvervaardigers gedoen is, wys dat Pfizer sowat 95% beskerming teen ernstige Covid-19-simptome bied. Johnson & Johnson bied 67% beskerming. Dié twee entstowwe word tans in Suid-Afrika toegedien.

Pfizer se entstof teen Covid-19. (Foto: Unsplash)

Navorsers verbonde aan die SNI kon ná die ontleding van internasionale data vasstel dat daar in Israel, die Verenigde Koninkryk en Hongarye ʼn direkte verband is tussen die toediening van entstowwe en ’n afname in veral hospitalisering en sterftes weens Covid-19.

Die Solidariteit Beweging kan egter op grond van internasionale data nié die Chinese entstof SinoVac of die Russiese Sputnik V-entstof vir gebruik aanbeveel nie.

Luidens die verslag is die beskikbaarheid van bestaande data oor dié twee entstowwe nog onvoldoende en kan geen gevolgtrekking in dié stadium oor die doeltreffendheid daarvan gemaak word nie.

Die SNI sê voorts dit is belangrik om daarop te let dat al die Covid-19-entstowwe nie identies is nie, aangesien daar uiteenlopende tegnologieë in entstofontwikkeling gebruik word en dus ook wesenlike verskille in gerapporteerde doeltreffendheid.

Veiligheid

Die SNI het ook in sy verslag bevind dat die betrokke entstowwe tot ʼn groot mate veilig is en dat die kans op ernstige newe-effekte uiters beperk is.

“Dit is eenvoudig nie waar dat groot getalle mense doodgaan weens die entstof nie. Die risiko vir bloedklonte en hartverwante newe-effekte is klein [sowat 0,2%]. Meeste van die newe-effekte wat aangemeld is, is lig en stem ooreen met dié van enige ander entstof,” sê Connie Mulder, hoof van die SNI.

“Soos enige ander medikasie is daar newe-effekte, maar vir die meeste mense is die risiko wat Covid-19 inhou, baie hoër as die risiko wat die entstowwe inhou.”

Matige simptome wat die inenting tot gevolg kan hê, sluit in hoofpyn, koors, lighoofdigheid en ’n seer arm waar die inenting toegedien is. Dit is egter alles tekens dat die immuunstelsel aan die werk is, sê Mulder.

connie-mulder-en-flip-buys-tweede-groot-trek

Connie Mulder, hoof van die SNI. (Foto: Reint Dykema)

Mulder het ook verduidelik dat die entstof self nie Covid-19 kan veroorsaak of oordra nie, aangesien die entstof geen virale Covid-19-proteïen bevat nie. Hy sê dit gebeur wel soms dat mense Covid-19 opdoen terwyl hulle in die ry wag vir die inenting en dan vermoed dat die inenting hulle Covid-19 gegee het.

Mulder gee wel toe dat die langtermyneffekte van Covid-19-entstowwe nie in dié stadium bekend is nie, aangesien inentings nog net die afgelope sewe maande toegedien word. Hy meen egter die kans op langtermyn-newe-effekte is uiters skraal.

“Entstowwe is nie ’n nuwe verskynsel nie en wetenskaplikes maak staat op mediese navorsing van die afgelope 80 jaar. Die geskiedenis wys vir ons dat die meeste newe-effekte binne twee maande nadat die persoon ingeënt is, voorkom.

Meeste van die materiaal in die entstof, wat gebruik word om ’n immuunreaksie te stimuleer, word boonop binne ’n paar dae deur jou liggaam uitgeskei.”

Ivermektien

Luidens die verslag kan ivermektien gebruik word as behandeling van Covid-19. Daar word wel daarop gewys dat entstowwe en ivermektien nie teenoor mekaar gestel moet word nie, aangesien die entstowwe per definisie voorkomend van aard is terwyl ivermektien waarskynlik ’n doeltreffende behandeling vir Covid-19 is, veral in die vroeë fases van die siekte.

Mulder sê hoewel daar nie in dié stadium genoegsame bewyse is om met sekerheid te sê dat ivermektien doeltreffend is vir die behandeling van Covid-19 nie, is dit beslis veilig vir menslike gebruik en kan dit dus nie skade doen om te probeer nie.

Só sê Solidariteit

“Die data wys dat daar een risiko is wat baie groter is as entstowwe, en dit is om nié entstowwe te gebruik nie. Sou jy besluit om nie ingeënt te word nie, moet jy die risiko’s wat daarmee gepaardgaan ernstig in ag neem. Dit sluit in jou gesondheid, die kanse om Covid-19 op te doen en ook die risiko om Covid-19 aan ander mense oor te dra,” lui die verslag.

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Mulder sê indien die inentingsveldtog nie vinnig op dreef kom nie, Covid-19 derduisende lewens sal eis en die land se ekonomie verder inmekaar sal tuimel.

Die SNI wys in sy verslag daarop dat die Suid-Afrikaanse regering se entstofprogram ’n volslae mislukking is. “Indien ons wag vir die regering om entstowwe aan die breër Suid-Afrikaanse publiek beskikbaar te stel, gaan nog ’n vierde en vyfde vlaag van Covid-19 Suid-Afrika tref voordat enige beduidende aantal mense daarteen ingeënt is.”

Daarom beveel die SNI aan dat die private sektor self plan moet maak om entstowwe te bekom en dat Suid-Afrikaners nie net moet kan kies of hulle wel die entstof wil hê nie, maar ook wátter entstof hulle ontvang.

Buys sê die organisasie kan uit die bevindinge in die verslag sy lede aanmoedig om wel die entstowwe te gebruik, op voorwaarde dat elkeen self ʼn verantwoordelike besluit kan neem en sy eie unieke omstandighede in ag sal neem.

Laai die verslag hier af: http://soli.online/2yr

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

144 Kommentare

Skuilnaam ·

“…Covid-19-entstof ‘doeltreffend, veilig’ – Solidariteit…”

Ja, swaer…

Jedi Knight ·

Ek het ook geen besware teen die entstof nie, alhowel ek dit nie gaan vat nie. Dis net effens…..komies?….. hoedat bekendes ons probeer oorreed om ingeënt te word. Binnekort gaan al die kerke se dominees seker ook wys hoe hulle ingeënt word. :):)

piet ·

Want dis in belang van die gemeenskap in sy geheel dat soveel mense as moontlik ingeent word sodat ons so gou as moontlik na normaal kan terugkeer. In Engeland waar meer as die helfte van die bevolking ingeent is, gaan kyk hulle reeds in getalle sport sonder maskers. Inperkings gaan eersdaags opgehef word en die dra van maskers nie meer verpligtens wees nie. Ek is jaloers op hulle want hier by ons gaan die ongehoorsames veroorsaak dat die ding aansleep.

Chef ·

Karel maak ‘n geldge stelling. Lees gerus die berig van Mariska Nanni in hierdie selfde uitgawe van MM, wat berig dat die SA Bloeddiens se onafhanlike ontledings aandui dat meer as 47% van Suid Afrikaanse bloedskenkers alreeds teen-liggaampies vir Covid 19 het. Hierdie ontledings sluit die resultate van in-entings uit, want dis nie opspoorbaar met hul toets metodes nie. Waarom dan nog persone wat alreeds imuun reaksies opgebou het in-ent?

Chef ·

Piet, dalk moet jy bietjie meer nalees oor wat op die oomblik in die VK aan die gang is, veral wat betref die nood vergadering van die 122 wetenskaplikes en die verslag wat aan die Britse regering voorgelê is, oor wat voorlê. Ons moet nie emosioneel reageer op berigte deur die media opgedis word nie.

piet ·

Daar is kommer oor die nuwe Delta-variant. Hulle ernstige gevalle (hospitaliserings en sterftegevalle) het drasties afgeneem na mense ingeent is. Dis ‘n feit soos ‘n koei. Moenie emosioneel raak oor een berig nie. So pas op BBC – Hulle besluit more of die inperkings heeltemal opgehef gaan word op 19 Julie. Daar word verwag dat maskers dra nie meer verpligtend gaan wees nie maar steeds aanbeveel gaan word.

Chef ·

Ja dis waar, die besluit word more geneem, Of hulle die wetenskaplikes se mening na waarde gaan ag, moet nog gesien word.

Chef ·

Net iets interresants, daar is al 40000 variante van die Coronavirus op die internasionale databasis van die CDC en ander organisasies, wereldwyd gedokumenteer.

Chef ·

Israel is een van die lande waarvan die meeste van die bevolking inge-ent is. Hulle ervaar groot toename in nuwe infeksies en word verplig om selfs maskers binnenshuis te dra. Ongehoorsames vs goedgelowiges?

piet ·

Groot toename gemeet aan wat? Hoe vergelyk hulle syfers met voor die inentings?

Miskruier ·

Dit maak sin maar ek hoop ons jong mense kan n natuurlike immuniteit opbou. My seun was verlede jaar April op n “cruise ship” was siek aan boord en het nog nie weer siekte simpsome gehad nie. Todat hul meer weet oor die inenting is word hul minder geraak deur die virus as die inenting.

Trotse Boervrou ·

Met ander woorde die navorsing het nie bewys dat daar NIE ‘n langtermyn effek gaan wees nie maar ons word ten sterkste aanbeveel om die entstof te neem?

piet ·

Hoe lank wil jy he die navorsing moet aangaan voor jy tevrede is en hoeveel mense dink jy moet intussen doodgaan omdat jy nog jare wil wag vir die uiters skraal moontlikheid van langtermyn-komplikasies? Onthou dat mense al sedert Maart verlede jaar aan die proeftoetse deelgeneem het. So party mense is al amper ‘n jaar en ‘n half terug ingeent sonder probleme.

piet ·

Hoe kan navorsing dit tans bewys? Gaan jy nou vir dekades wag om te kyk of enige langtermyn-komplikasie dalk kan voorkom, intussen gaan mense in hul miljoene dood aan die siekte. Jy kan dieselfde se van enige nuwe medikasie, wag dekades om te kyk wat gebeur? Dis mos nou ‘n belaglik.

Andre ·

Alke proewe moet gedoen word met 50% placebos, dit maak sterftessyfers nog erger!

piet ·

Daar kan ook nie nou bewys word dat jy oor 10 jaar dalk in ‘n motorongeluk kan wees nie. Wat ons wel weet is dat daar mense is wat al langer as ‘n jaar terug die entstof ontvang het tydens die toetsfase.

Trotse Boervrou ·

Piet, jy is 100% korrek. Hier kan ek egter ‘n keuse uitoefen of ek die moontlike risiko rondom die langtermyn effekte, wat tot op hede nie bewys is nie, wil trotseer of nie. Ek het absoluut geen beswaar teen diegene wat hul wel laat inent nie. Elkeen het ‘n keuse. Die gevolge? Wel, ek dra myne en almal wat inent dra hulle s’n. Dalk is ek verkeerd, dalk is hulle verkeerd. Tyd sal wel leer.

Keelvol ·

Piet, ek het jou kommentaar gelees en verskil van jou. Die “entstof “ beteken niks. Jy kan nog steeds COVID-19 op doen. Jy kan nog steeds mense aan steek. Jy moet nog steeds n masker dra. Die “entstof “ is n oë verblindere.

Trotse Boervrou ·

Ek kan dieselfde argument gebruik Piet. Wie sê dat daar nie dalk oor ‘n paar jaar duisende mense gaan sterf van moontlike newe-effekte nie omdat die navorsing op die oomblik tekort skiet wat dit aanbetref. Dalk gaan hospitale weer oorvol wees, ens. Wie weet? Maar ek laat dit nou daar. Ek bid dat jy gesond bly na jy die entstof ontvang het. Om die waarheid te sê ek bid vir almal om gesond te bly, met of sonder die entstof.

Regtigegtig ·

As jy mos nou ingeent is is jy mos nou veilig vir wat bkommer jy dan.

Hendrik ·

Hoe gaan Boervrou se besluit ‘n invloed op ander he? As jy ingeent of nie ingeent kan jy in beide gevalle Covid kry en in beide gevalle kan jy Covid oordra. Die enigste rede vir inenting is dat jou liggaam anti ligaampies produseer voordat jy Covid kry sodat die effek hopenlik nie so erg is nie. In beide gevalle kan jy sterf van Covid. As jy reeds Covid gehad het, soos ek, hoef jy nie in te ent nie want jy het reeds anti ligampies. Ek kan wel weer Covid kry. Soos Covid variante ontwikkel is dit meer aansteeklik maar wel minder gevaarlik , maar as jou Immunstelsel nie sterk is nie kan jy wel sterf. ense wat sieklik is kan wel gehelp word met inenting maar die lang termyn effek met die protien pieke wat die inenting veroorsaak is nog nie uitgeklaar nie.

Rian ·

Wanneer jy “langtermyn” bereik, is jy lankal dood van ouderdom.

Tanniepetoors ·

Bravo SNI! Ek hoop van harte dat anti-vaxers hierdie artikel lees en teen Covid-19 geënt word so gou moontlik.

Fritz ·

Hoekom jouself laat inent as jy uit ondervinding weet covid hou geen ernstige gevolge in vir jou nie? Registreer, ry na die naaste inentingsentrum, staan in n ry, ry weer huis toe. Klink na moeite. Ja ja, ek glo die entstof is veilig.

Keelvol ·

Jy kry nog steeds COVID-19 met die “entstof.” Jy kan nog steeds ander aan steek. Daar is newe effekte soos bloed klonte wat jy kan kry. Dié is nie n teen middel nie, nog minder veilig. Ek het vriende wat dit gevat het en dit get hulle niks gehelp nie…..

piet ·

Goeie voorbeeld gestel hier deur Flip Buys. Dankie daarvoor.

Nie Verbaas ·

Ek stem saam. Gene verskil op almal en langtermyn nagevolge kan nie in so kort tyd akkuraat beslis word nie. Dit bly egter elke persoon se keuse.

Tiptol ·

Goeie kommentaar sonder om iemand af te breek. Bravo Phil.

koos10 ·

Maar net laasweek het Phizer die WHO gevra om ‘n derde “booster shot” goed te keur. Nog nooit gehoor van 3 inspuitings van dieselfde endstof binne 6 maande nie. Ek is oortuig dat al die entstowwe in proef staduims op mense is.

Anel ·

Al my respek vir julle verloor. So as Ivermektien werk, hoekom ingespuit word? Wat het julle gekry om nou hierdie standpunt in te neem? Sê maar eerder niks verder nie.

Boerkind ·

Ek dink die stelling dat die inenting se bestanddele na ‘n paar dae uitgeskei word is uiters onakkuraat… sover ek die wetenskaplike data gelees het, is die proses ook onomkeerbaar. Dit word ook erken dat dit die eerste maal is dat inentings op hierdie skaal so vinnig gemaak is en nie deur al die toetsprosesse van diere tot mense gegaan het nie, maar dat mense die keer die proefkonyne is… Ek wil ook weet watter risiko hou ek vir die wat ingespuit is in?? Hulle behoort mos nou veilig te wees. Verder, watter risiko hou ek vir ander in as ek reeds ernstige Covid gehad het en my eie teenliggame het? Waarom waarsku groot getalle ingeligte medici steeds teen oorhaastige inentings en word hulle stil gemaak? En laastens, waarom moet die wat ingespuit is, steeds maskers dra en afstande hou as die middels werk en blyk dit ook sterk dat die inspuitings moontlik op ‘n gereelde basis kan/mag plaas vind (ek hoor van jaarliks)?? En dit alles vir ‘n siekte met ‘n 97% herstelsyfer??

Boerkind ·

Mediese bewyse is pas gelewer dat die MRNA “Spike Protein” in mense se MURGBEEN opgespoor is… en dit voorspel niks goed nie!

piet ·

Kry ‘n vaksien wat nie mRNA tegnologie gebruik nie (soos J&J) as jy bang is vir nuwer tegnologie.

Keelvol ·

Al vat jy die inspuiting kan jy nog steeds COVID-19 opdoen en mense om jou aansteek. Die middel is doelloos.

piet ·

Die murgbeen in my sop het nogal goed gewerk oor die naweek.

hondbyt ·

My gat se deksel is dat so baie “opgevoede” mense die dokters en wetenskaplikes (wat oordraagbare siektes en inentings navorsing doen vir ‘n lewe) se raad en feite totaal en al verontagsaam, maar hulle glo elke liewe stukkie snert wat ou tante Stienie van Pofadder vir hulle per WhatsApp aanstuur…

OW ·

Jy is heeltemal reg hondbyt.Mense glo eerder facebook whatsApp en Willie Esterhuyse se “twatter”

Keelvol ·

Dis nie n entstof nie. Dit beteken niks. Wetenskaplikes maak geld uit dit.

koos10 ·

hondbyt. ‘n Inenting behoort 100% veilig te wees, 100% beskerming te gee en GEEN lang termyn nagevolge te hê nie. Dit kan nie deur Dokters en Wetenskaplikes gewaarborg word nie. As jy enige iets koop verlang jy mos ‘n waarborg, hoekom sal jy dan anders optree met jou gesondheid. Ek volg wel die raad van die slim ouens, maar dis nie die raad wat jy wil volg nie.

Jaco ·

Eers was die entstof “die merk van die dier”, nou is dit goed genoeg. Het “die dier” intussen tot bekering gekom en ‘n Christen geword?

piet ·

Ek wil hierdie week nog probeer vir die shot by een van die instap-punte. Hoe gouer hoe beter.

Trotse Boervrou ·

Ons is almal baie bly vir jou. Elke liewe mens is geregtig op sy eie opinie. Niemand het gesê wat jy wil doen is verkeerd nie. Ek wil hê die mediese wetenskap moet my keuse bepaal. Tot dusvêr kon hulle nie. Ek is bereid om te wag totdat hul hul navorsing afgehandel het. Hier is so pas weer bevestig dat hul navorsing NIE afgehandel is nie. Om die waarheid te sê die mediese wêreld is in rep en roer. Een is vir dit, een is teen dit. Dit behoort alles te sê.

piet ·

Hoe lank wil jy wag tot die navorsing afgehandel is, 10 jaar, 50 jaar?

Trotse Boervrou ·

Ek is nie ‘n proefkonyn nie Piet. Ja, 10 jaar se navorsing sal voldoende wees soos wat met alle entstowwe voorheen die geval was. Oor my dooie liggaam sal ek ooit ‘n proefkonyn wees. Ek val jou nie aan om die entstof te ontvang of nie. Dit is jou goeie reg en jou keuse. Moenie mense aanval wat ook hul keuse, net soos jy, uitoefen nie. Dit is ook my goeie reg om vrae te vra, bewyse te vra ens. Indien die navorsing halfpad gedoen is, is enige iets moontlik. Dit behoort nie te moeilik te wees om te verstaan nie. Indien jy gemaklik voel daaroor moet jy dit baie beslis doen.

piet ·

Jy sal ook nie tevrede wees na 10 jaar nie want navorsing hou nooit op nie. So intussen moet mense maar doodgaan?

Trotse Boervrou ·

Jy kon my man gewees het so goed ken jy my. Ai tog, ek laat dit daar.

piet ·

Nee ek kry myne. Ons hou maar joune op die rak vir eers……..

Nici ·

Dis baie onverantwoordelik om te verklaar dat die jab veilig is. Daar is geen langtermyn data vir newe effekte nie en die tegnologie is nuut, was voorheen as ‘n taboe beskou om te gebruik. Net tyd en oordentlike rekords van newe effekte sal in die volgende paar jaar duidelik maak hoe veilig. Dit neem gewoonlik sowat tien jaar om nuwe entstof op die bevolking vry te laat en in die geval was dit minder as ‘n jaar. Hierdie meds is nog net goedgekeur vir ‘‘emergency’ gebruik en net omdat daar verklaar is dat daar geen ander behandeling beskikbaar is nie, wat onwaar was nog al die tyd.

piet ·

Hierdie tegnologie word al vir jare nagevors en getoets vir ondermeeer griep en hondsdolheid. Die tegnologie word ook reeds toegepas om die immuniteitstelsel van kanker-pasiente te versterk. Ons kan nie vir10 jaar wag vir iets wat dalk (hoogs onwaarskynlik) kan gebeur nie. Ons het ‘n krisis NOU. So terloops – nie al die Covid vaksienes gebruik die nuwer mRNA tegnologie nie so jy kan een vat wat die “tradisionele” tegnologie gebruik wat al donkiejare gebruik word vir inentings. J&J en astrazeneca gebruik byvoorbeeld tradisionele tegnologie.

Rian ·

Wel dit is nou n ’emergency’, as jy dit dalk nie opgemerk het nie.

Charles ·

Alles goed en wel, maar ek verstaan nog steeds nie hoekom jy ń vrywaring moet teken as dit dan so veilig is nie.

Erik ·

Dan is daar seker baie dinge in die lewe wat nie vir jou sin maak nie. Sterkte!

Charles ·

Miskien kan jy vir ons meer vertel op die nodigheid van die vrywaring vir die “veilige entstof”

piet ·

Want sommige mense kan kanse vat, byvoorbeeld die wat medies ongeskik is om enige medikasie te neem sonder ‘n dokter se voorafgekree toestemming.

Rian ·

Ek het geen vorm onderteken nie. Dit was ook nie van my verwag nie.

Rian ·

Die afduimpies by my verkaring beteken een van die volgende: ôf jy is kwaad dat jy n vorm moes onderteken, en ek nie; ôf jy is kwaad want ek is reg en jy is verkeerd.

piet ·

Die afduimpies vat nie die vax nie, so hulle het in elk geval geen vorms ingevul nie. Hulle is dus net kwaad omdat jy wat reeds self deur die proses is, reg en hulle verkeerd is.

Lourens ·

Ek het op facebook ook gesê (en ek was behoorlik sleg gesê) dat ek positief getoets was. Tydens isolasie het ek asemnood ontwikkel en moes hospitaal toe. 22 Dae later ontslaan en sterk tans tuis aan. Die dokter het my aanbeveel om na 3 maande te gaan vir inenting om my immuniteit verder te verhoog. Ek is deur hel in daardie hospitaal, ek gun niemand om dit deur te maak nie. Ek sal enigiets doen om nie weer siek te word nie. Ek gaan die inenting vat sodra ek 100% herstel het. Slag my nou maar af maar dit is my mening.

Trotse Boervrou ·

Loutjie, niemand moet jou slag nie. Dit is jou keuse en jou reg. Sterkte, dankbaar jy is gespaar. Hoop jy herstel ten volle.

KB ·

Die inenting gaan nie jou imuniteit verhoog nie, gaan lees meer (dalk het jy jou dokter verkeerd verstaan)…jy kort Vitamiene D3, Vitamiene G, Vitamiene C en Zinc vir ‘n sterker imuunstelsel.

Miranda ·

My vraag is waar kry hulle die studie informasie, ek het vaksiene al in Maart ontvang, maar niemand het al gevra of ek siek geword het of simptome ervaar het nie. Hoe betroubaar is die informasie?
Ek sê glad nie dat mense nie die vaksiene moet kry nie, maar ek dink wel dat mense onder n valse illusie is. As hulle dit onvang, dink baie mense hulle kan nou nie siek word nie. En sodoende word regulasies nie meer gevolg nie. Gin wonder ons 3rde golf se getalle is so wild nie.

Moyo ·

Wil ek ook weet. Het met albei inentings siek geword – soos met plat in die bed vir 3 dae. Amper gevoel soos covid weer ‘n keer maar gelukkig net vir 3 dae en nie 3 maande nie
.

Marianna ·

Ongelukkig stel Solidariteit hier baie teleur. Hierdie skrywe is maar net ‘n copy van wat al die vaxxers jou vertel. Hierie ding is nie goed nagevors nie. Die entstowwe is nie getoets nie en baie mense oor die hele wêreld ly vandag as gevolg van die entstof. Die langtermyn newe-effekte ken niemand nog nie.

Regtigegtig ·

En ons donasie aan Solidariteit stop ons ontmiddelik. Want duidelik kry jul genoeg donasies vd bose een af.

Rian ·

Onthou net die wiel is al baie lank gelede uitgevind. Beweeg aaan in die lewe.

Regtigegtig ·

My beste vriendin se suster het inenting geneem sit met geweldige hoofpyn en het bloeding in haar derms, dokter se dus maar net bietjie newe effekte en sy moet maar rus, vooraf was sy honderpresent gesond, maar vat die kans dus mos net n klein persentasie wat newe effekte kry en ook doodgaan daarvan en niemand weet wat die langtermyn effekte sal wees nie, maar miskien is jy die gelukkig een wat al die newe effekte vry spring of dalk is jy een van die 0.2 persent wat dit nie vryspring nie, ag wat dus nie te erg nie.

piet ·

Kan nie te ernstig wees as die dokter se sy moet maar net bietjie gaan rus nie.

Paul ·

These vaccines are untested and unsafe! It will only be through trials in 2023! There is a lot of information available on telegram on world doctors alliance and loads of channels with information on vaccines side effects! NWO in full swing! Mainstream media not telling all and censored important information! You can not trust the media full stop!

Termiet ·

Flip Buys doen nou presies wat F. W. De Klerk gedoen het………

Debbie ·

Hulle hou aan se jy moet registreer sodat jy in gespuit kan word, nou javek het al 2 keer geregistreer maar kry nie my sms om te se watter dag nie. Daar is mense wat al 2 maande wag vir daai sms. Nou wat nou?

piet ·

Ek het bevestiging gekry dat ek geregistreer is maar steeds geen kode of dag vir inenting nie. Ek gaan na ‘n instap-punt toe die week.

Thom ·

Gaan net ___ was dieslfde met ons en is gespuit met geen probleme binne 5 minute .

Jaco ·

Dalk tel jou “verkeerde” ras teen jou. Onthou net, wit mense is maar 8% van die bevolking”. As wit mense nie ingeënt word nie, bly 92% van die bevolking oor. Steeds ver meer as die 80% wat nodig is vir kudde-immuniteit.

Thom ·

Ek kan darem 12 geslagte bewys as lelie-wit en het geen probleme gehad nie . Kan jy dieselfde sê ?

Anoniem ·

Al weer Jaco wat alles oor ras wil maak. Eerste inenting gehad gaan die week vir tweede

piet ·

Jy’t vergeet om te noem dat net die wit eienaars inkomste verloor as gevolg van wit toeriste wat nou nie so dikwels wit kaapse strande besoek nie. Wat het gebeur?

Moyo ·

Het covid 7 maande terug gehad. Was baie siek en 7 dae op suurstof in hospitaal. Ek kon nie wag om die entstof te kry nie want nooit wil ek weer so siek wees nie. Was vir 3 dae baie siek met koors, koue, spier en gewrig pyn na 1ste entstof. Presies dieselfde newe effete na my 2de entstof en ook verlaagde suurstof inname en matige naarheid. Indien daar ‘n 3rde entstof is sal ek seker vir die ook gaan. Hoekom party persone siek word van die entstof en ander nie, verstaan ek glad nie.

Strandloper ·

Moyo so bek kort jam! Jy is deur baie en is steeds posetief. Wens meer het jou uitkyk

Hendrik Marthinus ·

Weereens lees ek dat Baie vir en Baie teen die vaccine is.
En dit is soos ek nog altyd se die individu se reg, al probleem wat ek het is dat elke persoon of die vaccine goed praat en die Ander weer dit afkraak.
Ek voel net Los dit vir die geleerdes, as ek en jy nie n dokter is nie, Los die kommentaar want ons is nie Kenners nie.
My grootste probleem is die volgende: Moenie baklei en die President afkraak as hy dan geen keuse het as om die Lockdown vir solank as moontlik so hoog te as moontlik nie.
Dus Sy werk om Hospitale vir my en jou oop te hou as ons siek raak, en nie siek raak van drank nie.
Solank ons teen die medisie baklei wat geleer is is dit onself wat Lockdown levels hoog gaan hou.
Oorsese lande bewys dat inentings noodsaaklik is om terug te keer na normaal.

Maans ·

Ek dink dis werklik hartseer dat julle oningeligte mense probeer oorreed met foto’s van inentings en rebrieke skryf met geen wetenskaplike meriete nie. Ongelukkig op die stadium is daar netsoveel teendeel as voordeel bewys, nie op hoorsê nie, maar wetenskaplik… Hierdie is n baie ernstige keuse wat elke individu vir homself moet maak.

Ek is persoonlik nie teen vax nie, ek is wel teen n vax wat geen FDA goedkeuring het nie, en ook geen kliniese toeste van 10jaar of meer het nie en ek is wel teen propeganda om mense te probeer ooreed om keuses te maak agv julle eie opinies wat geesins gestaaf kan word nie. Selfs ivermectin het meer waarde op die stadium as enige vax teen hierdie pes. Waar daar n rokie is, brand n vuur, en ek dink dis tyd dat daar wetenskap van die nadele, en van die voordele opelink uitgesit word dat die mense wat nie toegang het tot vêrdere navorsing n duidelike prentjie het vir wat hulle hulself inlaat. Hetsy dit is om te vax of nie.

Skaam julle.

Hendrik Marthinus ·

Maans
Een van die min mense se kommentaar wat ek Dink reg is
In kort ek stem, dus elke individual se keuse om te maak.
Stem saam dat ons as mense nie die vaccine afkraak en goed praat nie.
Laat dit vir die individu toe om te besluit.
Enigste werklike probleem wat SA nou tref is die feit dat die virus nie geklop Kan word nie, maw die keuse om Lockdown hoog te hou word uit ons hande geneem en die President het geen keuse om level 4 of 5 toe te pas nie.
Hy kan nie net se gaan aan was jou hande en dra maskers nie, want op die oomblik na amper 2 jaar doen dit niks nie.
Watter ander keuse het ons oor?

KB ·

Goed gesê Maans.
Die gemiddelde lid van die publiek is oningelig, of ‘n impulsiewe naprater/nadoener.
Ek praat met medici, navorsers, pharmaci, ingeligtes…en ook oningeligtes. Sodra jy die napraters konfronteer met ware feite, vererg hulle hulself of verdwyn so tussen neuse en ore…
My raad aan die breë publiek wat baaie te sê het (maar eintlik niks sê nie) is:
“Gebruik jou verstand vir ‘n verandering, dit mag vir jou ‘n openbaring wees!”

Pietertjie ·

It pays to advertise: Dire Straits’ Ticket to Heaven says it all.

Margaret ·

So is daar tans net 2 vaccines in SA beskikbaar? J&J en Pfizer?

Hendrik Marthinus ·

Pfizer wat na 2 inentings 90 % beskerming bied of bietjie Meer dalk
En J&J n enkeldosis wat aan 70% beskerming raak
Ek weet party gaan vra waar Kom ek aan my persentasies maar dus wat ek ook maar raak lees etc
As ek verkeerd is sorry by voorbaat

annie ·

Dis duidelik dat ‘n man moed aan die dag moet lè om jouself te oortuig om by die diepkant in te spring sonder jou opblaas-eentjie. Mnr Mulder jnr, is hy al ingeènt? Stel ‘n voorbeeld soos die heks vir Hansie en Grietjie…

piet ·

Ek dink hulle sal almal hul baas se voorbeeld volg en inent. Nie net dit nie maar hul eie navorsing dui mos nou daarop dat inentings voordelig is.

Strandloper ·

Dankie Solidariteit ek is trots om deel van julle te wees. Daar sal altyd n ou klomp brompote wees wat kla oor alles. Die keuse is eenvoudig, oorlewing of nie.

Marius ·

Kom ons kyk eers wat is die langtermyn veiligheid…. Gemiddelde kliniese toetse duur so 3-5 jaar. Nie eers gepraat van die ontwikkeling daarvan wat ook gewoonlik nie binne 6 maande gebeur…

Ivermectin is al oor baie jare bewys as veilig.

Thom ·

Ivermectin kan wel die virus dood ____ teen 30 x die veilige dosis . Mense wat die goed verniet kry verkoop dit te duurste ; maak jou eie afleidings waarom hulle dit propageer .

Samuel ·

Komies hoe die hoës gebruik word om voorspraak te doen vir inentings. Laat mens wonder.

Andre ·

Solidariteit en Solidarity fund blyk nou dieselfde te wees. Daar vir die geld.

Daleen ·

Enigste persone wat hier die reg het om kommentaar te lewer is die wat al Covid gehad het – en agv DIT die besluit geneem het JA of NEE….. Die res moet stil bly. Dis soos om kommentaar te lewer oor chemoterapie en bestraling as jy nog nooit kanker gehad het nie.

Rian ·

Nee jy is verkeerd. Die mense wat wel die inenting gehad het die reg toegeeien om kommentar te lewer.

Susan ·

Meer mense sal gaan vir die inenting as hulle nie verplig word om na staatshospitale toe te gaan nie. Die vaccine is gratis. Hoekom kan net mense met mediese fondse na apteke toe gaan vir die inenting. Baie mense moes medies kanselleer laer besoldiging en werkloosheid.

piet ·

Sover ek weet kan jy wel na een van die apteke toe gaan al behoort jy nie aan ‘n mediese fonds nie. Jy moet egter reeds geregistreer het en ‘n kode ontvang het. Dis ook nie net staatshospitale wat inent nie, daar is ‘n lys van inentingspunte, google net. Meeste plaaslike klinieke ent ook in.

annie ·

Voor ons enigsins oor die waarde van die entstof praat moet ons eers navors oor hoe en in watter omgewing alle entstowwe toegedien mòèt word, Entstof moet nie later as 30 minute na dit gemeng is, gebruik word nie. Alles deur een persoon. Die naald mag nie tot teen die been gedruk word nie en teen 90% in die spier bo. Uiterste higiéne geld vir elke kandidaat. Inflammasie/bloedklonte volg na foute. Hoeveel toedieners by ons is verpleegsters? En hoeveel keer gaan hande in dieselfde houer vol ou bolle watte wat wind en weer trotseer. Dan praat ons nie van die ‘skoon’ hospitaal-dwyle nie.

Star ·

Sover het alles in SA, in sak en as versleg, so hoe kan enige mens die entstof van SA nie bevraagteken nie, dis mos SA, waar alle goud verander het in….

Jax ·

Net omdat die baas van die plaas dit geneem het, is te sê dat ons nou almal moet inspring en ook inge-ent word nie.
Hierdie entstof is super vinnige vervaardig deur maatskappye wat gedryf word vir die “ons was eerste” asook mags-honger en finansiële beheptheid, lus het!
n Uiters betroubare bron in die mediese wêreld, het my em my familie baie had en baie duidelk.
Steriliseer jou hande gedig, hou jou hande uit jou gesigs, dra jou marker as jy dan uit wil gaam.
Iemand hier hoër op in die antwoorde het dit baie goed gestel – nie ek of my familie is proefkonyne nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.