Covid-19-entstof: SA glo wéér agter met betaling van deposito

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het glo wéér die sperdatum vir die betaling van ’n deposito om entstowwe deur middel van die Covax-entstofprogram te bekom, misgeloop.

Covax is ’n inisiatief van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) om die Covid-19-entstof regverdig aan alle lande te verkoop en daarheen te versprei. Die sperdatum vir die betaling van die tweede deposito was Dinsdag.

Tandi Nzimande, uitvoerende hoof van die regering se Solidarity Fund, sê Suid-Afrika se tweede deposito sal oor die volgende paar dae betaal word.

Die Solidarity Fund het hom verlede week daartoe verbind om R327 miljoen aan die regering te skenk sodat Suid-Afrika se plek in die Covax-program verseker kan word. Dié skenking is geoormerk om 15% van die algehele koste te dek om entstowwe vir 10% van die bevolking te bekom.

Dit is boonop steeds nie duidelik hoe Suid-Afrika die res van die geld bymekaar gaan skraap om entstowwe vir landsburgers te bekom nie.

Geordin Hill-Lewis, die DA se woordvoerder oor finansies, sê die versekering van entstowwe behoort in dié stadium die regering se grootste prioriteit te wees.

Hill-Lewis wys daarop dat die DA vroeër vandeesweek vir Tito Mboweni in die parlement gepols het nadat die regering die eerste deposito op 9 Oktober misgeloop het. Dié deposito het ongeveer R500 miljoen beloop.

Mboweni het glo kwaad geword en daarop aangedring dat die opposisieparty nie oor die korrekte feite beskik nie, die regering nié die aanvanklike sperdatum misgeloop het nie, en dat die party lede van die publiek mislei.

“Dit is minder as twee weke later en dit blyk dat die teenoorgestelde waar is,” sê Hill Lewis nou. “Dit lyk nou of dit die minister was wat die parlement en die land mislei het.”

Die DA doen dus ’n beroep op die regering om meer bekend te maak oor wanneer hy die tweede deposito gaan betaal en wanneer die regering waarborg sal kan gee dat die uitstaande bedrag ook vereffen gaan word.

Die regering sal na raming eindelik altesaam R2,2 miljard moet betaal om genoeg entstowwe vir 10% van die bevolking te verseker.

Suid-Afrika het teen Donderdagaand altesaam 892 813 bevestigde Covid-19-gevalle gehad. Die land se dodetal staan op 24 011.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Phillip ·

Nee Nee hulle het die geld maar seeker vir eie gewin gebruik maak my worde vandag dis al wat hulle kan doen is (geld in hulle eie sak tesit is mos kersfees kids moet mooi geskenke kry

Johann ·

Hulle gaan die geldjies in cash aflaai met n nuwe SAL FLIEGTUIG! Een wat met PrePaid Esjom elektrisiteit werk. Sien die kaders is so gewoond aan om te lieg en weg te kom met dit hulle dink die HELE wereld operate so.

Persheks Adri ·

Los die entstof en hou verby! Julle het klaar die koffers leeg geplunder en sal nie op hou nie. 10% van bevolking is gelukkig vir our people pffft. Ek soek dit nie dankie!

Dup ·

Waarom moet miljarde betaal word vir ñ noodsaaklike en lewensreddende entstof?

Fedup ·

It is neither necessary nor life saving. This vaccine is if no moment. Your body’s immune system is strong enough to cope.

Francois Le Cochon ·

So ook al die wereldwye sperdatums gemis vir digitale televisie. SA moes al digitale TV gehad het in 2010.

Hoekom ·

“You have to follow our regulations, to keep everyone safe. To ensure we keep the numbers low!!”. Betaal nie deposito vir entstof nie…………

Nic ·

kry al die geld terug van die skelms in anc wat so korrup was dit beloop miljarde rand en geen een is nog n oranje oorpak geskenk nie

Fedup ·

Dear circus.
Don’t pay for that vaccine. Some stupid country will probably take pity on you.
Then again, pay for it and use it on your people.
Use all your assets, savings, lavish homes and cars.
That should do it.

Ietsanders ·

Wonder maar net…………sal ons nie uiteindelik, ten duurste en by ‘n vreemde maatskappy, suikerwater koop en daarmee ingeent word, en die yslike bedrag maar weer in iemand se sak beland nie?? Sal ‘n mens die ware entstof dalk by jou dokter of apteker kan bekom, ek wonder?

Saartjievandiebosveld ·

Die wat die die enting wil hê…goed vir hulle. Ek gaan verseker nie in die ry staan daarvoor nie…

Corne123 ·

Die geld is heel moondlik uitbetaal net nie aan regte plekke nie

Kokerboom ·

Alles waaraan die regerende regime raak is ‘n absolute gemors maar hul gaan voort ongeag!!!. My hare rys byvoorbaat as hul praat van beplande kapitaalprojekte

Anel ·

Daardie geld kan baie beter aangewend word. Dit kan vir mense werk gee of kos gee. So kan mense hul imuniteite op bou. Veral nou dat dit somer is hier by ons. Gesonde en gevoede mense word nie sommer siek nie. Hoekom geld mors op onnodighede? Dis geld in ander land se sak. Geld wat ons nie het nie. En daar is te min dood om dit te regverdig. Mense gaan meer dood aan ander redes. Wend die geld ter voirkiming daarvan aan eerder. Mens hoor in elke geval nie van ander suidelikhalfronde lande wat so mal gaan soos ons nie. Afsondering is meestal in die noorde, waar dit nou WINTER is!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.