‘Covid-19-entstofvoorwaardes gee regering alleenreg’ – Solidariteit

(Foto: Dr. Zweli Mkhize/Twitter)

Solidariteit gaan die hof nader nadat hy verneem het dat die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) se registrasie van Johnson & Johnson se Covid-19-entstof voorwaardes bevat wat bepaal dat slegs die regering die entstof mag aankoop. Dié beweging wil in die hof hierdie voorwaardes irrasioneel laat verklaar.

“Hierdie is ʼn siniese poging deur die regering om die alleen-aankoper van entstof te wees. Nadat aanvanklike pogings in die howe gestuit is, probeer die regering nou om deur die agterdeur steeds sy onregmatige posisie as alleen-aankoper te handhaaf,” sê Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).

Mulder sê wie die entstof aankoop of verkoop het niks te doen met die doeltreffendheid of gehalte daarvan nie en Sahpra stel irrasionale voorwaardes vir registrasie van die entstof wat weinig met medisyne en baie met politiek te doen het.

“Suid-Afrika is reeds myle agter met ons entstofprogram – ons is agter lande soos Zimbabwe, Venezuela en Angola wat die aantal entstofdosisse toegedien per capita van die bevolking betref. Ons het nodig om so gou as moontlik die ganse bevolking in te ent – hoe iemand sy entstof aanskaf, is irrelevant vir doeleindes van groepimmuniteit.

“Om nou nog die program verder te verlangsaam deur met onredelike regulasies die privaatsektor van die aankoopproses uit te sluit, is ondenkbaar en beteken doodeenvoudig meer mense gaan sterf.”

Hy meen wat die voorwaarde nog meer steurend maak, is dat die regering aangekondig het dat daar nou genoeg entstowwe vir die hele Suid-Afrikaanse bevolking bevestig is. Hierdie voorwaarde het dus niks daarmee te doen om seker te maak daar is genoegsame voorraad nie. “Dit is eenvoudig sinies bedoel om seker te maak die regering kan alleen besluit wie watter entstof kry. Hulle wil van die Suid-Afrikaanse publiek entstof-bedelaars maak.”

Maroela Media het vroeër berig die regering het intussen besluit om die inenting van gesondheidswerkers met die Johnson & Johnson-entstof tydelik te staak. Dit nadat enkele gevalle in die VSA aangemeld is van mense wat bloedklonte ontwikkel het nadat hulle met dié entstof ingeënt is.

Die regering vertrou dat hierdie kwessie vinnig opgelos sal word en glo daarom nie dat dit ʼn groot invloed op die voortsetting van sy entstofplan sal hê nie. ʼn Bykomende miljoen dosisse van die Johnson & Johnson-entstof word teen einde volgende week in Suid-Afrika verwag, betyds vir die regering om die tweede been van sy inentingsplan mee af te skop.

Die regering het verlede week boonop ʼn kontrak met die entstofvervaardiger Pfizer onderteken om 20 miljoen dosisse entstof teen Covid-19 te verkry. Die betaling sal binne die volgende paar dae geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Fedup ·

Let me share a tit bit today.
J&J vaccines is as dicey as any other vaccine.
Let the circus buy it and vaccinate their people.
What angers me lately is the fact that the hard working citizens of the “country” have to pay for each and every court case.
Find other ways to get even with the circus.
We as taxpayers are done with all your games.

Hoekom ·

J&J entstof veroorsaak bloedklonte.
Pfizer is deur Israeli wetenskaplikes ondoeltreffend verklaar vir die nuwe variante.
China se wetenskaplikes sê hulle entstowwe werk nie.

Dus is daar geen entstof nie en die entstowwe wat ten duurste aangekoop word kan maar gesien word as net nog ‘n mediese geld maak foefie…

Dirk Mostert ·

Die winste is maar ‘n newe-effek van “the great reset”.

Mariana ·

Soos altyd speel die regering woer-woer met menselewens. Als deel van sy magsvergrype. Belangriker dat mense ingeent word, maak nie saak deur wie nie. Dit is onverstaanbaar hoe die mense dink. Dis omdat hulle nie genoeg omgee nie…..een hulle our people is die wat meeste daaronder ly. Nee dit is onverstaanbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.