Covid-19: ‘Ergste is verby’ – Mkhize

Zweli Mkhize (Foto: Twitter)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Sondag gesê die ergste van die Covid-19-krisis is verby.

“Ons is oor die kruin. Die Wes-Kaap het al meer as twee maande gelede sy plato bereik. KwaZulu-Natal se gevalle begin ook afneem, ” sê Mkhize.

Hy sê alhoewel die ergste verby is, moet die Covid-19-regulasie steeds streng nagekom word en voorsorgmaatreëls van krag bly om die verspreiding van die virus te bekamp.

Suid-Afrika het sedert Saterdag 2 728 nuwe gevalle van Covid-19 aangeteken, wat die algehele getal gevalle teen Maandag op 609 773 te staan bring. ʼn Totaal van 13 059 mense het weens die virus omgekom en 506 470 het reeds herstel.

Mkhize sê op hierdie stadium is daar nie ʼn tekort aan beskermingstoerusting (PPE) nie, maar die land ervaar wel ʼn uitdaging wat betref die administrasie van die toerusting. Dit volg veral na die Gautengse PPE-kontrakskandaal, waar tenders vir veral Covid-19-toerusting aan mense met ANC-bande of hul onmiddellike familie en vriende toegeken is.

“Die verslae oor korrupsie is verwoestend. Mense misbruik hul magsposisie om voordeel te trek uit die regering se hulpbronne. Ons veroordeel hierdie korrupte gedrag ten sterkste en sal saam met ons wetstoepassers werk om alle korrupsie met wortel en tak uit te roei,” sê Mkhize.

Tedros Adhanom Ghebreyesus, die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), het Vrydag tydens ʼn mediakonferensie in Genève, Switserland, gesê indien gesondheidswerkers in Suid-Afrika sterf weens die PPR-korrupsie in die regering, sal dit gelykstaande aan moord wees.

“Gesondheidswerkers wat sonder beskermingstoerusting werk, se lewens word in gevaar gestel. Hulle plaas ook die pasiënte met wie hulle werk se lewens in gevaar. Daarom is die PPE-korrupsie onaanvaarbaar,” sê Ghebreyesus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Misky ·

Covid se ergste dalk verby, maar dink nie die ANC se korrupsie nie en die kaders wil nog skep

Persheks Adri ·

So is dit nou oor of nie? Regtig julle maak naar verby. Die korrupsie word erger en niemand doen niks omtrent dit nie net leë woorde.

Kom kom ons wag vir die oranje uitrustings!

JohanR ·

Ergste is verby. Praat jy nou van Covid-19 Mkhize, of van die ANC? Die ergste was al middel Julie verby, maar julle agenda was nog nie verby. Waaneer word ‘n onafhanklike lewenstyloudit op President Nkosazana Dlamini-Zuma gedoen? Jy weet een van daai waar ANC skelms nir aangestel word om ANC skelms te ondersoek nie!

Chris dupreez ·

Die anc praat net oor korupsie stop, hulle sal dit nooit doen nie. Hulle kan nie bekostig dat al die koruptus in die anc tronk toe gaan nie ,daar is nie genoeg tronke nie

Elsie ·

Winter het nog nie eers begin nie toe word ons in lockdown gesit.

Jaco ·

‘n Baie sterk sekondêre doel met inperking is om wit besighede te laat swaarkry en bankrot speel en om wit werkers werkloos te maak. Ek suig dít nie uit my duim nie. Ramaphosa het self gesê inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se “beheer” oor die ekonomie moet stop. Maar nou wonder ek net, waarom is kerke dan nog steeds vir alle praktiese doeleindes toe? Kerke, selfs suiwer wit kerke, het tog niks met die ekonomie te doen nie.

Joe Olivier ·

” saamwerk om alle korrupsie met wortel en tak uit te roei” Beteken dit dan nou dat die anc ontbind gaan word?

Jan ·

Die gesaghebbende Pandata.org dui aan dat die inperkingsmaatreëls reeds dertigmaal meer skadelik as die virus is. Dit kom dus reeds, naas die korrupsie, op massamoord neer. Die aftakeling van immuniteit deur onnodig angs en paniek te saai maak die media aandadig.

Okmardom ·

Wil nie sê dis verby nie want al die geld wat vir hul voters bedoel ws is nog nie gecash nie…gee nog bietjie kans.

Dries ·

Nee wat, WGO is duidelik oningelig, die OB het dit dan duidelik gestel dat apartheid baie erger was as enige sterftes agv Covid tender korrupsie.

Scalla ·

Daar is n ander agenda agter die covid inperking, groot griep epidemie was baie erger, die regering gebruik dit as verskoning on hul onbevoegdheid te verbloem en gebruik dit vir alles as verskoning, aan die ander kant is dit ook n goeie ding sodat daar gesien kan word deur die buiteland wat beleggings ens, aanbetref, dat hul nie in staat is om te bestuur nie.

Niklaas ·

Wel, minister, ek hoop jys reg. Maar ek is nie heeltemal so optimisties nie. Ons sal wag en sien wat gebeur.

Jack ·

Dit gaan makliker wees om die covid virus te bestry en ook teen n kleiner ongevalle syfer as wat dit gaan wees om die korrupsie virus te bestry. Die verskil is net dat almal weet wie die laasgenoemde virus versprei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.