Covid-19: Finansiële hulp aan toerismebedryf … met voorwaardes

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme. (Foto: Dept of Tourism/Twitter)

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, het Dinsdag ʼn aantal ingrypings in die toerismebedryf aangekondig, wat die verspreiding van Covid-19 moet verhoed en ondernemings moet bystaan.

Dit kom nadat pres. Cyril Ramaphosa Maandag ʼn algehele landwye afsondering (lockdown) aangekondig het wat geldig is vanaf Donderdagaand. Restaurante moet ook in dié tyd gesluit bly.

Dié ingrypings sluit in dat besighede in die toerismebedryf finansieel bygestaan sal word weens die skade wat hulle ly as gevolg van ʼn afname in toeriste. Hiervoor het die regering R200 miljoen opsy gesit. Volgens ʼn verklaring op die departement se webtuiste sal die geld egter as volg verdeel word:

  • Ten minste 70% van begunstigdes sal besighede wees wat deur swart mense besit word
  • Ten minste 50% van begunstigdes sal besighede wees wat deur vroue besit word
  • Ten minste 30% van begunstigdes sal besighede wees wat deur jongmense besit word
  • Ten minste 4% van begunstigdes sal besighede wees wat deur persone met gestremdhede besit word

Maroela Media het vroeër berig dat AfriForum regstappe oorweeg indien rasvereistes vir finansiële hulp aan sakeondernemings nie geskrap word nie. Solidariteit het intussen óók ʼn regsbrief hieroor aan die regering gestuur.

Die Kaapstad Internasionale Lughawe. (Foto: Elaine Krige)

Verdere maatreëls binne die toerismebedryf wat die verspreiding van die virus moet bekamp, sluit in dat alle buitelandse toeriste onmiddellik onder kwarantyn geplaas moet word. Toeriste wat die land binne die volgende drie weke verlaat, moet hulself ook aan toetse by die lughawe onderwerp. “Hierdie mense moet dus ten minste ʼn uur vroeër as gewoonlik by die lughawe aanmeld om te verhoed dat hulle hul vlug mis,” lui die verklaring.

Internasionale vlugte na Lanseria-lughawe word ook tydelik opgeskort en enige toeriste vanaf hoërisikolande wat van nou af in Suid-Afrika land, sal nie in die land toegelaat word nie.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willem

Hierdie begunstiges word nou ń politieke speelbal terwyl mense gaan doodgaan van honger en die virus

Johan Venter

Sies! Ek verstom my nie eens meer vir die rasisme in die land asof dit die natuurlikste ding in die wêreld is nie, en dit uiter hulle skaamteloos. Gevoelloos, soos mens skape tel.

Johan Venter

Genadiglik is die poorte na die hiernamaals goud, Petrus sit nie daar met ‘n skandeerder om te sien wat die kleur van jou vel op aarde was nie, maar hy skandeer hoe jy jou lewe gely het.

Maar dit is Petrus.

Wit Leeu

Ek hoop regtig dat enige blanke wat dalk oorweeg het om geld te skenk sien waarvoor die gelde ook aangewend gaan word…..belaglik….dalk is dit nou n goeie idee om jou belasting te weerhou laat die virus sy gang-gaan……

SG

Sal nooit equal wees nie.
Moet altyd kleur ingebring word, die witmense moet maar vir hulself veg.