‘Covid-19 gaan einde van ANC beteken’ – SAIRV

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: @KhuselaS/Twitter

“Die ANC gaan een van die slagoffers van die Covid-19-pandemie wees.”

Dr. Frans Cronjé, ’n scenariobeplanner en die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV), het Woensdag dié voorspelling gedurende ’n virtuele gesprek oor die ANC se politieke toekoms gemaak.

Cronjé verduidelik dat die SAIRV reeds voor die pandemie voorspel het dat ’n eksterne globale skok ’n politieke verandering in Suid-Afrika teweeg sou bring – dié lank verwagte skok blyk nou die nuwe koronavirus te wees.

“Ek glo daar kan met inagneming van die pandemie gesê word dat die ANC klaar verloor het. Hoewel die ANC se nederlaag vertraag kan word, is dit onvermydelik,” meen Cronjé.

Cronjé voorspel dat die regerende party so vroeg soos die verkiesing in 2024 of 2029 onttroon gaan word. Dit is egter nie duidelik wie dan aan bewind sal wees nie hoewel koalisies ’n moontlikheid is, verduidelik hy.

frans-cronje-irr

Dr. Frans Cronje van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge. Foto: Instituut van Rasseverhoudinge/Youtube.com

Volgens Cronjé het die ANC aanvanklik goed gevaar in die dekade nadat hy in 1994 aan bewind gekom het. Teen 2004 het die ANC se steun met 6% gegroei en werksgeleenthede het byna verdubbel. Al meer Suid-Afrikaners het in dié stadium maatskaplike toelae ontvang en dienslewering in die land was beter as wat aanvanklik verwag is.

Volgens die SAIRV het die wiele egter in 2007 begin afval. Teen 2012 het werksgeleenthede gestagneer en die land se skuldvlakke het verdubbel. ’n Toename in gewelddadige protesoptrede teen die regering is ook in dié tyd opgemerk.

Cronjé meen dat die ANC net aan bewind kan bly indien hy die sukses van daardie eerste dekade van sy bewind in Suid-Afrika kan herhaal. Veranderinge aan die regering se bestuurstrukture sal egter daarvoor aangebring moet word en die ANC sal moet hervorm, verduidelik hy.

Volgens Cronjé is die ANC egter nie daartoe in staat om te hervorm nie. “Waarom is daar geen hervorming nie? Omdat die hervormers nie in beheer is nie. Die hervormers binne die ANC het die minderheidsinvloed,” verduidelik hy.

Op die vraag of Cronjé pres. Cyril Ramaphosa as ’n hervormer beskou, antwoord hy dat Ramaphosa in baie opsigte anders as oudpres. Jacob Zuma is, aangesien hy ’n span kenners het wat die menings van Suid-Afrikaners beïnvloed. “Hulle skep ’n gevoel van hervorming.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

JohanR ·

Asseblief tog kan dit nie al voor einde December 2020 gebeur nie? Sal dit nou nie ‘n lekker 2020 Xmas wees nie en ‘n wonderlike 2021 nuwe jaar! Hopelik by December 31ste 2020 sal ons kan drink, soe dan kan ons suip, en die ANC vaarwel roep soos hulle in die maanlig in verdwyn.

capie ·

Die eff het baie bek en die kiesres wat anc geglo het gaan dan vir hulle stem

quartus ·

Ons kan net bid en bid dat dit spoedig sal gebeur..en vir iemand wat nie meer drink nie,,sal ek beslis n uitsondering maak.ons hou duimpies

Henk ·

Ag, as dit net nie die EFF of ‘n soortgelyke groepering is wat hulle vervang nie, mag ek, Heer, asb leef om dit te aanskou en te vier.

Oujongvrou ·

Ek is bevrees dit sal iets soortgelyks as EFF wees. Wie ookal die beste goed belowe. En EFF belowe almal n lappie grond. Kan net wen met daai een.

Werner ·

Die arme ou Dr glo nog politiek gaan die land regruk daar wag n verassing vir hom een van die dae sit ons in n komunustiese bedeling

Willem ·

Dit kan op vlak 3 gebeur dan is daar darnk om dit te vier. Gaan n groot dag wees

Jaco ·

herskryf die grondwet. verklaar wit mense formeel tot 2de klas burgers. vat ook sommer ons stemreg vir die nasionale parlement weg. sit ook in die grondwet uiteen waar ons mag werk en tot op watter vlak ons bevordermag word. begin ook sommer met onteiening sonder vergoeding in 8 van die 9 provinsies. hierdie reelings kan as ‘n interim geld, terwyl wit mense skuif wes-kaap toe, waar hulle n mate van selfregering kan kry. iets soos n tuisland. iets soos hong kong en macao in China. buitelandse belegging in die tuisland en meer belasting daar as in die res van SA, behoort die sentrale regering in Pretoria teverede te hou dat die “wit gif”nou finaal eenkant toe geskuif is, maar dat daar darem nog ‘n goeie staatsinkomste is. eks nie asurd of dronk terwyl ek die voorstelle maak nie. almal moet net leer om buite die boks, buite die comfort zone, te dink. as my plan geimplimenteer word, dan weet almal in SA mos nou hoe alles werk en presies waar ons teenoor mekaar staan.

Fedup ·

I really hope you are right. That day all of us will be ecstatic.

Dunsie ·

Dit sal nie gebeur nie. Ek het eendag vir een van ons werkers by die werk gevra hoekom stem hulle nog vir die anc as hulle self so oor hulle kla, toe sê sy hulle is bang die wittes kom weer aan bewind.

Janc ·

Die vraag is dus, sal Suid Afrikaners geduldig kan wees vir nog ‘n 4 of 9 jaar tydperk? Ons geduld is op. Hierdie Covid19 situasie waarin ons is, het hulle net dood eenvoudig geopenbaar vir wie en wat hulle regtig is, waarvoor ek natuurlik dankbaar is.

capie ·

Die anc is klaar besig met ‘n stilweg staatsgreep en geen verdere verkiesings, so what

Leeuwyfie ·

Nee dit gaan nie gebeur nie, al hoop ons hoe baie. Hul grootste vrees is dat wit weer aan bewind gaan wees en hul grootste trekpleister is die toelaes.

Sarel ·

Die volgende pos moet dringend geadverteer word:
Beskrywing: Staatsman met Guts om positiewe verandering aan te bring.

Sarel ·

Vraag is : Wie gaan oorvat. Ek dink daar moet ‘n Internationale werwingsveldtig begin vir ‘n pos in SA.
1 x Staatsman met Guts en Integriteit. ( Gedn Ka didate uit SA nie asb)

Ano ·

Die ANC sal nie stil, stil gaan nie. ‘n Mugabe tipe magsoorname is veel eerder die soort scenario wsarheen ons oppad is.

Vir die wat dink dat ons Grondwet sterk genoeg sal wees om dit te verhoed, moet wakker skrik en kyk hoe maklik het hulle nou alreeds, sonder veel opposisie, onder die dekmantel van die Covid pandemie, mense se regte vertrap.

Elsabé ·

Dit hang af wie oorneem? China of EFF? Dit sal ‘n heugelike dag wees as dit nie een van die 2 is nie en ANC met skaamte kan terugkyk na wat hul aangevang het, voorwaar!

marius ·

Dink die man daar sal ooit weer ‘n vry en regverdige demokratiese verkiesing in die land wees ? Wie gaan oor tien jaar uit sak en as verrys ? Zanu Pf regeer nog steeds deur mag uit die loop van ‘n geweer . Hier gaan presies dieselfde gebeur .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.