Covid-19: Gautengse hospitale nié gereed vir verwagte piek

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Felipe Dana, AP)

Daar word verwag dat Gauteng ’n tekort aan duisende hospitaalbeddens en verpleegsters in sy provinsiale hospitale se waakeenhede gaan hê wanneer die nuwe koronavirus sy verwagte piek bereik.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, het Dinsdag gesê die Gautengse LUR van gesondheid, Bandile Masuku, het dié onthulling in antwoord op ’n vraag tydens ’n virtuele sitting van die Gautengse wetgewer gemaak.

Daar word beraam dat Gauteng ’n tekort van 6 878 hospitaalbeddens en 1 788 verpleegsters gaan ervaar wanneer die nuwe koronavirus sy verwagte piek teen einde Augustus of begin September bereik. Die provinsie se staatshospitale gaan na verwagting ook ʼn tekort aan gewone hospitaalbeddens hê.

Volgens Masuku is hierdie syfers gegrond op die voorspelling dat ongeveer 8 000 beddens vir ernstige siek pasiënte benodig sal word tydens die piekperiode.

Daar word boonop verwag dat die provinsie so gou as volgende maand al ’n tekort aan hospitaalbeddens in sy waakeenhede gaan hê. Bloom voeg by dat daar in Julie na verwagting 2 609 beddens in die waakeenheid van hospitale in Gauteng benodig gaan word. Daar is tans net 1 122 beskikbaar.

Volgens Bloom is die situasie wat gewone hospitaalbeddens betref, selfs meer sorgwekkend.

“Masuku het aangedui dat daar tydens die piekperiode na verwagting 25 000 gewone beddens benodig gaan word. Daar is egter slegs 6 803 gewone hospitaalbeddens beskikbaar. Dit beteken dat die provinsie ’n tekort van sowat 18 000 gewone hospitaalbeddens gaan hê,” het Bloom daarop gewys.

Volgens Bloom het die LUR onderneem dat die provinsie inderhaas hospitaalbeddens bekom met 700 ekstra beddens wat teen die einde vandeesmaand in die waakeenhede van hospitale beskikbaar sal wees.

Masuku het verseker dat daar tans altesaam 1 925 hospitaalbeddens vir Covid-19-pasiënte beskikbaar is. Dié beddens is in die Chris Hani Baragwanath-, Steve Biko-, Charlotte Maxeke Johannesburg- en George Mukhari-hospitaal in Gauteng.

Volgens Masuku word die kontrakte van ekstra verpleegsters nou inderhaas gefinaliseer om so gou moontlik iets aan dié tekort te doen. Verpleegsters van die Suid-Afrikaanse Weermag sal ook tydens die piekperiode ingespan word, het die LUR gesê.

“Die geprojekteerde tekort aan hospitaalbeddens en personeel is kommerwekkend. Dit is van kritieke belang dat ʼn reëling met private hospitale so gou as moontlik getref word en dat meer veldhospitaalbeddens beskikbaar gestel word,” het Bloom benadruk.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ferdie ·

Hmmmm

Dog dis hoekom die ons in lockdown in gegaan het dat al die voorbereiding gedoen kon geword.

No surprise here!!!

Willem ·

En in die begin sou hul hospitale binne 21 reggekry het. Is nou al in die 80 dae en hul nogsteeds nie reg. Sal miljoen jaar vat en nog nie reg wees nie

JohanR ·

Rerig Gauteng ANC…..nadat Cyril en Zweli Mkhize die Wes-Kaap da gekap het, is julle nie gereed nie. Miskien moes Cyril en Zweli Mkhize julle gekap het!

Johann ·

HUH? So Ceril en Doffel, Babbrl en Beki sluit SA toe om te prep vir die ergste en dan…..TADA!!!!!! ANC ONBEHOPE SITUASIE!!! Maar wag naar….apartheid en KOLONiliasisimiese blanke monopily gaan weer die skuld kry.

Melanie ·

Wat van al die hospitaal beddens wat uitgegooi is en op n hoop gelos is vir gemors?

Boortor ·

Maar hulle is mos reg! Of nee, hulle het reggemaak die laaste amper 90 dae. Maar hulle kort nog 90 jaar om reg te kom . Eish! Ek gavorstaan nie. Hulle ook nie! PFFFT!!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Julle is so effe laat om nou te probeer regmaak. Julle moes maar olie in julle se lampies gegooi het en nie gaan staan en probeer om nou te koop nie.

Jakes ·

Die syfers wat daagliks vrygestel word is totaal misleidend, veral in Gauteng want daar is duisende toetsuitslae wat nog agterstallig is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.