Covid-19: ‘Geen rede tot kommer’ oor Ramaphosa se gesondheid

Pres. Cyril Ramaphosa het die naweek met politieke leiers vergader oor Suid-Afrika se reaksie op die uitbreking van Covid-19. (Foto: GCIS)

Die presidensie het eerw. Kenneth Meshoe, leier van die ACDP, se aankondiging verwelkom dat hy vir die nuwe koronavirus getoets is.

Meshoe het vroeër aan ʼn geloofsbyeenkoms in die Vrystaat deelgeneem en vyf van die internasionale besoekers wat die geleentheid bygewoon het, het intussen positief vir Covid-19 getoets.

Meshoe het nog nie sy toetsuitslae ontvang nie.

“Eerw. Meshoe was deel van die groep van politieke leiers in die parlement wat pres. [Cyril] Ramaphosa Dinsdag ontmoet het. Eerw. Meshoe het sedertdien bekend gemaak dat hy voor dít en ook voor die afkondiging gedoen is wat byeenkomste van meer as 100 mense verbied, deelgeneem het aan die byeenkoms,” het die presidensie Sondagaand in ʼn verklaring gesê.

Die ACDP-leier het sedertdien nog geen simptome van die virus getoon nie.

Daar was honderde mense by die byeenkoms voorverlede week.

“Die presidensie verwelkom eerw. Meshoe se voldoening aan die toetsprotokol en wens hom alles van die beste toe terwyl hy op sy uitslae wag.”

Luidens die presidensie is daar tans geen rede om te vermoed dat Ramaphosa se gesondheid in gedrang is nie. Ramaphosa bly intussen so streng moontlik by die voorgekrewe bepalings om die verspreiding van Covid-19 te beperk terwyl hy steeds sy pligte nakom.

“In dié stadium is daar geen rede tot kommer oor die president se gesondheid óf ʼn rede vir hom om getoets te word nie. Sover die president weet het geen mens met wie hy onlangs kontak gehad het – onder wie ook eerw. Meshoe – positief vir die virus getoets of simptome daarvan getoon nie.”

Ramaphosa het Covid-19 vroeër tot nasionale ramp verklaar en onder meer byeenkomste van meer as 100 mense verbied. Na verwagting sal verdere streng maatreëls vandeesweek volg.

Teen Sondag het die Wêreldgesondheidsorganisasie 12 784 sterftes en 292 142 besmettings wêreldwyd bevestig.

Suid-Afrika het teen Sondagaand 274 bevestigde gevalle van Covid-19 gehad. Geen sterftes is tot dusver aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Renier ·

Dankie vir die inligting, maar ek was op geen tydstip bekommerd oor sy gesondheid nie.

Werner ·

Moenie bekommer nie dit is glad nie een van my bekommernisse nie

Flip ·

Hoekom vat dit so lank om hierdie uitslae te kry? Dit lyk vir my drie dae of het ek die kat aan die stert beet?

charmaine ·

Onthou dit is SA hierdie, nie Europa nie. Dit is ingewikkeld!

Anoniem ·

Die laboratoriums word oorval met pasiente wat getoets moet word vir hierdie virus. Ek weet van iemand wat ‘n week moes wag om te hoor wat die uitslag van die toets was. Genadiglik was die uitslag negatief

LIEZL ·

Hoekom sal ons nou oor hom bekommerd wees , ons het ons eie familie en geliefdes om aan te dink en bekommerd te wees

Arno ·

Was iemand werklik onder die indruk dat iemand enigsins omgee oor cyril se gesindheid?

charmaine ·

Hulle gaan mos KUBA toe is hulle iets makeer, ek het my eie familie en myself om bekommerd te wees hy het ander wat oor hom kan worry.

cek1 ·

Hoekom word daar geen inligting van Noordwes van Covid 19 virus bekend gemaak nie. Ek laat my nie vertel dat daar geen positiewe gevalle is nie. Ons hoor by Pukke en iemand se seun in positief getoets.

Krewel ·

Daar heers ‘n globale krisis. Gsan liewer op jul knieê as om snedige kommentaar te lewer oor ons president.

Annatjie ·

Dit is net ‘n verskoning omdat hulle nie by hulle woord kan hou oor wanneer hy gaan die volk toespreek nie.
Losers!

Sean ·

Wat???????? Hierdie is suid afrika en nie amerika nie Ons worry nie

Erik ·

Sjoe, met sulke kommentaar verstaan ek heeltemal dat daar nie na ons gekyk word nie… Ek sou ook nie na sulke ongevoelige mens wou omsien nie. Ek was ook nie bekommerd oor CR se gesondheid nie, want daar was geen rede volgens my tot kommer nie, maar die onsensitiewe kommentaar wys my wie ons ou volkie regtig is en die haat wat baie mense in hul harte rondra en ek skaam my. ‘n Mens kan nie so verbitterd deur die lewe gaan nie! Ek hoop nie julle maak of julle Christene is nie, want meeste van hierdie kommentaar is glad nie Christelik nie.

Annatjie ·

Hou op om altyd die Christen gedeelte te beklemtoon, ons is mense met gevoelens en ons mag dit uitdruk. Dit het niks met sensitief of onsensitief te doen nie.

Erik ·

Jy weet jy hoef nie altyd op te tree soos wat jy ‘voel’ nie? Ek bring die Christen wees dikwels in, want skeinheiligheid ontstel my erg. Ten spyte van dit, stem ek saam , dit was dalk onnodig en irrelevant.

marius ·

Nie bekommer oor hom of een van sy gesante nie . Wel bekommerd oor die feit dat daar geen hulp bestaan vir gewone mense by klinieke of hospitale nie . Dis die waarheid .

Snowball ·

Tans het ons elke mens nodig om bekommerd te wees oor elke ander mens se welstand, want dit gaan uiteindelik oor almal se oorlewing, nie net oor ons eie families nie; pandemies tref ons almal sonder uitsondering en as SA moet deurgaan wat Italië nou reeds deurgaan, gaan mense besef hoe belangrik dit is om veral verantwoordelik en begripvol te wees tov almal om jou. Een se lot betaal almal se lot. Gee eerder hoop en begrip vir mekaar, ons gaan ‘n moeilike tyd tegemoet.

Johan Venter ·

Jackson Mthembu, minister in die presidensie sê Pres. Cyril Ramaphosa is gesond en toon geen simptome van Covid-19 nie en gaan homself daarom nie nou laat toets nie.

Dis nou ‘n mooi voorbeeld wat almal kan volg, solank enigeen gesond voel is dit onnodig om jou te laat toets.

Tabs ·

Ek is beslis nie bekommerd oor Cyril se gesindheid nie, Arno maar wel oor meeste van die wat kommentaar lewer

Michael ·

Ek is meer bekommerd oor President Trump se gesondheid ,hoekom sal ek bekommerd wees oor Ramaposa ek is nie deel van sy “our people” nie.

Anel ·

Net so Michael. Stem 100% met jou saam.
Ek wonder nou net hoekom is die leier van die eff so stil? Het al baie gewonder of hy nie die groot oog siekte het nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.