Covid-19-geval by Koeberg aangemeld

Die Koeberg-kernkragsentrale. (Argieffoto)

ʼn Werknemer van die Koeberg-kernkragstasie buite Melkbosstrand noord van Kaapstad het positief getoets vir die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak. Dit is nie die eerste werknemer van Eskom wat die virus opdoen nie.

Eskom het Woensdag in ʼn verklaring gesê die Koeberg-werknemer het onlangs olik begin voel en ʼn dokter gaan sien waarna sy toetsuitslae positief vir Covid-19 teruggekom het. Die werknemer het dadelik sy bestuurder in kennis gestel en is sedertdien in isolasie geplaas.

Dit is nie in dié stadium duidelik hoe die werknemer die virus opgedoen het nie, het Eskom gesê.

Luidens die verklaring is persone wat moontlik in kontak met die werknemer was dadelik nagegaan en in isolasie geplaas. Altesaam sewe mense is vir Covid-19 getoets nadat hulle as kontakte van die werknemer geïdentifiseer is, van wie ses reeds hul toetsuitslae ontvang het. Dié ses het negatief vir Covid-19 getoets.

Die omgewing waar die werknemer in die kernkragstasie werk is intussen ontsmet en die nodige protokol is ingestel om werknemers se veiligheid te verseker.

Luidens die verklaring ontsmet Eskom gereeld al sy werkomgewings. Werknemers word ook verplig om hul hande te onsmet, maskers te dra en hul temperatuur te laat neem wanneer hulle inklok.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MrMagic ·

Not even if Eskom employs 1000’s more they won’t be able to stop load-shedding in the next couple of years. Load-shedding will start again soon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.