‘Covid-19-gevalle daal, maar alkoholverbod staan’

(Argieffoto: Michele Spatari/AFP)

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Drankhandelsname (Salba) sê die regering moet oop kaarte speel oor die volgehoue verbod op drankverkope, terwyl Covid-19-infeksies die afgelope twee weke reeds daal.

Pres. Cyril Ramaphosa het die verkoop van drank op 28 Desember vir ʼn derde keer ingevolge die afsonderingsregulasies opgeskort en die besluit toegeskryf aan ʼn skerp toename in Covid-19-infeksies.

Die verbod is op 11 Januarie verleng. Die president het toe gesê dit word gedoen om die maksimum kapasiteit in die gesondheidsektor te beskerm om ʼn styging in virusgevalle te kan hanteer.

Salba sê daar was intussen geen besonderhede oor die aantal gevalle teenoor hospitale se kapasiteit nie.

“Die regering het die huidige alkoholverbod geregverdig, gegrond op die geskatte styging in Covid-19-gevalle. Met die huidige afwaartse neiging in die getal nuwe gevalle en ʼn herstelkoers van 87,6%, moet die regering verduidelik hoekom die alkoholverbod met geen einde in sig nie voortduur,” sê Sibani Mngadi, voorsitter van Salba.

Hy het die regering gevra om deursigtig te wees en lede van die publiek en die drankbedryf in te lig oor waarom die voortgesette verbod geregverdig is.

“Geen staatsdepartement neem aanspreeklikheid om aan verbruikers en die bedryf te verduidelik waarop die voortgesette verbod berus, of wat die grondslag of tydsraamwerk vir ʼn hersiening van die verbod is nie.

“Die regering se gebrek aan deursigtigheid en aanspreeklikheid dwing groot maatskappye in die bedryf om koste verder te besnoei, wat selfs meer werksverliese beteken,” sê Mngadi.

Salba sê Heineken het sy werkers reeds met 7% verminder, terwyl Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) 550 werkers se kontrakte opgeskort het. Distell het 220 kontrakwerkers se poste besnoei.

Die bedryf het ook gevra vir ʼn uitstel van aksynsbelasting – hoewel die regering nog nie op die versoek gereageer het nie.

Die betaling van aksynsbelasting op alkohol aan die regering het volgens Salba met meer as 28% –  van R47 miljard in 2019-’20 tot R34 miljard in 2020-’21 – gedaal.

“Die verlies van R13 miljard in alkoholbelastinginkomste kon maklik vergoed het vir die beleggings wat nodig is vir die aankoop van entstof en ander maatreëls om die uitwerking van Covid-19 op ons samelewing teen te werk,” sê Mngadi.

Hy sê die enigste begunstigdes van die huidige verbod is onwettige dranksmokkelaars wat klante buitensporig hoë pryse vra en die bedryf en regering van broodnodige verkope en belastinginkomste beroof.

SAB het reeds die hof genader om die grondwetlikheid van die besluit om drankverkope op te skort, te betwis. Die maatskappy het vroeër gesê die regstappe is die laaste uitweg om sy werkers, verskaffers, kliënte, verbruikers en al die werksgeleenthede wat hy onderhou, te beskerm.

Hy voer aan die skade aan die ekonomie en die uitwerking wat die verbod op die alkoholwaardeketting het, is buite verhouding en onregmatig.

ʼn Internasionale studie het boonop bevind die onbedoelde gevolge van ʼn verbod op drankverkope – veral die groot styging in onwettige drankproduksie en -verspreiding – weeg veel meer as die doeltreffendheid van só ʼn verbod.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Persheks Adri ·

Asof die regering nou gaan stress oor die werkloosheid van mense gggmmmfff hulle sal vinnig huil vir die belasting geld dink ek! Kopdoek gaan steeds nee sê vir die mense wat drink. Gelukkig drink ek nie dankie tog, maar ek kyk na die groter prentjie…

Renee ·

Iewers is iemand besig om baie geld te maak uit onwettigge drankhandel soos kopdoek met haar rook verbod

Die Wolf ·

Moenie verbaas wees dat dit dalk onse eie regering is nie. Soos wat hulle miljoene rondstrooi wonder ek waar hulle dit kry. Miskien het hulle boompies wat dit dra wat baie geheim gehou word.

H ·

ek wonder maar net wie de hel hulle die reg gee om vir my te se wat ek mag en nie mag doen nie … Dit is tyd dat die mense ophou slapgat wees en vir die regering n pit gooi en aangaan met besigheid. ek is bereid om elke liewe drank winkel te onderstean en ek dink daar is miljoene mense wat dieselfde se. HOU OP om covid te gebruik as n verskoning , kom oor jul self. magtag man , julle kos mense hul werk en vernietig families agv dit !!!!!

MakersMark ·

CV 19 breek families, maak broodwinners dood. Dis nie ‘n verskoning nie dis realiteit. Word wakker en hou op om vals informasie van agter jou sleutelbord te versprei.

Sonneblomkind ·

Ja iemand maak baie geld met onwettige verkooe…ons kan net raai. Ek stel voor die Arme mense wat hul werk verloor oor die verbod moet by die regering aanklop vir geld, kos en verblyf…dis bekaglik. Nooit gedink dat ek oo 50 soos n 13 jarige gaan hanteer word nie

Retha ·

Ongelukkig sal blankes nie van die regering geld kry nie, want hul sê mos die witmense se besighede moet bankrot gaan dat our people die besighede kan kry

Pappa Beer ·

Dit is n blatante magsvertoning deur die korrupte en oningeligte regering om landsburgers te probeer wys dat hulle baas is en niemand sal hulle stuit nie. Ek was al die jare onder die indruk dat n demokrasie op mense se stemme werk en dat die regering volgens dit hul besluite moet maak, “a government by the people, for the people”. Maar in SA is demokrasie mos n ander woord vir monargie, waar die koning en sy “raadgewers” maak en doen wat hulle wil en aan niemand hoef te antwoord nie. Menseregte en konstitusie? Wat jy waar kry? Pateties.

MakersMark ·

Dis nie ‘n demokrasie nie dis ‘n noodtoestand. Die regering is 100% reg. Sa’ners kan nie verantwoordelik drink nie. Los die drank vat kraanwater dis goed vir die immuunsisteem daar is ‘n dodelike virus in die omgaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.