Covid-19-gevalle daal verder

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 5 309 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 10,7% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 2 854 234 te staan.

Nog 143 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld en dit bring die dodetal op 84 751 te staan.

Minstens 17 037 271 toetse is reeds gedoen.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 184 hospitaal-opnames. Daar is tans 10 629 Covid-19-pasiënte in 664 staat- en privaat hospitale.

Altesaam 2 663 607 persone (93,3%) het reeds herstel.

Altesaam 14 670 161 dosisse entstof is reeds toegedien.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap846282446
Vrystaat467155940
Gauteng433911537
KwaZulu-Natal1340500320
Limpopo116121245
Mpumalanga303148533
Noordwes253146986
Noord-Kaap43186355
Wes-Kaap1120500872
Totaal53092854234

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap1429225737810776282446
Vrystaat649813241917023155940
Gauteng190518879724514911537
KwaZulu-Natal1400144010846211500320
Limpopo38911155101844121245
Mpumalanga19201441092504148533
Noordwes39721369256089146986
Noord-Kaap205777796650286355
Wes-Kaap1906947139010413500872
Totaal8475126636071058762854234

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anel

Maar tog voorspel hulle dat die 4de golf ons oor Kersfees gaan tref. So hoe kan mens ooit die spul glo.

JAN

Klomp TWAK. Politieke speletjies net voor die verkiesing. Net na die verkiesing gaan ons weer ingeperk word. Kyk maar…. die sogenaamde vierde golf kom.