Covid-19: Gevalle in Gauteng, Wes-Kaap styg

Gesondheidsorgwerkers doen voorbereiding om mense te toets by Khayelitsha, Kaapstad (2 April 2020) (Foto: AP Photo/Nardus Engelbrecht)

Meer as 1 000 gevalle van die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak, is nou in Gauteng aangemeld met ses pasiënte wat intussen in die Wes-Kaap weens die virus gesterf het.

Die Gautengse departement van gesondheid het Saterdagoggend in ’n verklaring gesê 1 018 mense in Gauteng het teen Vrydag positief getoets vir Covid-19. Dit dui op ‘n toename van 49 bevestigde gevalle teenoor die vorige dag.

Luidens die verklaring het 540 pasiënte in Gauteng reeds herstel. Die provinsie se dodetal staan steeds op ses.

Die Wes-Kaapse regering het intussen op sy webwerf aangedui dat 743 bevestigde gevalle nou in dié provinsie aangemeld is. Die getal het oor die afgelope 24 uur met 41 toegeneem.

Die provinsie se sterftes het in dié tydperk skerp toegeneem. Luidens die provinsiale regering se inligting het 13 pasiënte in die Wes-Kaap teen vanoggend weens Covid-19 gesterf vergeleke met sewe pasiënte wat teen Vrydag weens die virus omgekom het.

Argieffoto (Foto: Ian Landsberg/ANA)

Altesaam 205 pasiënte in die Wes-Kaap het reeds herstel. Daar is tans 33 Covid-19-pasiënte in Wes-Kaapse hospitale opgeneem van wie 16 in die waakeenheid van ’n hospitaal behandel word.

Luidens die inligting is nog ses gevalle in Khayelitsha aangemeld. Altesaam 31 mense in dié informele nedersetting het nou positief getoets vir Covid-19.

Mitchells Plain het tans 22 bevestigde gevalle vergeleke met 20 die vorige dag.

Stellenbosch het steeds 14 gevalle van Covid-19, terwyl 17 gevalle in Mosselbaai aangemeld is.

Die verspreiding van Covid-19 in die twee onderskeie provinsies lyk so:

GautengGetal gevalle
Johannesburg599
Ekurhuleni196
Tshwane110
Sedibeng10
Wes-Rand35
Onbekend68
Totaal1 018

 

Wes-KaapGetal gevalle
Stad Kaapstad617
Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit38
Sentrale Karoo-distriksmunisipaliteit0
Tuinroete-distriksmunisipaliteit55
Overberg-distriksmunisipaliteit11
Weskus-distriksmunisipaliteit7
Onbekend15
Totaal743

 

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Fedup ·

And still the others ain’t taking this seriously. So be it then. If you don’t listen, more wil die. That’s a fact.

Jaco ·

Die 2 provinsies met die meeste wit mense persentasiegewys en getallegewys, het die meeste Covid-19 gevalle…
Hier kom ‘n ding…

Snowball ·

Meeste ekonomiese aktiwiteit = meeste werk = digter populasie =meer reisigers = internasionale lughawens = groter kans vir verspreiding van virus.
Virusse het nie oë nie, hulle kies nie aspris witmense nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.