Covid-19-gevalle in Noordwes neem ‘drasties’ af

Madoda Sambatha, LUR vir gesondheid in Noordwes. (Foto: Twitter)

Die getal nuwe Covid-19-gevalle wat daagliks in Noordwes aangemeld word, het die afgelope maand drasties afgeneem. Só het die Noordwes- departement van gesondheid Dinsdag in ʼn verklaring aangedui.

“Altesaam 117 nuwe gevalle is die afgelope 24 uur in die provinsie aangemeld. Dit is ʼn drastiese afname van die 823 nuwe gevalle wat 30 dae gelede aangeteken is. Die getal herstelgevalle het ook toegeneem tot 12 245, wat 56% van die algehele 21 933 gevalle verteenwoordig,” lui die verklaring. Herstelde pasiënte sluit in verskeie senior raadslede en LUR’e in die provinsie.

Die Dr Ruth Segomotsi Mompati-distriksmunisipaliteit (Vryburg en Schweizer-Reneke) toon wel steeds ʼn toename in die aantal nuwe gevalle wat daagliks hier aangemeld word.

Madoda Sambatha, LUR vir gesondheid in Noordwes, het gesê dat die provinsie se kapasiteit vir toetsing in Klerksdorp en Rustenburg ook verhoog is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Plaaskind ·

Ek het dit ook heel eerste opgemerk nog voordat ek die opskrif gelees het, HA-HA. Sirkus.

Jacobus ·

Die siver “bullet” van WGO. Hou op toets. NOU – laat sak die masker!

Sobymykoolkop ·

En ons almal het gedink dis net zuma wat nie kan tel nie

'n Simpelman ·

As ons nie toets, wys niemand positief.

Hahaha dink hulle ons onosel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.