Covid-19-gevalle in Noordwes neem ‘drasties’ af

Madoda Sambatha, LUR vir gesondheid in Noordwes. (Foto: Twitter)

Die getal nuwe Covid-19-gevalle wat daagliks in Noordwes aangemeld word, het die afgelope maand drasties afgeneem. Só het die Noordwes- departement van gesondheid Dinsdag in ʼn verklaring aangedui.

“Altesaam 117 nuwe gevalle is die afgelope 24 uur in die provinsie aangemeld. Dit is ʼn drastiese afname van die 823 nuwe gevalle wat 30 dae gelede aangeteken is. Die getal herstelgevalle het ook toegeneem tot 12 245, wat 56% van die algehele 21 933 gevalle verteenwoordig,” lui die verklaring. Herstelde pasiënte sluit in verskeie senior raadslede en LUR’e in die provinsie.

Die Dr Ruth Segomotsi Mompati-distriksmunisipaliteit (Vryburg en Schweizer-Reneke) toon wel steeds ʼn toename in die aantal nuwe gevalle wat daagliks hier aangemeld word.

Madoda Sambatha, LU

Madoda Sambatha, LUR vir gesondheid in Noordwes. (Foto: Twitter)

R vir gesondheid in Noordwes, het gesê dat die provinsie se kapasiteit vir toetsing in Klerksdorp en Rustenburg ook verhoog is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anel ·

Orals neem dit nou af. So hoekom word die inperkings nie lig nie? Orals maak besighede toe en al hoe meer mense verloor hulle werk. Soos MM berig maak tot Leridalodge toe. Hulle het baie keer die oorsese Super rugbyspanne ontvang. So vir hoe lank wil die regering nog aanhou met hierdie magspeletjie? Regeringsamptenare sit by die huis met volle betaling en gewone mense verloor hulle werk. Corona kan regtig nie meer die skuld vir alles kry nie!!

Vlooitjie ·

En die LUR vir gesondheid gebruik sy masker so voorbeeldig en reg. Mooi voorbeeld ou! Wt ‘klug!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.