Covid-19-gevalle in tronke styg skerp   

Argieffoto

Die departement van korrektiewe dienste het bekend gemaak dat die getal Covid-19-gevalle onder gevangenes en beamptes tot 571 gestyg het.

Volgens Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, het 178 beamptes en 393 gevangenes reeds positief vir Covid-19 getoets, met ʼn totaal van 99 mense wat reeds van die virus herstel het.

“Op 5 Mei is ʼn totaal van 477 gevangenes in Oos-Londen getoets. Die eerste uitslae is op 11 Mei ontvang en 103 gevalle is bevestig. ʼn Totaal van 277 toetse was nog uitstaande en is intussen ontvang met 178 van dié toetse wat positief is.” ʼn Totaal van 281 van die 477 gevangenes het dus positief vir Covid-19 getoets.

Nxumalo het gesê oorsigbesoeke aan korrektiewe sentrums toon dat daar aan die standaard bedryfsprosedures rakende Covid-19 voldoen word.

“Die departement is egter deur die mediese adviespaneel aangeraai om verder te gaan as die voorgeskrewe siftingsprosedures. Die departement het dus begin met gevorderde sifting en minstens 1 087 monsters is reeds teen 16 Mei van gevangenes versamel.”

Infeksievoorkomingsbeheer word toegepas aangesien dit ʼn kritieke rol speel om die verspreiding van infeksies in korrektiewe sentrums te bekamp, het Nxumalo gesê. Nuwe gevangenes word vir minstens 14 dae van ander gevangenes geskei.

In die Oos-Kaap het 359 gevangenes en 55 beamptes reeds positief vir Covid-19 getoets en is twee sterftes aangemeld. Volgens Nxumalo het 65 van hulle reeds van die virus herstel. In die Wes-Kaap het 25 gevangenes en 109 beamptes al positief getoets en is twee sterftes aangemeld. Altesaam 31 van hulle het reeds van die virus herstel.

In Limpopo het twee beamptes reeds positief vir Covid-19 getoets en het een personeellid van die virus herstel. In Gauteng het sewe beamptes en nege gevangenes positief getoets en een persoon het reeds herstel.

In die Noord-Kaap het twee beamptes positief vir Covid-19 getoets. In die Vrystaat en KwaZulu-Natal het daar onderskeidelik een beampte in elke provinsie positief getoets. Daar is ook een beampte wat positief getoets het by die departement se hoofkantoor.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Burgermeester ·

Noudat die getal Covid-19 getalle in tronke skerp styg, nou gaan Ramaphosa en sy onbevoegde bende seker die aantal gevangenes wat vrygelaat word ook laat styg?

katerinadiekat ·

Ja dit was my eerste gedagte ook. Twintig jaar gelede moes hulle al begin het om nog tronke te bou, maar nou ja..Such an exotic, bizarre, outlandish concept as just JOLLY WELL SIMPLY BUILDING MORE PRISONS, obviously never occurred to them. Or it did, but they decided they rather wanted to pocket the funds available for such projects.

Burgermeester ·

Die huidige regering het geen vermoë om vooruit te beplan nie. Dit het ons gesien met SAL, ESKOM, SAPK, ens.

Lorette ·

Kimberley se “nuwe” gevangenis was een van die bestes in die land. Ek weet waarvan ek praat! Gaan kyk hoe is dit verniel deur die gevangenis! Lyk my mens moet deesdae net ‘n baie groot versterkte vierkant bou, dit in kleiner selle verdeel en kos aflewer 3x per dag en dis dit. Klink ek gevoelloos? Ek is nie, kom al jare saam met Korrektiewe Dienste. As mens sommige bewaarders nie eers kan vertrou nie, hoe kan jy die gevangenis vertrou. Daar sou nog sulke gevangenisse gebou word, maar almal weet waar die geld heen is.

AeO ·

En ons moet vra hoeveel mense gaan sterf van “Hi-Jack” en ander Rooftog en Geweld per jaar met hierdie vry lating ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.