Covid-19: Gevalle neem toe; 1ste geval in Oos-Kaap

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Die Oos-Kaap het sy eerste geval van die nuwe koronavirus (Covid-19) aangemeld, terwyl die getal bevestigde gevalle in Suid-Afrika tot 240 gestyg het.

Volgens die departement van gesondheid is ʼn 28-jarige vrou van die Oos-Kaap die eerste persoon in dié provinsie om positief te toets vir Covid-19. Sy het onlangs na Duitsland gereis.

Vrydag het die getal bevestigde gevalle op 202 gestaan. Afgesien van die geval in die Oos-Kaap is altesaam 16 nuwe gevalle in Gauteng aangemeld, drie in KwaZulu-Natal en 18 in die Wes-Kaap.

Van die jongste gevalle in Gauteng sluit in ʼn sesjarige dogtertjie, ʼn 72-jarige vrou wat na België en Nederland gereis het en ʼn 67-jarige man wat na Frankryk en Ethiopië gereis het.

In KwaZulu-Natal is ʼn 59-jarige vrou, ʼn 68-jarige man en ʼn 26-jarige vrou die drie jongste gevalle in die provinsie.

Al die jongste gevalle in die Wes-Kaap is persone 26 jaar oud en ouer.

Hieronder volg statistiek van die getal bevestigde gevalle volgens provinsie, ouderdom en geslag:

ProvinsieNuwe gevalleTotale: bevestigde gevalle
Oos-Kaap11
Vrystaat07
Gauteng16125
KwaZulu-Natal327
Limpopo01
Mpumalanga05
Wes-Kaap1874
Groottotaal: 38240

 

OuderdomsgroepGetal gevalle
1 tot 10 jaar9
11 – 20 jaar6
21 – 30 jaar42
31 – 40 jaar63
41 – 50 jaar33
51 – 60 jaar57
61 – 70 jaar18
71 – 80 jaar10
81 – 90 jaar1
Ouderdom onbekend1
Groottotaal: 240

 

GeslagGetal gevalle
Vroulik92
Manlik148
Groottotaal: 240

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

MakersMark ·

Kan nog steeds nie verstaan hoekom alle mense wat die laaste 3 weke oorsee gereis het nie onmiddelik moet aanmeld vir gedwonge kwarantyn vir 14 dae en verder toetse nie. 95% van gevalle in SA mense wat oorsee gereis het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.