Suid-Afrika het teen Sondagaand altesaam 3 762 911 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 3 222 nuwe gevalle is aangemeld. Die jongste positiwiteitskoers is 16,7%.
Nog vyf sterftes is aangeteken, waarvan twee die afgelope 24 tot 48 uur bevestig is. Dit bring die algehele sterftesyfer op 100 303 te staan.
ʼn Totaal van 19 325 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 11 474 (59,4%) in die private sektor en 7 851 (40,6%) in die openbare sektor.
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (54%), gevolg deur KwaZulu-Natal (25%), die Wes-Kaap (10%), Mpumalanga (3%), die Oos-Kaap, die Vrystaat en Noordwes (2% elk) en die Noord-Kaap en Limpopo (1% elk).
Nuwe gevalle per provinsie:
Gauteng: 1 727
KwaZulu-Natal: 818
Wes-Kaap: 333
Mpumalanga: 83
Oos-Kaap: 68
Vrystaat: 68
Noordwes: 63
Noord-Kaap: 29
Limpopo: 21
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Hier gaan ons alweer.
Moenie waag om nou griep te kry nie want jy sal positief toets vir COVID.
Dis normaal vir verkoues en griep om die tyd van die jaar toe te neem. Covid is die enigste siekte waarvan die getalle aanmekaar bymekaar getel word deur meerdere jare heen, net om dit erger te laat lyk as wat dit is. Alle ander siektes se statistieke word nog altyd per jaar weergegee.
Hulle moet nou spoedig by ‘n rekordgetal positiewe toetse uitkom voor 5 Mei sodat die ramptoestand heringestel kan word!
Maak jul reg vir ń lockdown