Covid-19-gevalle styg in tronke

Argieffoto Foto: veooz.com

Die departement van korrektiewe dienste het Maandag bevestig 129 gevalle van Covid-19 is tot dusver by korrektiewe sentrums aangemeld.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement het gesê die gevalle in die Wes-Kaap is by Worcester en die Warmbokkeveld aangemeld. Die twee gevalle van gevangenes in Gauteng is by Kgosi Mampuru II aangemeld, albei persone is verhoorafwagtend.

Hy het die provinsiale statistiek soos volg aangedui:

Oos-Kaap:
Beamptes – 35
Gevangenes – 56
Een persoon het herstel

Wes-Kaap:
Beamptes – 31
Gevangenes – 1

Limpopo:
Beamptes – 2
Gevangenes – 0
Een persoon het herstel

Gauteng:
Beamptes – 1
Gevangenes – 2

Hoofkantoor:
Beamptes – 1

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rodger17 ·

Beamptes versprei virus as ek so kyk,want hulle hang heeldag in winkels rond

Vanessa ·

As die gevangenisse dit het gaan dit seker nou soos ‘n veldbrand versprei. Sterkte aan die bewaarders wat daagliks daaraan blootgestel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.