Covid-19: Gevalle styg met 33%

Dr. Zweli Mkhize besoek Vrydag Brandwag Primary School in Bloemfontein.

Die getal bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus staan landswyd nou op 202. Dié syfer het oornag met 52 (33%) gestyg. Van Woensdag tot Donderdag het die getal gevalle met 22% toegeneem. Die virus is dus besig om al vinniger te versprei.

Altesaam 33 nuwe gevalle in Gauteng en 11 nuwe gevalle in die Wes-Kaap is aangemeld. KwaZulu-Natal het nog een geval aangemeld. Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het boonop alle streeks- en internasionale vlugte gestaak weens die uitbreking van die koronavirus in Suid-Afrika.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydag die media in Bloemfontein toegespreek. Volgens Mkhize is sewe gevalle nou ook in dié provinsie aangemeld, twee Suid-Afrikaners en vyf buitelanders.

Een van die Suid-Afrikaners is ’n ouer met kinders in ’n laerskool in die Rosestad. Die minister het bevestig dat dié gesondheidswerker positief vir Covid-19 getoets het. Sy is ʼn ma van twee en werk in verskeie private hospitale in die stad. Haar kinders is onderskeidelik in gr. 1 en gr. 2 in Brandwag Primary School.

Volgens Mkhize toon dié twee kinders ook simptome van die virus. Albei is reeds vir Covid-19 getoets en wag onder kwarantyn op hul uitslae, wat na verwagting Saterdag gereed sal wees. Die minister het ook vanoggend die skool besoek waar leerders en onderwysers vir die virus getoets is.

Die ander Suid-Afrikaner wat in die Vrystaat met die koronavirus besmet is, is ’n man wat onlangs na Italië gereis het.

Dr. Zweli Mkhize groet ‘n leerder Vrydag met die elmboog by Brandwag Primary in Bloemfontein. (Foto: Twitter)

Vyf buitelanders het ook positief getoets nadat hulle uit die buiteland gereis het om ’n kerkbyeenkoms in die Vrystaat by te woon. Twee van dié pasiënte kom van die Amerikaanse deelstaat Texas, twee van Israel en een van Frankryk. Dié pasiënte is tans in kwarantyn in ’n gastehuis. Die personeel van die gastehuis is ook in kwarantyn geplaas.

Tussen 200 en 300 mense het dié kerkbyeenkoms bygewoon. Die departement is nou op soek na dié mense.

Sisi Ntombela, Vrystaatse premier, het op haar beurt gesê die Vrystaat gaan reeds gebuk onder werkloosheid en droogte. Nou ook Covid-19. “Ons mense in die Vrystaat is in gevaar,” sê sy.

Volgens Ntombela is alle groot byeenkomste nou in dié provinsie gekanselleer, insluitend die Macufe-fees, in ’n poging om Covid-19 te bekamp.

“Dit [Covid-19] is hier en inderdaad gaan meer mense geraak word. Ons moet asseblief egter onthou om nie paniekerig te raak nie … Ons moet sterk en verenig wees en nie hoop verloor nie. God sal ons nie verlaat nie. Ons sál oorleef,” het Ntombela gesê.

Mkhize het Suid-Afrikaners daaraan herinner dat 80% van pasiënte wat simptome toon nié eens in ’n hospitaal behandel hoef te word nie. Geen sterftes is nog in Suid-Afrika aangemeld nie en twee pasiënte het reeds herstel en sal binnekort uit ’n hospitaal ontslaan word.

SAL

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het intussen bevestig dat hy al sy internasionale vlugte en streeksvlugte kanselleer. Dit geld vlugte tot die einde van Mei. Dit beteken slegs vlugte tussen Kaapstad en Johannesburg sal vir die volgende paar maande onderneem word.

Volgens SAL is dié besluit geneem weens ’n lae vraag na kaartjies weens die Covid-19-pandemie. Die regering het ook reis na en van bepaalde hoërisikolande verbied.

Die lugdiens sê ook slegs terugkerende Suid-Afrikaanse burgers sal toegelaat word om ʼn vliegtuig in Suid-Afrika te verlaat, tensy dit ʼn mediese noodgeval is.

Slegs buitelanders sal toegelaat word om die land te verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Werner

Het hulle nie dit uitbasuin dat ons nie bekommerd hoef te wees nie en dat hulle alles onder beheer het nie toe hulle al twee maande gelede gewaarsku was nie hulle gaan nou al hoe stiller word

Wilhelm

Wanneer die regering sê: Moenie paniekerig raak nie, dan daal daar ‘n rustigheid oor my neer wat ek nie kan beskryf nie.

Whaaaaaaaaa!!!!!

Prontuit

maar nogsteeds stroom mense die land in

4ntj13

Sies, dr Mkize! Kýk net hoe openlik lieg jy! Al sewe die VS-gevalle wat SA regering vanoggend vrygestel het was MANS! Dan praat jy van ʼn +, vroulike gesondheidsorg werker wie se kinders reeds siek lyk?? Probeer jy stééds na jul 9 dae lange blaps politiek en poets? Skuldig, jammer!: (@miamalan) tweeted at 7:59 pm on Thu, Mar 12, 2020: “[email protected] will be meeting with private + gov labs this weekend to ensure the wrong results are not released again. The issue with the Free State patient was that the test came from a private lab and was announced before… Lees meer »

Lorna

Is die president of health for real of n grap
Wie is hy om voorspellings te maak ………
O ja net soos jammer se
Dis mos hoe anc dit doen en as die popo die fine strike Dan is hul ook gone