Covid-19: Graad R in Centurion toets positief

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

’n Graad R-leerder aan die Laerskool Wierdapark in Centurion het positief getoets vir die nuwe koronavirus.

Louis Dekker, skoolhoof van Laerskool Wierdapark, het die geval Vrydagoggend aan Maroela Media bevestig.

Volgens Dekker gaan dit luidens inligting goed met die leerder sedert hy of sy Donderdag positief getoets het vir die virus. Die ouers van die leerder was nog nie in aanraking met die skool nie.

Die kind was sedert verlede Vrydag ook nie by die skool nie. Die departement van gesondheid het die skool in kennis gestel dat die kans vir oordrag na die skool se leerlinge en personeel dus skraal is, verduidelik Dekker.

Die skool het intussen ’n omsendbrief aan ouers en personeel gestuur waarin die bestuur aandui dat die saak in ’n baie ernstige tog versigtige lig beskou word. “Dit is ons plig as Suid-Afrikaanse burgers om ons deel te doen in die voorkoming en bekamping van die verspreiding van die virus. Laerskool Wierdapark het reeds die nodige stappe geneem en is in kontak met die betrokke owerhede. Die gesin betrokke volg ook die voorgeskrewe protokol,” lui die brief.

Die skool doen ook ’n beroep op ouers om hul kinders vir enige simptome dop te hou en die departement van gesondheid te kontak indien nodig. “Daar is tans geen rede vir paniek nie solank die nodige voorkomende maatreëls in plek is,” verseker die skool in sy brief.

Die skool het reeds verskeie maatreëls te midde van die Covid-19-uitbreking ingestel. Die skool is tans gesluit vir leerders. Alle toere, kampe en toernooie wat gedurende Maart sou plaasvind, is ook reeds uitgestel. Dit geld ook vir alle ander byeenkomste by die skool.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mel84 ·

Maar my vraag is – waar het die leerder dit gekry? Is sy ouers ook positief getoets? Daar is bitter min inligting weergegee hier.

Smurf ·

Waar kry so n klein kindjie dit . Stem saam MeL84 , Daar is nog mense naby aan hom/haar wat dit ook het.

Estelle ·

Kind se ma werk met buitelandse geld by die bank. Dis vermoedelik hoe die virus versprei het.

Johnny ·

MM:
“Graad O” staan vir Ontvangsjaar. Dis die Afrikaanse een. “Grade R” is vir Reception year – die Engelse een. Daar is nie iets soos Graad R nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.