Suid-Afrika het teen Sondagaand 559 858 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 6 670 nuwe gevalle is aangemeld, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gesê.
Meer as 34% van gevalle is in Gauteng.
Provinsie | Totale gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 82 401 | 14,7 |
Vrystaat | 28 370 | 5,1 |
Gauteng | 192 767 | 34,4 |
KwaZulu-Natal | 98 068 | 17,5 |
Limpopo | 10 546 | 1,9 |
Mpumalanga | 19 239 | 3,4 |
Noordwes | 21 837 | 3,9 |
Noord-Kaap | 6 621 | 1,2 |
Wes-Kaap | 99 959 | 17,9 |
Onbekend | 50 | 0 |
Totaal | 559 858 | 100 |
Altesaam 198 nuwe Covid-19-sterftes is bevestig: 80 in die Oos-Kaap, 32 in Gauteng, 63 in KwaZulu-Natal en 23 in die Wes-Kaap. Dit bring die totale sterftes op 10 408 te staan.
Tot dusver het 411 147 mense reeds van die virus herstel en die land se herstelkoers staan in hierdie stadium op 73%.
Meer as 30 000 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige bywerking gedoen.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
En dit is n pandemie hoe???!!?
Is SA se ekonomiese herstelkoers ook op 73%? Kort na inperking begin het, het ramaphosa hard gepraat oor hoe kwaai ongelykheid in SA is en dat wit mense se sterk rol in die ekonomie moet stop. So wit besighede wat weens inperking bankrot speel en wit werkers wat hulle werk verloor, is seker te verwagte en seker wat die ANC wil hê. MAAR, wat van swart besighede? Hulle eienaars en werkers se velkleur en BEE is dan klaar reg. Waarom word hulle dan ook “gestraf” as hulle nie skuldig is aan die “misdaad” van apartheid nie. Weet die ANC ook… Lees meer »
Weet die klomp komuniste wat is drie en sewentig persent. Hulle het in kuba geleer dit is hoekom dit gaan soos dit gaan dan gaan ons seker eers op honderd en vyftig persent vlak een toe.