Covid-19: Honderde in Gauteng het reeds herstel

(Foto: Timothy Bernard/ANA)

Die Gautengse departement van gesondheid sê die getal bevestigde Covid-19-gevalle in die provinsie het teen Saterdag op 1 281 gestaan.

Agt sterftes is aangemeld.

Kwara Kekana, woordvoerder van die departement, het gesê 846 mense het reeds van die virus herstel, wat die getal aktiewe gevalle op 427 te staan bring.

Altesaam 4 223 mense wat kontak met diegene gehad het wat positief vir Covid-19 getoets het, het reeds ʼn 14 dae lange moniteringstydperk agter die rug en geeneen van hulle het simptome van die virussiekte getoon nie.

DistrikPositiewe gevalle
Johannesburg764
Ekurhuleni276
Tshwane129
Sedibeng15
Wes-Rand42
Onbekend55
Totaal:1 281
Sterftes8
Pasiënte wat herstel het846

Gevalle wat as “onbekend” aangedui word, is persone wat in Gauteng positief getoets het, maar nog nie by een van die subdistrikte ingedeel is nie.

Maroela Media is bewus daarvan dat daar soms teenstrydighede is in die Covid-19-syfers wat in berigte aangehaal en in grafieke aangedui word. Die syfers word egter net so oorgedra uit inligting wat van die departement van gesondheid ontvang word. – Red.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Kliek hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.