Covid-19-hospitaalpasiënte só in verbinding met geliefdes

(Argieffoto: Go Nakamura/Getty Images/AFP)

Die hospitaalgroep Netcare het ’n plan beraam om die familie van Covid-19-pasiënte in verbinding met hul ernstig siek geliefdes in die hospitaal te bring, aangesien geen besoekers in dié stadium toegelaat word nie.

Die naasbestaandes van Covid-19-pasiënte kan nou ’n inbelsentrum skakel wat in verbinding tree met ’n verteenwoordiger by die Netcare-hospitaal waar die pasiënt behandel word. Die verteenwoordiger win dan om die beurt inligting in oor die pasiënt se toestand en bel die familie persoonlik met terugvoer.

“Dit maak dit vir families moontlik om in verbinding te wees met toegewyde personeel, hoofsaaklik maatskaplike werkers wat ons vir hierdie doel ingespan het, vir inligting oor die status van hul geliefdes wat met Covid-19 in enige van ons Netcare-hospitale landwyd opgeneem is.

“Dit stel ons steeds in staat om vertroulik met die pasiënt se inligting om te gaan,” sê Richard Friedland, uitvoerende hoof van Netcare.

Boodskappe aan en van die gesin en pasiënt kan ook oorgedra word indien direkte kommunikasie tussen die gesin en pasiënt nie moontlik is nie.

Volgens Friedland sal terugvoer binne enkele ure ná die eerste versoek en daagliks daarna deurgegee word.

Die Netcare Family Connect Line-nommer is 0800 111 266. Versoeke kan weeksdae vanaf 08:00 tot 18:00 en naweke van 08:00 tot 17:00 geplaas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Connie ·

Baie dankie vir die goeie gebaar om almal by te staan Vader seen julle.

Anoniem ·

Twee jaar gelede het ek ‘n familielid in die hospitaal gaan besoek. Volgens die personeel was daar nie so ‘n persoon opgeneem nie. Ek het die verpleegster se hand geneem en haar na die persoon se bed geneem. Kom ons kyk of die goeie gebaar gaan werk.

Regverdigheid ·

Dis n goeie ding want daai pasiente moet voel mense gee om, so aleen in hospital nie goed vir hulle .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.