Covid-19-hulp: DA win regsadvies in oor raskriteria  

John Steenhuisen. (Foto: Facebook)

Die DA het sy regsverteenwoordigers geraadpleeg oor die wettigheid en grondwetlikheid van die regering se poging om finansiële verligting tydens die Covid-19-pandemie op grond van ras te voorsien.

Dit nadat die departement van toerisme aangekondig het dat sy Covid-19-hulpfonds op grond van BBBEE-kodes aan sakeondernemings wat hulp nodig het beskikbaar sal wees.

Die departement van landbou, bosbou en visserye het ook ’n brief uitgereik wat slegs bruin, swart en Indiër-boere aanmoedig om vir bystand aansoek te doen.

John Steenhuisen, leier van die DA, het gesê dit is onredelik, en heel waarskynlik onwettig ook, dat noodsaaklike finansiële verligting vir duisende sakeondernemings en kommersiële entiteite op grond van ras voorsien word.

“Die DA sal nie toelaat dat die ANC hierdie krisis gebruik om ons nasie verder te verdeel nie. Ons sal alles in die stryd werp om te verseker dat alle Suid-Afrikaners, wit en swart, van noodbefondsing gebruik kan maak.

“Ons kan slegs die virus in die kiem smoor en ekonomies herstel as ons waarlik as ’n nasie verenig. Die departemente van toerisme en landbou se maatreëls saai verdeeldheid wanneer hulle juis ’n gees van samesyn moet bevorder.”

Steenhuisen het gesê toe die bepaling dat ras ’n beslissende faktor vir hulpverlening sou wees destyds deur ’n uitgelekte dokument op die lappe gekom het, het die regering dit vinnig ontken en gespartel om afstand van dié dokument te doen. Tydens die insameling vir die hulpfonds is Suid-Afrikaners verseker dat noodhulpverlening vir almal beskikbaar sou wees.

“Maar minder as twee weke later, en met die hulpfonds wat ’n paar miljard rand sterk staan, is dit duidelik dat die hulp nooit bedoel was vir almal in nood nie, en dat die regering altyd van voorneme was om ras en BBEE-kodes te gebruik om te bepaal wie in aanmerking sou kom vir hulpverlening. Dit maak ’n bespotting van die president se pleidooi dat Suid-Afrikaners in die stryd teen ’n gemeenskaplike vyand verenig.”

Werkgewers se velkleur bepaal nie die ware slagoffers van die krisis nie, het Steenhuisen gesê. “Meeste van die ondernemings en plase wat op grond van ras van regeringshulp uitgesluit word, neem hoofsaaklik swart werknemers in diens. Dit is híérdie mense wat hul werk en hul vermoë om na hul families om te sien, gaan verloor indien die regering se rasgebaseerde hulpverlening nie in sy spore gestuit word nie.”

Volgens die DA is hy die afgelope twee weke oorval met pleidooie vir hulp van sake-eienaars wat sê hulle word as gevolg van ras uitgesluit om aansoek te doen om hulp. “Sommige moes reeds hul deure sluit, en dit is vir baie ander ’n dreigende vooruitsig. Al hul werknemers, swart en wit, sal binnekort werkloos wees as hulle nie toegang tot finansiële hulp verkry nie.”

Die DA sal nie toelaat dat dit gebeur nie. Die party sal alle regsopsies in dié verband ondersoek, aldus Steenhuisen. “Ons doen ook ’n beroep op pres. Ramaphosa om in te gryp en die besluit dat ras ’n rol by hulpverlening moet speel, om te keer. Ons vra dat hy sy ministers opdrag gee om elke Suid-Afrikaner wat hulp nodig het, ongeag kleur, by te staan.”

Solidariteit het gister bekend gemaak dat hy op 28 April in die Pretoriase hooggeregshof sy saak sal aanvoer teen die departement van kleinsakeontwikkeling en die departement van toerisme oor swart ekonomiese bemagtiging (SEB) as voorvereiste vir die ontvang van noodfondse.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Pieter ·

Maak hierdie saak en ander wat op ras gebaseer is internasionaal bekend, voordurig. Apartheid is verklaar as ‘n misdaad teen die mensdom. Hierdie omgekeerde Apartheid is ditto. Hoe is dit regverdigbaar?

Eerlik ·

Klink vir my soos nog n manier om blankes te knak en vir “our people” totale monopoly oor die land te bied…….sal graag die Rupert fonds begunstigdes wou sien. As daar n vlak laer as “rommel status” is neig ons baie vinnig daarheen agv eensydigheid en baie roekelose besluite.

Raadslid ·

Siestog DA, julle is weer mostert na die maal.
VF Plus werk al aan die saak en julle win nou eers advies in

Michael 1 ·

Ek wed jou dit is n DA raadslid wie se oë oopgegaan het.

Anel ·

Maar hulle wil eet, die boere miet voorsien. Mense wat nig geld skenj vir regeringshulpfondse moet regtig hul koppe laat lees. Daar is genoeg blanke organisasies wat geld benodig en dit na die regte mense kanaliseer. Laat die regering in sy eie ellende kripeer. Die mense vir wie hulle geld wil gee sorg in elke geval net vir hulle self. En wie sê die geld gaan nie ook in iemand se sak verdwyn nie?

ES ·

As jy die fynskrif gaan lees van hierdie finasiele verligting dan word dit duidelik gestel dat die geld teen Desember terugbetaal moet word aan die organisasies wat die hulp verleen. Dis basies ‘n lening.

So afgesien daarvan of dit in iemand se sak gaan beland of nie, gaan daardie besigheid dit moet terugbetaal.

Ruben ·

Ons as wit en veral afrikaners moet saamwerk na die epidemie.Indien jy n voertuig koop of n polis brandstof ingooi kyk dat n afrikaanse konsultant jou help vind uit wie is die eienaar van die vulstasie of restuarant en maak seker jy ondersteun ons mense.Ons is op ons eie in die land en ons enigste kans vir oorlewing is deur saam te staan.Gee hulle en die regering so min as moontlik van jou geld.

Ou Baardbek ·

Geagte vrien Ruben, bitter min mense wat deel van “ons” behoort te wees, is regtig deel van ons. Kyk maar na die algemene kommentare; kyk hoeveel steun ons sentiment en oortuigings.
Dit beteken nie dat enige ander person ‘n bestaan ontsê word, of verkleineer word nie; bloot dat ons kan, en wil, en moet, na ons self begin omsien.

Michael 1 ·

As die DA dan nou so gegrief is met die rasistiese diskriminasie,hoekom veg hulle nie vir die skrapping van diskriminerende wette wat gebaseer word op velkleur nie??

Michael 1 ·

Julle president Ramaposa is ten volle bewus van die sitsuasie hy en sy regering pas hierdie diskriminasie toe mbv wetgewing ,hoe naïef om te sê hy moet intree.

Gerhard ·

Die “groot messias” Ramaphosa is n deurdrenkte aardts-kommunis wat n absolute veer voel vir enige Blanke in die land…proof me wrong.

Gerhard ·

Iewers sluip hier n liberaal rond op die blad wat af-duimpies uitdeel soos lekkergoed. Die waarheid is maar soos n sambok…hy tref hard en seer…nie waar nie “comrade” ?

ES ·

Die feit dat hul net finansiele hulp aan sekere rasse wil bied is ongrondwetlik want dit beteken dat almal nie gelyk is, soos wat die grondwet bepaal nie.

Toevallig, as jy die voorwaardes gaan lees van die Rupert en Oppenheimer skenkings, sal jy sien dat hierdie organisasies die geld leen aan die besighede, dit word nie net bloot vir hul gegee nie.

Hierdie fondse wat hul vir besighede leen, moet teen Desember terugbetaal word.

Rodger17 ·

Blankes word wakker!Die regering is besig om ons blankes by alles uit te sluit maar hulle vreet ons belastinggeld!Vir die plastiek Suid Afrikaners wat dink om in die regering se goeie boekies te kom,sterkte julle word misbruik!Begin by jul eie mense staan dan het ons nog n kans

Burgermeester ·

Ek is ongelukkig nie ‘n ekonoom nie, maar ek dink nie jy hoef een te wees om te sien dat BBB-EE nie werk nie. Wat my verstand te bowe gaan, veral in ‘n tydperk waar ons onself in rommelstatus bevind, is hoe kan die regering na 25 jaar nog steeds BBB-EE kodes toepas? Dit werk eenvoudig net nie, kyk maar na ons huidige ekonomiese tamaletjie. Ek het geen bewyse, maar ek vermoed dat slegs die gekonnekteerde kamarade munt uitslaan uit BB-EEE wetgewing. Om finansiele hulp aan slegs BBB-EE ondernemings te verleen is maar net nog ‘n manier vir die kamerade om hulself te verryk ten koste van die land se ekonomie. Ek is dalk sinies, maar ek vermoed dat my siening nie ver van die waarheid kan wees nie.

Erik ·

BEE is niks anders as omgekeerde apartheid nie. Ja, miskien was dit nodig na 1994 om die demografie reg te kry, maar ek voel as dit meer stelselmatig toegepas was het ons nie nou gesit waar ons sit nie. Miskien moes dit ook heeltemal anders benader geword het deur eerder persone op te lei as gekwalifiseerde persone af te dank.

Ek verstaan nie die regering se obsessie met ras nie? Ons is so min blankes in hierdie land dat hulle ons maar regtig kan uitlos en ons plekke in die son kan gun. Ek het baie tyd om te dink weens die inperking, en ek is baie lus om my nageslag te bevry van hierdie siek samelewing deur te emigreer. My positiwiteit is op ‘n laagtepunt.

TRP ·

Ek wonder maar net of die twee families wat die eerste geskenk het, geen seggenskap het oor waarheen hulle geld gaan nie?

Chris ·

Dis n skande dat n regering van n sogenaamde demokratiese land soveel ondemokrasie bestuur. Dis is baie duidelik uit die ministers van hierdie land dat hulle is eintlik maar net n klomp rassiste. Die meeste partye in die land kan nie bestaan as hulle nie ras gedrewe is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.