Covid-19-inentings in Springs ‘net soutwater’

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Unsplash)

Life Healthcare het bevestig dat 13 pasiënte by die Life Springs Parkland-hospitaal per ongeluk met ʼn soutoplossing ingespuit is in plaas van die Covid-19-entstof.

Volgens dr. Luke Kathan, hoof mediese beampte, het hulle dié fout spoedig ná die voorvalle opgetel. Hy het nie uitgebrei hoe die fout opgemerk of begaan is nie.

Die 13 individue wat met die soutoplossing ingespuit is, is terstond gekontak.

“Die pasiënte se gesondheid word nie deur die soutoplossing in gevaar gestel nie. Ons neem egter kennis van die voorval en vra om verskoning vir die ongerief,” sê Kathan.

Dit is in hierdie stadium nie duidelik hoe die soutoplossing in die spuitbuisies beland het nie.

Die Suid-Afrikaanse regering spook nog om sy doelwit te bereik om 70% van die volwasse bevolking teen Desember teen Covid-19 in te ent. Tot dusver is nog net 13 miljoen mense ten volle ingeënt. Die getal entstowwe wat weekliks toegedien word, het sedert 17 Oktober drasties afneem. Toe is 1,14 miljoen mense ingeënt, teenoor die 697 897 mense wat verlede week ingeënt is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Die Boerepompie ·

Ek kan dit nie glo nie .Ek sou so graag n vlig teen muur wou wees om te kan sie hoe de joos het hulle dit reg gekry n mens sou tog dink hulle trek die end stof voor jou op

Ilze ·

Ek het my inspuitings by Clicks gekry. Die spuite was reeds volgetrek.

Vlooitjie ·

Mense dink nie 2 keer oor spuite wat reeds opgetrek is nie. Ek weet nie hoe aanvaar almal in vandag se day en age nog gemoedsgoed dat jy kry waarvoor jy opteken nie. Wat soek ‘n soutoplossing in ‘n covid buis? En die rede hiervoor gaan net liggies weggepraat word.

Anoniem ·

Die spuitstof word teen – 70 gestoor en moet voorberei word, dit is hoekom dit reeds in ‘n spuit is

Bernard ·

In Frankryk word diere verban uit sirkusse. Wat van ons diere in die kabinet (wat so
mildelik skep uit die “Covid”-poel)?

marius ·

Per ongeluk ? Is dit uit ‘n slop emmer in die spuite opgetrek ?

SlinkseKoljander ·

Lekker, jy is registered as ingespuit en dit is al wat tel.

Carina ·

Ek stem, ek sal enige dag die soutwater vat solank ek dan ‘n bewys van inenting kan kry. Want daar’s nie ‘n manier wat ek ooit daardie gemors in my sal laat spuit nie

Misky ·

Hoe gebeur so iets? Verduidelik vir ons en hulle sê nou dit was net ‘n soutoplossing en onskadelik, maar net sowel kon iets anders en gevaarlik ook dan gebeur het. Wat dan en word hierdie spuite nie voor die mense onttrek en dan gespuit nie?

Retha ·

Nee mense vir ons gesê spuite lê klaar opgetrek en lê soos masjiengeweer patrone in rye en soos jy verby kom, pomp hul net die spuit in jou arm in

Vlooitjie ·

Rerig? En jy is heeltemal gemaklik hiermee? Dit neem nie ‘n conspiracy theorist om te besef die is iets verkeerd mee nie. Dis common sense.

Madeleine ·

Jaa ek lag nou lekker! Wens Ekt die saline gekry! Nie n MANIER hul spuit die regte Jab in my nie!

Andre ·

Ai, die wêreld is darrem vol eienaardighede. En redes vir alles.

Samuel ·

Hierdie is ‘n nonsens storie. Inspuitings word tog uit ‘n botteltjie voor jou in spuit opgetrek? Wie lieg vir wie?

Vlooitjie ·

Nope, van die spuite by Clicks word voor die tyd glo opgetrek het een leser genoem.

Toffie ·

By Momentum waar ek vir beide inspuitings gegaan het, was die spuite reeds voorberei, dis nie voor ons volgetrek nie.

Retha ·

Nee dit word nie voor jou uit botteltjie opgetrek nie. Vriende van ons wat vir jab gegaan het het dit bevestig

Tersia ·

Nou wonder mens met hoeveel ander mense dit nie ook mee gebeur het nie.

Helizna ·

Dis dalk hoekom so min adverse events gerapporteer word in SA teenoor die res van die westerse wêreld. Placebos.

Anoniem ·

Verwysing na die adverse events in die westerse wêreld asb

Yolanda ·

die vloeistof is reeds in die buis ingetrek dit word nie voor mense gedoen nie….

Vlooitjie ·

En enigiemand wat nie daarop aandring dat dit voor jou gedoen word nie moet 2 keer dink. Dis naief om net te aanvaar alles is on board.

Oros Soros ·

Daar gaan seker opgetree word teen die growwe nalatigheid? Professionele beheerliggaam (dokter of verpleegster) moet nou al besig wees met die voorgeskrewe tugstappe?

NEO ·

Aan al die gevacinates. As jy geen neweeffekte getoon het nie. Dink weer.

Tipper ·

Nou ja toe hulle nou by die 16 de persoon kom, hoe het die onbevoegde mense dan nou skielik agter gekom dit is n soutoplossing, ek kan verstaan as die vorige mense na n ruk omgekap het. En hulle het nogal die cheek om verskoning te vra.

VaalDonkie ·

Iemand het seker ‘n slukkie gevat en agtergekom dit smaak nie soos gif nie. (moenie my vra waarom hulle die goed drink nie. Maar op hierdie stadium sal ek enigiets glo)

Magda ·

Goeie genade . Dit is so nice site. Ons was daar vir ons inentings. Ek het gehoor hulle was Woensdag toe.

Marisa W ·

Strooi man, perongeluk se voet – die regte entstowwe is verkoop vir naweek geld

Elize ·

kom ons raai. die klomp wat verantwordelik was daarvoor werk nog steeds daar….

Jasper ·

Waar kan ek so inenting kry? Ek sal betaal vir dit. Solank dit geregistreer word.

Fritz ·

Al die (ons) oningeëntes gaan nuwe variante laat ontstaan. En dan word die ingeëntes weer op hol gejaag. Hulle senuwees is juis aan flarde oor hierdie dodelike virus. :):)

Sluier ·

Ek is Sluier De Ridder van plandemic en ek het n Jab skool wat mense teen die Genetiese Jab waarsku. Daar was bevind dat daar drie verskillende eksperimente in een besending van die Jab spuitstof botteltjies is. Paar van die botteljies bevat slegs Placebo ( Sout Water ) en die ander bevat weer ander bestanddele. Niemand weet met watter eksperiment jy ingespuit word nie. Slegs die Fabriek weet, want jou ID nommer word met die botteltjie se serial nommer gekoppel.

Andre ·

Dis seker hoekom hulle so baie Toasted Cheese ge-eet het met die verfilming.

Melanie ·

As ek vir n feit weet hul gaan my met n sout oplossing spuit, dan staan ek met plesier in die ry vir n jab.. anders bly ek weg.

Wills ·

So die mense wat ingespuit is en nie siek raak nie het almal ‘n soutoplossing gekry. Asking for a friend.

Anel ·

En nogsteeds verwag hulle ons moet gaan vir ‘n spuit? En hulle probeer jou omkoop met enigiets! Waar in jou lewe moet jy omgekoop word om iets onbekends in jou te laat spuit!! Wat ‘n klug en ‘n geldmaakstorie. Die wat so paranoïes is, is se senuwees is seker nou so in sy kanon in. Ek kan maar net lag….!

Yvonne ·

Neeeee hoe later hoe kwater….wat is daar nog oor wat onaangetas is

Kattebol ·

Nou wonder ek mos of al die afgehandelde “inentings” nie ook net sout water was nie?

Hettie ·

Wat ‘n klug! Hoe moet mens vertroue in enigiets en enigiemand in die mediese sektor hê.

Willem ·

Hoe is dit moontlik? Daar behoort ‘n behoorlike ondersoek na hierdie insident plaas te vind.

Vlooitjie ·

Net ‘n vraag. Kry die mense wat placebo ente kry ook bewys van inenting?

ENFM ·

Die voubiljet wat beskikbaar is op die FDA se webblad dui aan dat die inhoud van die botteltjie aangemaak word met soutwater en dat daar dan 6 dosisse uit so botteltjie kom.
Almal kry dis soutwater, die vraag is, of daar iets anders as soutwater by jou soutwater is.

Goeie wetenskaplike navorsing het altyd ook ‘n placebo groep. In ‘n dubbelblinde studie, gaan die persoon wat dit toedien en die een wat dit ontvang nie weet wie kry wat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.