Covid-19: Jongste statistiek bekendgemaak

(Foto: Brian Inganga/AP)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Woensdagaand die jongste Covid-19-statistiek vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Minstens 5 350 gevalle is tot dusver in die land bevestig, ʼn toename van 354 gevalle sedert Dinsdag. Dit is die hoogste toename in ʼn 24 uur-siklus en verteenwoordig ʼn 73% toename in vergelyking met die vorige dag.

Altesaam 197 127 toetse is tot dusver gedoen, waarvan 11 630 toetse die afgelope 24 uur gedoen is. Dit is ook die hoogste getal toetse wat in ʼn 24 uur-periode gedoen is en verteenwoordig ʼn toename van 66% sedert die vorige dag.

Nog 10 persone het gesterf en dit bring die algehele dodetal op 103 te staan. Die 10 sterftes is in Gauteng, die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap aangemeld.

Mkhize het gesê weens die hoë getal gevalle in die Wes-Kaap, sal bykomende ondersteuning na die provinsie ontplooi word. Bykomende personeel en 30 Kubaanse dokters sal in die provinsies ontplooi word.

Só lyk die provinsiale statistiek:
Oos-Kaap – 630
Vrystaat – 113
Gauteng – 1 408
KwaZulu-Natal – 956
Limpopo – 31
Mpumalanga – 31
Noordwes – 29
Noord-Kaap – 17
Wes-Kaap – 2 135

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Willem ·

Kan ons die aantal toetse sien wat die Wes Kaap gedoen het. Glo glad nie NW en Limpopo se syfers nie

Gerhard ·

Ek glo glad nie ENIGE syfers wat hierdie klomp narre bekendmaak nie…

Kobus ·

So die groot styging sal eers deurkom as die toetse van gister deur gewerk is.

lekkerdink ·

Gaan iemand iets doen aan die haglike toestande waarin die 60 SA,NERS in Limpopo ”aangehou ” word? Dit was op 144 gisteraand maar ek kry nerens weer fotos daarvan nie . Die plek is gedeeltelik afgebrand , vullis is sker jare laas verwyder , tiolette lyk soos varkhokke, die kos lyk my het wurms in , die personeel dra geen beskermingsklere nie . Een man het gese hy kry liewers die virus as om daar te bly . Ek sal graag wil weet aan wie behoort die stuk gemors en wie het toestemming gegee dat dit as kwarantyn gebruik word . Stuur Dlamini zuma soontoe dan doen sy darem iets reg.

Jakes ·

Die feit dat duisende toetse reeds getoets is beteken glad nie dat dit die toename in die infeksies gaan stuit nie. Indien n persoon reeds getoets is en virusvry is, kan hy enige tyd die infeksie opdoen. In ag genome hoe groot die infeksies in ander lande voorkom en die sterfte syfer astronomies hoog is, wag daar n groot stryd vir SA en sal ons dit nie vryspring nie.

Dana ·

Die syfers is skrikwekkend. En dan wil Angie Motshekga die skole oopmaak volgende week!!!!

Gerhard ·

Ek dink as ons die WERKLIKE syfers moet weet, sal almal van ons onsself in n ander bloedgroep in skrik…ek glo GEEN syfers wat hierdie spul bekendmaak nie…

Petrus Johannes ·

Ek heg geen waarde aan die toetse hul het gevra het jy keel seer en hoes jy dit is al

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.