Covid-19: Jongste statistiek bekendgemaak

(Foto: Brian Inganga/AP)

Die getal bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika het tot 7 808 gestyg met 236 nuwe gevalle wat in die afgelope 24 uur aangemeld is.

Volgens dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, is nog vyf Covid-19-sterftes aangeteken en staan die dodetal nou op 153. Daar is twee nuwe sterftes in die Wes-Kaap aangeteken, een in Limpopo en twee in KwaZulu-Natal.

Mkhize het bevestig 279 379 Covid-19-toetse is tot dusver gedoen, waarvan 140 240 deur die private sektor en 139 139 deur die openbare sektor gedoen is. Landwyd is 11 315 toetse die afgelope 24 uur uitgevoer.

Altesaam 3 153 mense het reeds van die virus herstel.

Die grootste styging van gevalle was in die Wes-Kaap. Die getal gevalle het van gister se 3 609 tot 3 760 toegeneem, met 73 sterftes wat reeds in die provinsie aangeteken is. In KwaZulu-Natal is 38 mense reeds dood en 18 in die Oos-Kaap. Gauteng het al 15 sterftes aangemeld, die Vrystaat ses en Limpopo drie. Noordwes, Mpumalanga en die Noord-Kaap het tot dusver geen sterftes aangeteken nie.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willem ·

Daar het n Prof op RSG gepraat tydens Spektrum.

Daar gaan meer mense dood in S A aan griep en TB as die virus so ons wordaan on s neuse rondgelei

ZeldA ·

Ek stem saam. Ek wonder of hul gaan begin aanteken hoeveel sterf van hongerte ook.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.