Covid-19: Jongste statistiek bekendgemaak

(Foto: IANS)

Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Saterdag die jongste Covid-19-statistiek vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 9 420 gevalle is tot dusver aangemeld, dit is 525 gevalle meer as die vorige dag. Minstens 324 079 toetse is reeds gedoen.

Minstens 3 983 persone het reeds herstel.

Die dodetal staan op 186 ná nog agt sterftes aangemeld is, waarvan sewe in die Wes-Kaap en een in KwaZulu-Natal.

“Een van die sterftes in die Wes-Kaap was ʼn verpleegster by Tygerberg-hospitaal in Kaapstad. Ons bring spesiaal hulde aan dié gesondheidswerker. Ons innige meegevoel met die families van die oorledenes en baie dankie aan elkeen van die versorgers wat na hulle omgesien het,” het Mkhize bygevoeg.

Provinsiale statistiek:


Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Oudste ·

Rubbish. Glo dit glad nie. Gewone sterftes hierby ingesluit.

Sharnelle ·

Stem saam. Gaan youtube Loving life, jy sal verbaas wees wat als daar uitkom.

Kobus ·

Ten eerste my meegevoel aan die geliefdes van die wat gesterf het en aan die wat siek is. Aan die wat steeds die volstruis taktiek of conspiracy theory aanhang, ek hoop nie julle moet eers iemand verloor voordat julle besef julle is deel van die pandemie wat al honderde duisend lewens wereldwyd gekos het nie. Niemand ontken dat mense steeds sterf aan/in ander omstandighede nie, wat van julle klaarblyklik nie wil glo nie, is dat die wat ernstige simptome toon as/nadat hul positief getoets word, in covid afdelings in die afdelings in hospitale opgeneem word. Die virus is bekend dat dit beide longe aantas en scans wys dat dit basies die longe “doodmaak”. Mense ontwikkel asemnood en ventalasie is soms die enigste uitkoms, alhoewel die % van die wat herstel nadat hulle op ventelators geplaas word laag s. Baie van die mense, soos die verpleegsters en dokters, wat nie noodwendig onderliggende siektes gehad het nie, is al dood nadat hul aangesteek het.

Alleen Wolf ·

Ek wil ook my meegevoel betuig met alle onlangse oorledenes se families en vriende, dit is hartseer om iemand na aan jou te verloor, ek wil egter verskil met jou, dit is nie volstruis taktiek om die huidige aksies van die regering te bevraagteken nie, ons moet aanvaar dat ongeag watter maatreëls ingestel of voorsorg getref word, die virus gaan sy loop neem, lande soos Italië. Spanje, Engeland ens. almal eerste wêreld lande het ook totale “Lockdown” ingestel en van hulle is nog steeds in totale “Lockdown” en al wat hulle bereik het daardeur was om hulle ekonomie te kelder, nes hier, die sterfte syfer is steeds hoog en gaan hoog bly totdat ‘n teenmiddel gevind word of tot ons “Trop immuniteit” ontwikkel.

Adeline ·

En die syfer is van dag tot dag in totale ook verkeerd oorgedra en bygetel – het dit agter gekom so daar word ook met die syfers gekonkel en ge-gorrel soos hulle wil!!

Willem ·

Snert onmoontlik maar nou ja ons sit met hulle . Hulle wil so graag die Wes Kaap bykom. Kan julle dink watse amok die virus gaan saai.sodra die waarheid uitkom in ander gebiede Deur syfer te manipuleer gaan hulle p die ou end vang .

Pietertjie ·

As daar 186 sterfgevalle is, en RSA se bevolking is 53 miljoen, dan is die mortaliteit tans 0,0035 per 1000 van die bevolking. Dit vergelyk goed met die wêreld-syfer van 0,035 per 1000, gemeet sedert die uitbreek van Covid-19 in Januarie 2019. Gewone griep se mortaliteit was laasjaar 1,1 sterftes per 1000.

Arnold ·

Snaakste is dat die “governor “van NY sê hulle het agter gekom dat 66% van hulle nuwe gevalle mense is wat op volle lockdown was so dit bewys maar weereens die Lockdown was onnodig en ons ekonomie was in sy m…R gemaak vir niks. Ek is jammer vir die wat gesterf het agv die virus en as dit my oorkom dan moet dit maar die nagevolge van die Lockdown Gaan veel meer lewens eis as die virus self en dan wil ek hoor wat die mense wat so bang gemaak is en die Lockdown ondersteun se monde hoor. Die aanvanklike rede vir die Lockdown was om die hospitale en gesondheid departement genoeg tyd te gee om reg te maak vir die sogenaamde derduisende wat hospitalisasie gaan nodig hê. Wel ses weke was genoeg so laat ons nou aangaan met ons lewe en probeer red wat te redder is.

Alleen Wolf ·

Arnold, jy is so reg behalwe dat die aanvanklike “Lockdown” se doel nooit net was om fasilitete betyds reg te kry nie maar HOOFSAAKLIK OM DIE ANC SE VERSKUILDE AGENDAS TE BEVORDER, daarom dat dit nog nie gelig is nie, hulle het nog nie ver genoeg gevorder om van ons ‘n kommunistiese bestel te probeer maak nie, nuus vir hulle, die AFRIKANER verloor nooit op die lang duur nie.

Margaret ·

Ek dink wat die kenners vir ons moet laat weet, is waar en hoe hierdie nuwe gevalle oorgedra word. As sosiale isolasie die oplossing is , waar kom die nuwe gevalle vandaan? En as dit so eenvoudig is as hande was en maskers dra , hoekom het ons soveel gesondheidswerkers wat aangesteek word en selfs doodgaan hiervan

Willem ·

Sien nou op Businesstech van die virus syfers word nie bekend gemaak deur die anc nie. Hulle is glo bang mense raak paniekerig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.