Covid-19: Jongste statistiek bekendgemaak

Johannesburg (13 April 2020) (Foto: AP Photo/Jerome Delay)

Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Donderdag gesê die getal gevalle van Covid-19 het met 318 toegeneem en 10 nuwe sterftes is aangemeld.

“Altesaam 143 570 toetse is gedoen en 318 nuwe Covid-19-gevalle is aangemeld. Die totale getal gevalle staan op 3 953,” het Mkhize verduidelik.

Tien nuwe sterftes is aangemeld en bring die dodetal op 75 te staan. Ses sterftes is in die Wes-Kaap aangemeld, twee in KwaZulu-Natal en een elk in Gauteng en die Oos-Kaap.

Altesaam 1 473 persone het reeds herstel.

“Ons sien ʼn geleidelike toename in die getal positiewe gevalle. Alhoewel dit kommerwekkend is, is ons ook dankbaar dat verskerpte siftingsprosesse en toetsing in gemeenskappe ons help om meer Covid-19-pasiënte te identifiseer. Dit beteken ons kan nodige maatreëls toepas soos isolasie, kwarantyn of hospitalisasie,” het Mkhize gesê.

Die epidemioloë analiseer ook steeds die statistiek om ʼn beter begrip te kry van die impak van die uitbreking in die land.

“Tot dusver is meer as 3,6 miljoen mense reeds deur die siftingsproses en 24 174 persone is verwys vir toetsing.”

Die Wes-Kaap se getalle het Gauteng se getalle verbygesteek en geen nuwe gevalle is in die Vrystaat, Limpopo of die Noord-Kaap aangemeld nie.

Só lyk die provinsiale statistiek:
Wes-Kaap – 1 279
Gauteng – 1 252
KwaZulu-Natal – 807
Oos-Kaap – 417
Vrystaat – 106
Limpopo – 27
Noordwes – 25
Mpumalanga – 23
Noord-Kaap – 16
Provinsie onbekend – 1

Sterftes per provinsie:
Wes-Kaap – 28
KwaZulu-Natal – 27
Gauteng – 8
Oos-Kaap – 6
Vrystaat – 5
Limpopo – 1
Mpumalanga – 0
Noordwes – 0
Noord-Kaap – 0

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Kliek hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

*Maroela Media is bewus daarvan dat daar soms teenstrydighede is in die Covid-19-syfers wat in berigte aangehaal en op grafieke aangedui word. Die syfers word egter net so oorgedra uit inligting wat van die departement van gesondheid ontvang word. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willem ·

Van die begin gese hul manipuleer syfers, skielikvoor ramaposa vanaand praat is die Wes Kaap voor , wonder hoekom. Gaan die prov nog 2 weke inperk om sy ekonomie te kelder

Die Wolf ·

Nee almal vlug na die weskaap om weg te kom van Gautengeleng. Bring sommer die virus saam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.