Covid-19: Jongste statistiek vir SA bekendgemaak

(Foto: Brian Inganga/AP)

Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Maandag die jongste statistiek vir Covid-19-gevalle in Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 4 793 gevalle is tot dusver aangemeld en 178 470 toetse is gedoen, waarvan 9 827 toetse die afgelope 24 uur gedoen is.

Die getal Covid-19-verwante sterftes staan op 90 nadat nog drie sterfgevalle aangemeld is. Die drie sterfgevalle is:
– ʼn 79-jarige man van die Wes-Kaap wat asemnood gehad het en van borspyn gekla het. Hy het diabetes, hoë bloeddruk, chroniese niersiekte en ʼn hartsiekte onder lede gehad.
– ʼn 58-jarige man van die Wes-Kaap. Hy was MIV-positief en oorgewig.
– ʼn 54-jarige man van KwaZulu-Natal wat diabetes onder lede gehad het.

Die provinsiale statistiek:
Gauteng – 1 353
Wes-Kaap – 1 737
KwaZulu-Natal – 902
Oos-Kaap – 588
Vrystaat – 111
Limpopo – 31
Noordwes – 28
Mpumalanga – 26
Noord-Kaap – 17

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hennie ·

Is dit moontlik om die totale daaglikse sterftesyfer van nie-Covid verwante siektes êrens in die hande te kry. Dit moet sekerlik ook aangeteken wees. Kan iemand my dalk help? LW sterftes in RSA

JJ ·

Tot onlangs was dit maklik om te antwoord. Die Johns Hopkins Instituut het ‘n interaktiewe diagram gehad wat totaal per siekte of oorsaak van dood ondersoek kon word. Dit is egter nou geskrop – vermoedelik omdat dit die belaglikheid van die PLANdemie illustreer. Watter soekterme jy ook al gebruik, dit lei terug na Corona. Lekker soek. En ja, die aantal sterftes aan natuurlike oorsake was veel meer…..

Willem ·

Is dit moontlik om meer inligting by te voeg by die Covid grafieke?
Bv, getal herstel, hoeveel ernstige gevalle?

Dankie.

Estelle ·

Kyk op worldometer coronavirus, dit gee die hele wereld se syfers asook die van SA.

JJ ·

en hoeveel gesterf het as gevolg van : hartaanval, beroerte, by geboorte, griep, verkoue, kanker skietwonde, tuberkulose, Vigs, selfmoord, hongersnood

Pieter ·

Kan julle asb ook toetse per provinsie bysit. Dit kan mens ‘n beter idee gee hoeveel gevalle daar per provinsie per toets is wat gedoen is. Indien Weksaap Bv 2 keer meer toetse as Gauteng doen gaan hy heel moontlik 2 keer meer “gevalle” hê.

Carel Johannes ·

Die huidig geskatte 2020 bevolkings getal vir Suid Afrika is 59 308 690 mense. As die getal konstan bly sonder enige verdere aanwas of sterftes en virus toetse word gedoen teen 10 000 per dag, wat sekerlik haalbaar is, dan sal dit 16,25 jaar neem om te voltooi. Hierdie is ‘n stukkie interessante waardelose inligting, maar wys tog die futiele en geldmors oefening om lukraak toetse te wil doen teen ‘n koste van R850,00 per toets. Los liewer die virus laat hy sy gang gaan soos in die ou tyd. Dit gaan vir die wereld meer voordele as nadele inhou soos wat dit tans die geval is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.