Covid-19: Kommer oor dié provinsies; miljoene entstofdosisse in voorraad

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid.

Die Wes-Kaap is nou die nuwe episentrum van die Covid-19-pandemie en kommer heers oor die styging in nuwe Covid-19-gevalle in die provinsie.

Dr. Joe Phaahla, nuwe minister van gesondheid, het Vrydagoggend gesê daar is ook kommer oor die skerp toename in gevalle in KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap.

Dr. Anban Pillay, adjunk-direkteur-generaal van die departement van gesondheid, het daarop gewys dat die aantal nuwe Covid-19-gevalle steeds afneem in Gauteng, maar dat daar ook stygings in die Oos-Kaap en die Vrystaat is.

In die Oos-Kaap is daar veral aansienlike stygings in die Nelson Mandelabaai-metro en die Sarah Baartman-distrik. In die Vrystaat dra alle distrikte by tot die toenemende aantal nuwe gevalle en heers kommer ook oor die aantal hospitaalopnames. In KwaZulu-Natal is dit in die eThekwini-metro en Zoeloeland waar nuwe gevalle veral toeneem en kommer bestaan oor die aantal protesaksies wat in die provinsie plaasvind en as superverspreidergeleenthede beskou kan word.

In die Noord-Kaap is daar ook ’n toename in nuwe gevalle in alle distrikte en is hospitaalopnames ook baie hoog. In dié provinsie blyk dit dat begrafnisse veral tot die aantal nuwe gevalle bydra. In die Wes-Kaap is daar ook ’n toename in alle distrikte, maar is dit veral in die Kaapstad-metro wat nuwe gevalle skerp styg. Hospitaalopname is baie hoog en daar is ook kommer oor die aantal sterftes.

SA se inentingsprogram

Johnson & Johnson-entstof (Foto: Justin Tallis/AFP)

Rakende die inentingsprogram het Phaahla gesê daar is tans meer as 10 miljoen entstofdosisse in die land. “Ons verwag om in Augustus 20 miljoen dosisse te ontvang. Die entstofaanbod het gestabiliseer, en ons verwag om vanjaar nog 21 miljoen dosisse, wat op bestelling is, te ontvang.”

Die ministeriële advieskomitee oor entstowwe en die nasionale komitee vir noodmedisyne (NEMLC) het die Sinovac- en AstraZeneca-entstof deeglik ondersoek as moontlike bykomende entstowwe vir die land. “Albei is doeltreffend teen die Delta-variant en is moontlik bykomende opsies in ons stryd teen Covid-19,” het Phaahla gesê.

Prof. Glenda Gray, president van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, het gesê daar is nou resultate wat wys dat die Johnson & Johnson-entstof beduidende beskerming teen die Delta-variant bied. Gray het die uitslag bekend gemaak van die Sisonke-studie waarin die J&J-entstof aan amper 500 000 gesondheidswerkers toegedien is.

Volgens Gray is die J&J-entstof tussen 91% tot 96,2% doeltreffend om beskerming teen dood weens Covid-19 te bied. Die entstof is ook tussen 65% tot 66% doeltreffend teen hospitalisasie weens Covid-19. Volgens Gray dui die Sisonke-data daarop dat die J&J-entstof veilig is om te gebruik en sal vir die volgende twee jaar voortgegaan word om die deelnemers aan die studie te monitor.

Data van die Sisonke-studie dui daarop dat die J&J-entstof op lang termyn doeltreffend is en daar word dus nie in die stadium ’n aanvullende inenting benodig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anoniem ·

Waar gaan al hierdie miljoene dosisse entstof heen, want die inenting syfers en beskikbare entstof syfers klop eenvoudig nie. Daar is aldus die berig, meer as 10 miljoen dosisse entstof in die land. Al is dit die dubbeldosis, kan daar dus ten minste 5 miljoen mense ingeënt word. Met die volgende 20 miljoen dosisse wat hierdie maand verwag word, kan ten minste 10 miljoen mense ingeënt word, selfs meer indien daar J&J entstof hieronder is. Daar is tot op hede nog nie 4 miljoen mense ten volle ingeënt nie en die program is al bykans 6 maande aan die gang. Dit dui net op 1 ding, naamlik ONVERMOë.

Misky ·

Jy maak seker ‘n fout Dr Joe, want covid bestaan nie in KZN nie. Hier gaan almal in duisende na optogte toe en dra nie maskers nie.

Elize ·

Moet nou nie die ogies rek oor die toenames nie. Almal hardloop in die strate rond en protesteer sonder maskers dat die spoeg so spat! Doen so voort. Daar sal op die ou einde baie min wees om te spuit!

Persheks Adri ·

Ek’t gewonder wanneer gaan KZN se syfers styg met al die looters en dan nog die petters wat so gaan betoog waar sosiale afstand en maskers duidelik sigbaar is pffft!

Baardman ·

Nog skaars n vol dag op kantoor en Phaala weet als wat in die departement aangaan. Dan is dit mos ‘n “goeie” minister , of hoe?

Carel Aaron ·

Ek lees en hoor net jab hier en jab daar met miljoene entstowwe.
Wat dan van ons wat nie “vals” entstof wil hê nie omdat ons reeds C gehad het en ons eie teenliggaampies het. Tel dit nie? Dit is mos beter as die afgejaagde jabs.

Waar id die TB en Vigs entstowwe dan? Daar sterf meer mense aan die 2 siektes.

Kry die geisoleerde virus van C en maak van die dooie virus ʼn jab dan sal ek die verpligte jab vat.

Virale koors is bo 39. Nie my of my vrou sin wad hoër as 38.3 nie. Dis dan ʼn bakterieële koors.
Waar is die entstof vir Ebola? Die WGO vrees dan ʼn wêreld uitbraak?
Dink ʼn slag mense, dink. Nie met emosies nie, maar goeie self beredeneerde verstandelike tedenasie. Soos Jesus se 2gesprek wat hy in die woestyn gehad het toe hy met sy eie gedagtes gerefekaeel het.

Samuel ·

Dit is nie net die regering se onvermoë om inentingprogram te bestuur nie, maar onwillige mense om te registreer en hulle afsprake na te kom wat alles beduiwel.

Dirk Mostert ·

Die entstowwe kamtig getoets. Op hoeveel proefkonyne en oor watter tyd?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.