Covid-19: Kommer oor SA’ners huisdokters minder besoek

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Dit blyk dat Suid-Afrikaners hul huisdokters minder te midde van die Covid-19-pandemie besoek. Mediese kenners is nou bekommerd dat die behandeling van ernstige mediese toestande agterweë bly weens Suid-Afrikaners se vrees om Covid-19 op te doen.

ʼn Onlangse peiling deur ʼn Suid-Afrikaanse farmaseutiese maatskappy het ʼn groot afname in die aantal doktersbesoeke sedert die begin van Covid-19 opgemerk, waaronder ʼn 90%-afname in afsprake wat kardiologie betref.

Altesaam 50 algemene praktisyns het in Mei aan die kardiovaskulêremedikasie-verskaffer Pharma Dynamics se peiling deelgeneem. Dié peiling het die huidige aantal doktersbesoeke met dié van vorige jare vergelyk.

Volgens Pharma Dynamics dui die resultate op ʼn “kommerwekkende neiging wat duisende lewens in gevaar kan stel”.

“Terwyl baie mense met geringe kwale moontlik wegbly vanweë die algehele landwye afsondering, toon die peiling dat selfs diegene met lewensbedreigende siektes nie meer gereelde ondersoeke ondergaan nie,” het dr. Anna-Marie Grebe, mediese konsultant by Pharma Dynamics, gesê.

Volgens Grebe het kardiologie-konsultasies met tot 90% afgeneem te midde van die Covid-19-pandemie.

Argieffoto (Foto: Parentingupstream, Pixabay)

Sy verduidelik hoewel die pandemie hoegenaamd nie ligtelik opgeneem moet word nie, moet daar nie uit die oog verloor word dat 1,1 miljard mense oor die wêreld aan hipertensie (hoë bloeddruk) ly nie, van wie 10 miljoen jaarliks aan hipertensieverwante toestande soos beroerte, hartversaking en nierversaking sterf.

“Covid-19-gevalle en -sterftes neem steeds toe en ons moedig pasiënte beslis aan om die regte veiligheidsprotokol rakende Covid-19 te volg, maar pasiënte moet egter nié die behandeling van hipertensie en die komplikasies daarvan verwaarloos nie,” het Grebe gepleit.

Volgens Grebe dui die vinnige afname in doktersbesoeke daarop dat baie mense eenvoudig te bang is om hul gereelde ondersoeke te laat doen uit vrees dat hulle Covid-19 in ʼn hospitaal of kliniek gaan opdoen.

Sommige huisdokters het in die peiling aangedui dat pasiënte dood is aan hartaanvalle weens hul keuse om tuis te bly eerder as om by ʼn dokter aan te klop. “Dokters vrees nou dat baie meer pasiënte dieselfde pad sal stap indien dié ontstellende neiging nie onder die loep geneem en opgevolg word nie,” het Grebe gesê.

Grebe doen ʼn beroep op pasiënte met chroniese siektes soos hartsiektes, hipertensie en diabetes om onmiddellik hulp te ontbied as hulle enigsins simptome ervaar – selfs al glo hulle nie dat dit verband hou met hul onderliggende toestande nie, het sy verduidelik.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Adriaan ·

Dokter toe gaan en die gevaar loop om met die kamma virus gediagnoseer te word? Nee wat, ek dokter eerder myself.

Jacobus ·

Die aanklagte teen die vernietigende maatreĕls raak al meer ernstig. Om julle waardevolle kurwe te beskerm vernietig hulle die gewone mense se gesondheid – alles om die korrupte WGO terwille te wees. Weereens Cyril ly jou “our people” daaronder – hoe slaap julle? My eie huisdokter het ‘n gemeenskapskiniek wat die gemeenskap vir jarre bedien het leeggeloop. Mense gaan haal nie hulle Hiv en Tb medikasie – Cyril hoe slaap julle. Julle gaan ‘n chaotiese wildernis erf – of is dit julle doel. Vra weer hoe slaap julle – o ek het vergeet dik ge-eet aan belasting geld. Sies

Pieter ·

Waarom skryf jy cyril met ‘n hoofletter? Dis meer respek as wat hy verdien.

Carina ·

Ek was saterdag by my huisdr om n nuwe voorskrif te kry. Daardie dr is vrek bang vir die virus. Hyt my dit gese ook

Renier johannes ·

Hulle se dit dan op tv as jy siek voel moet jy nie dokter toe gaan nie dis n plan van hulle

Kattebol ·

Watse siekte of simptome ek ook al nou op doen, ek weier om te gaan vir behandeling. As ek my oë uitveëis ek ook in een van daai straf-kwarantyn kampe! Nee wat, ek verkies om tuis dood te gaan.

Pieter ·

Toemaar, solank daar covid is, kan mens mos nie van enigiets anders doodgaan nie. Die masker beskerm jou ook teen werkloosheid, armoede, honger, koue, kanker, TB, vigs, motorongelukke, moord, aanranding, ens, ens.

Genis ·

Ek was in Australia, ek het 14 Maart terug gekom… was 14 dae in self kwarentein en was getoets.. In daai tyd het ek griep gehad… Die dokter wat my vir Covid getoets het, het my niks gegee… Nietemin het ek my dokter se spreek kamers 4 keer gebel, net sodat ek iets kn kry… Ek wag nou nog dat hulle terug bel… dis n skande… ek was toe sommer self na n apteek, na ek negatief uitslae gekry het… Wat hartseer is, daai Dr’s ken my jare, en ontvangs… so hulle sien my nooit weer nie…

Busy Body ·

Ek het presies dieselfde ervaring gehad. Het in eerste plek 2 dae gewag vir Kovid toets lab vorm(wat n vereiste was) voor die Lab bereid was om my te toets, met n koors van 40.3.. My huis Dr van jare het geweier om my te sien. Ek het onmiddellik my respek vir die Dr verloor. Sal beslis nie terukeer na daardie praktyk. Nee wat ek is terug op boererade, Die herstel is moontlik langer maar erens sal ek gesond raak.

Magriet ·

Jy was aangesê om net te reis om noodsaaklike items aan te koop en as jy ‘n lewensbedreigende siekte het. Jy kon dus nie jou dokter besoek nie, behalwe as jy baie ernstjg siek was. Hoe moet jy as leek weet dat jou borspyn ‘n hartaanval was?

christo ·

Ek probeer myself soos vêr moontlik gesond hou. Ek kan nie verstaan hoekom pasiënte eers moet wag in ‘n wagkamer ( soms ‘n uur as daar ‘n noodgeval is) wat seersekerlik met ander kieme ook besmet is, terwyl jy in jou motor kan wag en die ontvangsdame jou kan bel as dit jou beurt is nie. Hoe handhaaf die dokter se personeel die 1.5 m sosiale afstand reël in sy wagkamer?
Hoe weet jy dat jy nie dalk langs iemand gesit het wat Covid-19 positief is nie? As jy onder die risikogroep val, speel jy nie met jou lewe nie. Daar is mense wat Covid-19 ernstig opneem, terwyl jonger mense nié die erns van die saak wil besef nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.