Covid-19: Kubaanse dokters in SA uit kwarantyn

Mediese professionele persone van Kuba kom in Suid-Afrika aan (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die 217 mediese kundiges van Kuba wat einde verlede maand na Suid-Afrika gestuur is om die land te help in sy stryd teen die Covid-19-pandemie, het hul kwarantyntydperk by ʼn fasiliteit in Pretoria voltooi. Die professionele span mediese kundiges sal nou na verskillende dele in die land ontplooi word, waar hul hulp met Covid-19-pasiënte ingespan sal word.

Luidens ʼn verklaring deur die Kubaanse ambassade in Suid-Afrika is die spanlede vir ʼn tydperk in Kuba en daarna ook in Suid-Afrika in kwarantyn geplaas. Hulle is dus nou slaggereed om moue op te rol en hulp te verleen waar nodig, het die ambassade verseker.

Die ambassade het egter geen woord gerep oor mediaberigte dat 27 lede van dié groep intussen positief getoets het vir die nuwe koronavirus nie. Maroela Media het self die departement van gesondheid die afgelope week verskeie kere genader vir kommentaar rakende dié berigte, maar die departement het geen ag hierop geslaan nie.

Maroela Media het vroeër berig pres. Cyril Ramaphosa het pres. Díaz Canel Bermúdez van Kuba versoek om die span mediese kundiges na Suid-Afrika te stuur.

Mediese professionele persone van Kuba kom in Suid-Afrika aan (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

“Dit was vir ons ʼn morele plig om dadelik te reageer op die versoek om hulp om saam met ons Suid-Afrikaanse broers en susters hierdie vreeslike virus die hoof te bied. Net soos ons saam, Suid-Afrikaners en Kubane, teen die apartheidsregime geveg het, sal ons saam die pandemie aandurf en oorkom,” lui die verklaring.

Die groep van 217 kundiges bestaan uit die volgende:

– kenners in epidemiologie, biostatistiek en openbare gesondheid;

– algemene praktisyns om leiding te gee in deur-tot-deur-toetsing en om plaaslike gesondheidswerkers by te staan op gemeenskapsvlak;

– gesondheidsorgtegnologie-ingenieurs om bystand te lewer om die inventaris en ontplooiing by te werk en verouderde mediese toerusting te herstel; en

– kenners wat tegniese bystand kan lewer in samewerking met plaaslike kenners.

Dié kenners sal Suid-Afrika na bewering honderde miljoene rande kos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Fedup

Typical. I have no interest in what the excuses will be this time. This is just pathetic.

Nie Verbaas

Net nog n onnosel bankrot ANC besluit.

Boortor

Bly net asb weg van my af! Gaan loop ” werk” daar doer ver waar ek jou nie kan sien of hoor nie. Geniet julle vakansie in elkgeval!

Oomniklaassevriend

So die regering het ‘n groter persentasie besette mediese personeel in die land ingebring as wat die besmettingskoers onder die bevolking is. Het die gedagte hoegenaamd by iemand opgekom om die mense eers te toets voordat hulle die land mag binnekom?

Sarel

Intussen sit SA Mediese amptenare en wag op hulle uitslae en die Dept. Van Gesondheid is so stil soos skip on vreende hawe. Laat mens dink die uitlanders belangriker as jou eie mense.