Covid-19: KZN-bruidspaar, gaste in vangwa oor bruilof tydens afsondering

Die bruidspaar én die pastoor wat die seremonie waargeneem het, is onder die 50 mense wat by die troue aangekeer is. (Foto: Facebook)

ʼn Bruid, haar bruidegom en tientalle gaste is die afgelope naweek by ʼn troue naby Richardsbaai in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle die bepalings van die staat van algehele afsondering verontagsaam het.

Die Umhlathuze-munisipaliteit het in ʼn verklaring gesê die polisie het altesaam 50 mense by die troue in eNseleni in hegtenis geneem vir oortredings van die Wet op Nasionale Rampbestuur.

Die pastoor wat die seremonie waargeneem het, is onder diegene wat in hegtenis geneem is.

Die munisipaliteit het gesê die bruidspaar gaan hulle wittebrood nou onder streng borgtogvoorwaardes deurbring.

Die weermag en polisie het op die bruilof toegeslaan. (Foto: Facebook)

Almal wat die bruilof bygewoon het, is na die eMpangeni-polisiestasie geneem waar die sake teen hulle aangeteken is en reëlings getref is sodat hulle op borgtog vrygelaat kan word. Die sake teen hulle sal ná die afsonderingstydperk aangehoor word.

Die munisipaliteit het gesê nóg 17 mense is ook vir verskillende oortredings van die Rampbestuurswet en oortredings van die afsonderingbevel aangekeer.

Ses van hulle het alkohol verkoop, sewe was onwettige immigrante en nog vier het piekniek in ʼn park in die stad gehou. Wetstoepassers moes verskeie motorwasondernemings beveel om hul bedrywighede te staak en voetgangers is aangesê om terug te keer huis toe nadat hulle nie voldoende redes kon verskaf oor waarom hulle op straat is nie.

“Ons doen ʼn beroep op almal om die virus ernstig op te neem en saam met die regering te werk om dit te beveg voordat dit onder die hele nasie verwoesting saai. Die getal mense wat die virus opdoen styg skerp en ons begin nou in ons eie land sien hoe mense sterf,” het Mduduzi Mhlongo, die stad se burgemeester, gesê.

Mhlongo het gesê mense hou in die algemeen by die bepalings van die afsonderingstydperk. Die groot uitdaging was tussen Maandag en Vrydag, toe duisende begunstigdes van maatskaplike toelae dorpe en winkelsentrums binnegevaar het.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

lollapot ·

Ek persoonlik neem die virus situasie baie ernstig op! Maar sou dit nie wonderlik wees as ons polisie SO kon konsentreer op die inhegtenisname van ‘regte misdadigers’ ook nie?

Michael 1 ·

Baie bemoedigend om te sien dat van die polisie die situasie ernstig opneem en die inperking reels toepas,ek kan duidelik in my buurt sien soos die tyd aangaan beweeg die mense vir welke rede ookal meer en meer rond.

Erick ·

Ek sien hierdie arrestasies werklik as belaglik. Daar was slegs 50 gaste soos die wet bepaal. Daar was slegs die bruidspaar en prediker ekstra. Wat van die duisende mense wat die wet oortree in die townships? Is hulle bo die wet verhewe? Hier was nou net ‘n persoon by my woning wat vir kos bedel. Hy dwaal in die strate rond sonder dat hy gekonvonteer word. Ek was die afgelope week slegs een keer uit om kruideniers te koop met masker en handskoene, die toet. Ek het honderde mense in ons klein dorpie gesien wat die wet oortree. Daar is wel baie polisie en verkeersbeamptes in die dorp wat NIKS doen teen dit nie. Al wat Godfather Cele doen is om’n klomp niksegende nonsens op media te se.

Gawie ·

Erick, die wet maak slegs voorsiening vir begrafnisse, nie troues nie. Plaas jy die polisie die erkenning gee vir die werk wat hulle wel doen. Ek besef die reëls word oral nog oortree, maar ten minste doen die polisie iets daaromtrent, en hopelik stuur dit ‘n boodskap aan die res.

Gawie ·

Mag hierdie ‘n boodskap uitstuur vr die res wat dink die inperkingsregulasies is ‘n grap.

Jaco ·

ek sien die oortreders is “our people”. vreemd dat hulle gevang is. vang our people dan nou our people?

Marina ·

Ai, dit is so jammer dat daar mense is wat hierdie virus nie ernstig opneem nie. Ek glo nie hulle besef wat se impak dit op hulle, en ander se lewens, kan he nie.

PieterP ·

Hoekom word net party mense gearresteer? Saam met die priesyer was dit 50 mense as ek reg verstaan. Dit mag mos. Hoekom nie voor die voet almal arresteer nie. Hoekom kry party net waarskuwings? Reels is reels so daar is nie klein sondetjie en groot sonde nie. As jy wederregtelik optree moet jy jou pak vat soos ‘n man.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.