Covid-19: Maskers vir ‘siekes, gesondheidswerkers’

Die WGO waarsku dat daar geen bewyse is dat die dra van ‘n masker jou teen Covid-19 kan beskerm nie. (Foto: Leon Lestrade/ANA)

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het weer eens gewaarsku teen die dra van maskers deur diegene wat geen simptome van die nuwe koronavirus toon nie. Die organisasie het benadruk dat maskers nié beskerming teen Covid-19 bied nie.

Daar was die afgelope ruk verskeie voorvalle waar mense daarop aangedring het dat veral diegene wat hulle by byvoorbeeld kleinhandelaars of vulstasies bedien, maskers moet dra.

Die WGO het ook gewaarsku dat die verkeerde gebruik van maskers boonop ʼn bron van infeksie kan wees en het diegene wat gesond is, afgeraai om dit doen. Die gebruik van maskers word wél in spesifieke gevalle aanbeveel.

“As jy hoes, koors het of sukkel om asem te haal, moet jy ʼn masker dra en mediese hulp kry. As jy nie enige van dié simptome het nie, hoef jy nie ʼn masker te dra nie want daar is geen bewyse dat dit beskerming bied vir mense wat nie siek is nie,” het Christine Francis, die WGO se raadgewer oor infeksievoorkoming en -beheer gesê.

Daar is wêreldwyd ‘n tekort aan beskermende mediese toerusting weens die uitbreking van Covid-19. (Foto: Timothy Bernard/ANA)

“As jy gesond is maar ʼn persoon versorg wat moontlik die nuwe koronavirus opgedoen het, moet jy ʼn masker dra wanneer julle in dieselfde vertrek is.

“As jy besluit om ʼn masker te dra, gebruik dit, raak behoorlik daarvan ontslae en reinig jou hande met ʼn alkoholreiniger of seep en water.”

Die WGO het gesê maskers is slegs doeltreffend wanneer dit in kombinasie met gereelde handwas gepaard gaan.

“Voordat jy ʼn masker opsit, reinig jou hande met ʼn handontsmettingsmiddel of seep en water. Bedek die mond en neus met die masker en maak seker daar is geen gapings tussen jou gesig en die masker nie. Vermy enige aanraking met die masker terwyl jy dit gebruik. Indien jy dit wel aanraak, was jou hande met ʼn handontsmettingsmiddel of seep en water.

“Vervang die masker met ʼn nuwe een sodra dit klam raak en moenie maskers wat vir ʼn enkele gebruik bedoel is ʼn tweede keer gebruik nie.”

Wanneer ʼn masker klaar gebruik is, moet dit in ʼn asblik met ʼn deksel weggegooi word en jou hande moet weer gewas word.

(Foto: Vincent Thian/AP)

Hospitaalwerkers in Washington in die VSA het intussen beskermende mediese toerusting uit kantoorvoorraad en ander alledaagse items begin prakseer. Daar is ʼn yslike tekort aan dié soort toerusting wat benodig word om om te sien na pasiënte wat moontlik Covid-19 opgedoen het.

Die probleem is nie tot Washington beperk nie en hospitale en dokters wêreldwyd spook om duisende pasiënte wat die virus moontlik opgedoen het, te behandel.

Die WGO het ʼn beroep op nywerhede en regerings gedoen om die vervaardiging van chirurgiese maskers en beskermende toerusting met 40% te verhoog om aan die wêreldwye aanvraag te voldoen.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Michael 1

Die beste raad in nog steeds bly by jou huis in totale afsondering.

Martie Smartie

Die WGO spekuleer ook maar. Daar i sook geen bewyse dat die dra v maskers nadelig is nie. Die voordeel vd dra v n masker is dat dit mens keer om aan jou mond of neus te raak. Ek stel voor dra materiaal masker en was dit gereeld in n ontsmettingsmiddel. Eenmalige mediese maskers is in elk geval onbekombaar. Dis logies dat as jy n winkel of apteek besoek die kanse verhoog word dat daar virusse in die geslote ruimte uitgeasem word as mense nie maskers dra nie. Die WGO sê self die inkubasietydperk is 7 tot 14 dae waartydens… Lees meer »

Elize

Nou vra ek met trane in my oë, hoe de swernoot tel jy dan die virus op as dit nie deur jou mond en neus is nie.
Hoe kan daar beweer word die maskers help nie?
Waaraan ek n kleintjie dood het is dat ALMAL nou met handskoene rondloop.
WGO sê dan juis die goed floreer op plastiek en rubber.
Wat presies word voorkom met die dra van handskoene?

Loeloe

Ek verstaan die virus is airborne en kan tot 30 minuite in die lug hang, so as ek winkels toe moet gaan(ek probeer om dit nie hoef te doen nie) maar gestel ek moet. Nou loop ek sonder n masker daar in, en n besmette persoon ( hetsy n draer of siek en self onbewus daarvan) was 15 min voor my daar en ek loop sonder n masker of gesigbedekking deur daai wolk van onsigbare covid 19 virusse, en ek asem dit in, want ek het niks oor my gesig om myself te beskerm nie! Nee, ek sal myself beskerm… Lees meer »

Pampoen

Hulle sê maar so, want daar is ‘n tekort aan maskers.