Covid-19: Meer as 1 000 aktiewe gevalle in tronke

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Altesaam 4 717 bevestigde gevalle van Covid-19 is al oor die hele land se 243 korrektiewe sentrums aangemeld hoewel die meeste pasiënte, wat uit korrektiewe beamptes en gevangenes bestaan, reeds herstel het.

Logan Maistry, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het in ’n verklaring gesê daar is tans 1 303 aktiewe Covid-19-gevalle in die land se tronke. Dít sluit in 1 188 korrektiewe beamptes en 115 gevangenes.

Dít volg nadat 1 823 korrektiewe beamptes en 1 530 gevangenes reeds herstel het van Covid-19. Die departement se herstelsyfer staan dus tans op 3 353 met ʼn herstelkoers van 71,08%.

Altesaam 40 korrektiewe beamptes en 21 gevangenes het egter reeds weens die koronavirus gesterf, het Maistry bevestig.

Dit bring die departement se dodetal op 61 te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Leonard

Wel, as wetenskaplikes voorspel dat ALMAL hierdie virus gáán kry. Wie is EK om dít NIE te glo. ?? (Soos verkoue & griep)