Covid-19: Meer as 10 000 gevalle in SA bevestig

Argieffoto (Foto: fernando zhiminaicela/Pixabay)

Dr Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Sondagaand die jongste Covid-19-statistiek vir Suid-Afrika bekend gemaak.

Altesaam 341 336 toetse is tot dusver gedoen en 10 015 gevalle is aangemeld. Altesaam 17 257 toetse is die afgelope 24 uur gedoen.

Minstens 4 173 persone het reeds herstel.

Nog agt sterftes is aangemeld: drie in die Wes-Kaap, een in die Oos-Kaap en vier in Gauteng. Dit bring die dodetal op 194 te staan.

“Ons neem met kommer kennis dat die Wes-Kaap en Oos-Kaap tans 84% van alle nuwe gevalle verteenwoordig,” het hy bygevoeg.

Provinsiale statistiek:

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lorna ·

Ag Vader toggle hkm broei dit so erg daar
Hou mense nie by reels nie of wat

PieterP ·

Oos Kaap hou nie by die reels nie en Wes Kaap toets en rapporteer korrek maar in die nedersettings tel die reels ook niks

Ronel ·

Laat ek raai……………….almal rook mos ne? Aangesien almal altyd rook voor gooi en rook wegvat! Hulle hak by elke dag 8 vas……………..en hoe moet ons weet hulle lieg nie!

Snowball ·

Toets net die Wes Kaap? Hier in Gauteng is karwagte soos altyd die wêreld vol. Taxi’s ry volgepak rond, straatverkopers sit op die sypaadjies, maar die virus neem net sy loop in die Wes Kaap ??? Êrens is daar die spreekwoordelike iets in die drinkwater.

ElizeK ·

Lorna, dit broei nie meer hier as in ander provinsies nie. Berig in koerant beweer dat ons FANTASTIESE BEKWAME regering weerhou statistieke en inligting omdat hulle nie PANIEK wil saai nie.
Regtig, maak die statistieke enigsins sin!!!
So waar jy ookal woon “take care girl” julle syfers word net nie bekend gemaak nie.

Oe la la ·

Jy slaan die spyker op sy kop…. dit is onmoontlik dat ons in Gauteng so min gevalle het!
Dit maak nie sin nie

Jan ·

Help my reg . Daar is 17000 toetse in 24 uur gedien . 1 toets neem 45 min. So jy doen 32 toetse in 24 uur. So dan is daar net 501 toets toestelle in Suid afrika. . Wow dit is sad .

Scalla ·

Jan, dit is nie al nie, van die wat getoets is het slegs 2,9% positief getoets en 194 is dood teenoor die 10015 bevestigde gevalle, dit is 1,9%, op n paasnaweek is daar meer sterftes op paaie en die ekonomie gaan normaal voort, iewers is daar iets wat nie sin maak nie.

Jaco ·

Syfers gekook om DA-beheerde Wes-Kaap erger te laat lyk. Dis toevallig ook die provinsie waar meeste wit mense en kleurlinge bly. Môre oormôre kom vlak 5 of erger terug Wes-Kaap toe. Lockdown weens coronavirus is net ‘n baie gerieflike manier om minderheidsgroepe in SA te onderdruk

Marina ·

Ja en wie gee nou om oor die land wat in elk geval in rommelstatus is. Solank die “mense” net voordeel trek uit die situasie gee hulle nie ‘n duit om oor die res van die land se mense nie.

Simon ·

Behalwe dat die statistiek moontlik skeef is, is dit duidelik dat die provinsies met die grootste ekonomiese aktiwiteit, tot dusver die meeste geraak word. Iewers is iets aan die broei. Mag verkeerd wees, maar dalk het China wat nou meer en meer deur die Westerse Moonthede ekonomies dood gebloei word, iets daarmee te doen. SA met sy ryk minirale rykdom word al meer en meer aanloklik vir die kommuniste in hierdie Corona-oorlewings stryd. Onse liewe en kundige ANC Regering speel lekker in die kommunis se hand. Voor die land sy oe uitvee, is ons ekonomie heeltemal tot niet en kan China net instap. Hulle is mos met soveel van hulle alreeds hier, goed ingegrawe in SA. Kom ons kyk of dit so gaan wees 6 maande van vandag af.

koos10 ·

Ek het al die vraag gevra, maar ek moet dit weer doen.
Is die bevestige gevalle 1 mens of 1 toets?
Sien elke positiewe toets MOET opgevolg word en nog toetse gedoen word, totdat die persoon negatief toets. Dit kan beteken dat DIESELFDE persoon meer as een keer positief toets.

Emily ·

Hoekom word ouderdomme ens nie deur gegee nie. Jammer maar julle syfers maak nie sin nie.
En ons wat werk verloor suffer onder die leuens.
SA het dan gese Wow ons is gereed vir die virus. Nog n spul leuens.

Jaco ·

ras word ook nie gegee nie. nogal vreemd vir ons rasbewuste regering wat nie van wit mense hou nie

Henry ·

Ek dink die Wes kaap se getalle word gelaai deur deur die ANC, Dis net omdat dit onder DA beheer is. Ons weet mos al wie is die groot skelms. Gauteng met net onder die 2000, jammer, maar iemand kan nie tel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.