Covid-19: Meer as 270 in SA het virus

Zweli Mkhize
(Foto: Nqobile Mbonambi/African News Agency)

Suid-Afrika het vandag 274 bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus (Covid-19).

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het gesê dit beteken daar is 34 bykomende gevalle sedert gister se aankondiging van die bevestigde gevalle.

Daar is intussen nog ʼn geval in die Oos-Kaap aangemeld, nog twee gevalle in die Vrystaat, nog sewe in Gauteng, nege in KwaZulu-Natal, een in Mpumalanga, en nog 14 gevalle is in die Wes-Kaap aangemeld.

Die Oos-Kaap het gister sy eerste geval aangemeld. ʼn 28-jarige vrou het positief vir Covid-19 getoets nadat sy onlangs na Duitsland gereis het.

Vrydag het die getal bevestigde gevalle op 202 gestaan.

ProvinsieTotale: bevestigde gevalle
Oos-Kaap2
Vrystaat9
Gauteng132
KwaZulu-Natal36
Limpopo1
Mpumalanga6
Wes-Kaap88
Groottotaal:274

 

OuderdomsgroepGetal gevalle
1 tot 10 jaar9
11 – 20 jaar6
21 – 30 jaar52
31 – 40 jaar69
41 – 50 jaar42
51 – 60 jaar63
61 – 70 jaar20
71 – 80 jaar11
81 – 90 jaar1
Ouderdom onbekend1
Groottotaal:274

 

GeslagGetal gevalle
Vroulik104
Manlik170
Groottotaal:274

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Amatambo

Wat my laat wonder wanneer ek van die “duisende” in Sjina en elders wat reeds siek is, lees en hoor? Wie bepaal of daardie getalle korrek is en hoeveel reeds dood is? Ek twyfel nie dat daar werklik ‘n krisis is nie, maar wie in watter land ookal – gaan tel elke persoon wat hierdeur geaffekteer word? Ons getalle is nog redelik laag, maar indien die siekte deur die townships en taxi-bedryf begin sirkuleer? Ek sidder om daaraan te dink – enne – as Malema besluit om sy volgelinge toe te spreek of tot een of ander sotterny aan te… Lees meer »

Michael

Ek glo dit is veel hoër, die anc het die stryd reeds verloor nou gryp hulle na strooihalms om mense wat nie slim is nie te paai.

J

Die bg. Corona getalle skep (doelbewus?) ‘n verkeerde (vals) indruk van die werklike situasie. … want die AANTAL TOETSE wat gedoen is, word nie verskaf nie.

D.w.s. die getal 270 bó is hoegenaamd NIE ‘n aanduiding van die aantal mense wat ge-infekteer is nie!

Die oordrewe verskaffing van Corona getalle (foutief/vals) deur die ANC regering maak my agterdogtig.