Covid-19: Meer as 3 000 nou positief

Dr. Zweli Mkhize (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Altesaam 3 034 bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus wat Covid-19 veroorsaak, is nou in Suid-Afrika aangemeld. Die getal gevalle het oor die afgelope 24 uur met 251 toegeneem – die skerpste styging nog sedert die algehele landwye afsondering ingestel is. Die meeste toetse is ook die afgelope 24 uur uitgevoer, naamlik 7 194. Dit wil dus voorkom of die styging in die aantal mense wat positief toets, verband hou met die styging in die aantal nuwe toetse wat uitgevoer word.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand gedurende ’n aanlyn mediakonferensie gesê hy verwag ook dat die aantal gevalle sal toeneem namate die aantal toetse toeneem.

Nog twee sterftes is intussen aangemeld, en wel in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal.

Dit bring die land se dodetal op 52 te staan. Volgens Maroela Media se berekeninge het 1,71% mense wat Covid-19 opgedoen het, daaraan gesterf. Altesaam 903 pasiënte het tot op hede herstel. Dit dui op 30% van alle Covid-19-pasiënte.

Volgens Mkhize is daar tans 241 Covid-19-pasiënte in ’n hospitaal opgeneem van wie 162 in private hospitale en 79 in staatshospitale behandel word.

Altesaam 36 pasiënte word in die waakeenheid van die onderskeie hospitale behandel. Altesaam 23 pasiënte is tans aan ’n ventilator gekoppel.

Volgens Mkhize is 108 021 mense in Suid-Afrika tot dusver vir Covid-19 getoets. Die minister het gesê hy is tevrede met die vordering wat gemaak word wat die aantal toetse betref, hoewel daar steeds ’n leemte in die land se toetsvermoë is. “Ons is nog nie naastenby waar ons moet wees nie.”

(Foto: Brian Inganga/AP)

Mkhize het wel verduidelik dat die getal pasiënte wat reeds vir die virus getoets is, minder is as die getal toetse wat gedoen is, aangesien sekere mense meer as een keer getoets moet word om eindelik positief te toets. Pasiënte wat herstel, word ook later weer getoets om te kyk of hulle negatief toets.

Mkhize het ook verduidelik dat al meer toetse deesdae in die openbare sektor uitgevoer word, nadat die meerderheid toetse aanvanklik deur die private sektor uitgevoer is.

Volgens die minister het die openbare sektor aanvanklik sowat 1 000 toetse per dag uitgevoer.

Byna 900 000 mense landwyd is reeds nagegaan vir Covid-19, van wie 11 000 mense verwys is om vir Covid-19 getoets te word. Ander het hulself uit vrye wil laat toets.

Met 1 101 mense wat al in Gauteng positief getoets het vir Covid, het dié provinsie steeds die meeste gevalle.

Die Wes-Kaap het 836 gevalle en KwaZulu-Natal 604. Die Noord-Kaap het net 16 gevalle, die minste van al die gevalle.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anoniem ·

Mense luister net eenvoudig nie. Ek het familie wat nie gehoor gee aan die regulasies nie. Wanneer gaan hulle besef hierdie is nie n grap nie. Mense asseblief as jy jou familie en vriende lief het gee asseblief gehoor. Jy wil tog nie aandadidig wees by n graf van n geliefde nie. Mense julle moet ook onthou dat hoe meer minse die virus kry hoe langer word die inperking en hoe groter word die moontlikheid dat ek en jy ons werk kan verloor dan sit ek en jy op straat. Die mense wat nie gehoor gee nie moet nie net n boete kry nie, hulle moet aangekla word vir ekonomiese sabotasie want dit is presies wat hulle nou doen. Bly in jou huis en as jy kan werk ry werk toe en kom huis toe. Asseblief gee gehoor. EK HET MY FAMILIE EN VRIENDE LIEF. WAT VAN JOU?

Willem ·

Die gevalle sal vermeerder omdat meer getoets word,maar ek is bevrees die gevalle kan kunsmatig verhoog word om die inperking te verleng.

Erik ·

Willem, verduidelik vir my wie sal graag die getalle wil kook om die inperking te verleng en hoekom?

Die Wolf ·

Willem en dink jy slaan die bal heeltemal mis. Jou stelling sal katastrofies vir ons wees

Adam Adriaan ·

Is dit moontlik om die statistiek bekend te maak van die aantal moorde en menste wat aan TB in die oorstemmende tydperk dood is

Erik ·

Al daardie statistieke is wel beskikbaar. Daar is bv. onlangs berig dat meer mense aan Covid-19 gesterf het die jaar as aan gewone griep.

Rodger17 ·

Kundigheid ontbreek hier in SA!Verkeerde besluite belemmer die afname in gevalle.Die afsondering het duidelik nie gewerk as ek die statistiek so kyk nie,bygesê as dit geloofwaardig is.As die statiste soos zuma kan tel is dit gedoem.Al wat die regering doen met inperking,is speel vir tyd om aandag af te lei van korrupsie en misdaad in die regering!As inperking weer verleng word voorsien ek n groot ontploffing van burgerlike onluste.Cyril moet wakker word die land stuur af op anargie en wetteloosheid gaan seëvier terwyl polisie en weermag drank en sigarette bymekaarmaak!

Anel ·

Mens kan hulle nie glo nie. Hulle het nou houvas op ons en maak met ons nes hulle wil. Wat hulle nie besef nie is dat anargie oppad is. Die getalle wat hulle verskaf regverdig nie toestand van die land nie.

Abel ·

Ek weet nie eintlik wat om te sè
namate die pandemie hier plaaslik ontvou nie.
Daar is roepstemme vir die opheffing van die inperking om die ekonomie aan die gang te kry, want mense is honger en is sonder
geld.
As hierdie infeksies en sterftes so lyk mèt inperking, wil ek nie weet hoe gaan dit lyk sonder inperking nie. (By gesê dat die inperking nie 100 % effektief is nie, want almal steur hul nie veel daaraan nie.)
Sou die inperking opgehef word, en ek wil dit nie sê nie, maar dan gaan alles maar in elk geval in duie stort, dit gaan net gouer gaan.
Ons kan dit beredeneer soos ons wil, maar daar is eintlik nie ‘n reg of verkeerde oplossing vir hierdie dilemma nie.
Ons is in ‘n “skaakmat” situasie !!!
COVID19 is hier om te vernietig en chaos te saai…..jammer.

Riekie ·

Wat is die NUWE koronavirus? Ek dog daar is net een, en hy is nie nuut nie, kom nou al ‘n paar maande…??????????

Piet ·

Julle dood % van 1.71 klop nie.. Dis nader aan 6%.
Julle gebruik die 3000 mense wat besmet is en in die geval moet julle die 903 getal gebruik want dit is die getal wat n resultaat het..

marius ·

Kan die uwe dok tor asseblief verduidelik of die virus bloot eenvoudig gaan verdwyn , of het hy geen idee nie ?

Erik ·

Hy het dit baie mooi in detail verduidelik. Daar is ook ‘n slideshow versprei wat dit verduidelik.

Johanncb ·

Ek is bevrees ons gaan ‘n “ontploffing” van Covid-19 gevalle hê na die Algehele Inperking!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.